Soos julle weet is Suider Kruis nie ‘n kerk nie en word ons word nie gebind deur ‘n moderasie of ‘n sinode wat voorskryf wat gedoen mag word en wat nie. Die voordeel hiervan is dat die Gees van God vrylik kan vloei sonder enige beperkinge.
Die boodskappe wat julle hier gaan lees kom direk van ons geliefde, Jesus Christus, af deur Sy Gees. Dis waarom julle dinge hier gaan lees wat anders is as wat julle in ‘n kerk gaan hoor. Om die waarheid te sê, gaan geen kerk ooit praat oor dit wat baie keer hier gesê word nie uit vrees vir vervolging en verbanning.
Ons glo in beide die Logos Woord en die Rhema Woord van God, want saam vorm hierdie twee ‘n eenheid soos ‘n perd en ‘n ruiter. God se geskrewe woord, die Logos Woord, beteken niks sonder Sy Rhema Woord, openbaringe deur die Heilige Gees en Profesie nie. Saam kry ons ‘n prentjie wat nie net buitelyne is nie, maar wat ingekleur is van God se liefde vir ons as mens. ‘n Liefde wat daarop uit is om alles moontlik te doen om ons van onsself te beskerm.
Ons mandaat is deur God aan ons gegee en dit is om aan die wat deur die geloof verbrysel is te genees, aan mense vrylating en herstel van sig te verkondig, om mense in vryheid weg te stuur en om die aangename jaar van die HERE aan te kondig. Daar is ook gesê dat ons hierdie genadegawe nie moet verwaarloos nie en moet aanhou met voorlesing, vermaning en lering tot die dag dat Jesus kom en ons doen dit nog steeds!
Soms gebeur dit dat satan ‘n vinger insteek in plekke waar dit nie hoort nie. Dis te verstane ook, want omdat die waarheid hier verkondig word, moet hierdie kanaal sekerlik ‘n doring van onbeskryflike pyn in die sy van satan wees! Prys die Naam van Jesus daarvoor!
Dis dan wanneer jy kry dat die lede van die kudde van die wagter af weghardloop en hulle rûe op hom draai. Dit maak seer, want ons verkondig die lig, maar mense het die duisternis meer lief sodat hulle donker werke nie geopenbaar mag word nie.
Ons is almal mense en ons almal maak foute, maar die Gees maak nie foute nie. Ons skryf nie uit onsself nie, maar uit die Gees en ons soek geen eer vir onsself nie, behalwe vir die Een wat alle gegee het vir ons sodat ons vir ewig kan lewe. As ons dan iets skryf wat moeilik is om te glo, gaan dan op jou knieë en vra vir Jesus vir ‘n openbaring en jy sal dit kry! Dis is ‘n belofte!
Ons het ‘n profesie ontvang oor die vaksine in 2016. Aanvanklik het ons nie veel aandag daaraan gegee nie, maar die profesie het oor en oor opgekom. Dit was eers in 2020 dat die profesie waar geword het. Hierdie was egter nie die enigste profesie wat uitgespreek was wat waar geword het nie. Daar was ander ook en volgens die Bybel is die kenmerk van ‘n profeet dat dit wat geprofeteer word, waar moet word. Ons glo dus die profesie!
Jesus het geweet dat daar mense gaan wees wat ten spyte van alles nog nie gaan glo nie en daarom het Hy vir ons ‘n preek gegee waarin alles verduidelik word. Ons het hierdie preek ook net so oorgedra tot groot ontsteltenis van baie…
Die preek en die profesie het verduidelik dat ons as mens uit God se gene geskape is en dat ons daarom aan God behoort, want ons het Sy DNA. Dis geen geheim meer nie: hierdie vaksine probeer immuniteit bewerkstellig deur genetiese manipulasie. Dit beteken dat God se gene in jou verander word en dan is jy nie meer soos God jou gemaak het nie. Dis soos sonde teen die Heilige Gees: daar is geen vergifnis daarvoor as jy dit doelbewus doen nie.
Maar God is genadig en Hy beskerm die onskuldige. As jy daarom nie geweet het jy doen verkeerd nie, dan sal jy genade in die oë van die HERE kry, want jy het nie geweet nie. Bid dat die HERE dit wat aan jou gedoen is ongedaan maak en dit sal gedoen word.
Ons weet maar net te goed dat daar mense is wat dit nie gaan glo nie, maar ons hande in hierdie saak is skoon. Ons het die Wil van die Vader gedoen en die waarskuwing uitgestuur. Wat u as leser daarmee doen is nou u keuse.
As u voel dat u eerder vir u ‘n ander kudde wil gaan soek waar jy in die gehoor gestreel word en die leraar verkondig wat die mense graag wil hoor, dan staan dit u vry om dit te doen. Ons kan egter nie hierdie waarskuwing afmaak as niksseggend of dit onder die mat in vee terwille van die gevoelens van ander nie, want dan is ons skuldig aan die bloed van die wat nie weet nie.
God het aan ons almal die vryheid van keuse gegee. Maak dus die regte keuse, maak kies met wysheid.
Prys die Naam van Jesus!