BAIE BELANGRIK! LEES ASSEBLIEF VOOR U BESTEL!
Ons gebruik PEP Stores se PAXI diens om al ons bestellings te versend. Dis die goedkoopste diens wat ons kon vind. Pakkies gaan by u naaste PEP Stores afgehaal moet word sodra dit greed is om afgehaal te word.
U sal ‘n SMS op u selfoon kry wanneer ons u bestelling pos. U sal dan ook SMS’e kry soos die pakkie deur die stelsel gaan en ook as die pakkie gereed is om afgehaal te word.
Die posgeld vir die stuur van u pakkie gaan R60 kos, plus ‘n addisionele R10 vir die verpakking. Hierdie is kostes wat ons ongelukkig nie kan absorbeer nie.
Betalings kan gemaak word na die volgende bankrekening:
- Bank: Capitec Bank
- Rekening Nommer: 1752436448
- Tak Kode: 470010
- Rekening Tipe: Spaar
Maak asseblief seker dat u naam en van aan die betaling gekoppel is sodat ons kan sien wanneer u vir die bestelling betaal het.
Die totale koste gaan wees die prys van die boekies wat u bestel het, plus R70 vir die posgeld en die verpakking.