Die HERE gebruik die ergste om die beste uit te bring

die-here-gebruik-die-ergste-om-die-beste-uit-te-bring

Hoe baie van julle het al probeer om iemand te help om op die regte pad te kom? Dit kan op geestelike of persoonlike vlak wees. Jy gee jou beste tyd en jou beste onderskeiding, maar dan kom die dorings, die beskuldigings en die aanvalle van ondankbaarheid.

Julle sien, as iemand nie gereed is om te hoor wat jy te sê het nie, dan draai daardie persoon om en maak jou die vark in die verhaal. Die rede is omdat daardie persoon nie gereed is om te doen wat jy voorstel nie of nie gereed is vir dit wat die HERE van hom of haar verwag nie. Selfs al kom die boodskap van die HERE af en is jy oortuig daarvan, sal hierdie persoon sê dat jy verlei word.

As so iets gebeur, dan is dit ‘n natuurlike reaksie om onseker oor jouself te voel. Vir die van julle wat onseker is of die HERE met julle praat, volg die volgende raad. As jy die gevoel kry om iets vir die HERE te doen of selfs vir iemand anders te doen en jou hart loop oor van liefde vir die HERE, dan kan jy vir seker weet dis die HERE wat met jou praat.

Ons moet onthou dat die HERE het nog nie van plan verander nie. Niemand wat begin om die werk van die HERE te doen en dan halfpad ophou is waardig om die Koningryk van die Hemele te ontvang nie. Moet dus nooit ophou om vir die HERE te werk nie; ongeag hoeveel weerstand jy kry.

Die water word al hoe rower omdat satan ons haat en wil keer dat ons ons bestemmings bereik. Satan haat jou, want jy is ‘n bedreiging vir sy koningryk van duisternis en hy sal alles in die stryd werp om jou onder te kry en van koers af te dwing. Sy grootste wapen is twyfel. Saam met elke boodskap van die HERE wat in die wêreld verkondig word, stuur die vyand demone van twyfel, vrees en toetsing saam met dit.

Ons as Christene is die mees kwesbaarste in onderskeiding, omdat ons God liefhet en graag Sy Wil wil doen. Nou probeer die vyand ons oortuig dat dit wat ons wil doen, nie God se wil is nie en dat ons nie behoorlik onderskei het nie en dis waarom so baie weerstand kry.

LEUENS, LEUENS, LEUENS!

En as ‘n siel swak is en nie behoorlike bevestig van die HERE gekry het voor hy sy werk begin doen het nie of as daar iets is wat hierdie siel nog nie aan die HERE oorgegee het nie, dan sal hierdie taktiek by uitstek elke slag werk! Selfs al stuur die HERE profete en diensknegte om die siel reg te help deur te bevestig dat hy op die regte pad is, sal daardie persoon teen die werkers van die HERE draai.

Om so iets te beleef maak seer. As mense; dink ons aan die onderbreking, die verlies aan tyd, emosionele pyn, ondankbaarheid en verraad. Die HERE dink weer hoe mooi jy vir Hom is en hoe meer en meer jy na Hom begin lyk met elke terugslag.

Julle sien, die HERE kies hierdie mense wat wanorde in ons lewens saai, omdat dit ons karakter en liefdadigheid bou. Partykeer sien ons dit kom of die HERE wys ons dit, maar die HERE wil hê dat ons met probleme soos die moet werk en hulle nie net moet wegstuur nie.

Maar in die hitte van verwerping, verwarring en ondankbaarheid verloor ons sig met wat die HERE besig is om te doen. Ons het die HERE gevra om ons meer barmhartig en vriendelik te maak, so nou stuur Hy vir ons hierdie toetse. Nou is ons bitter, kla ons oor dit wat verlore gegaan het en is ons kwaad en vol wraak.

Moenie so wees nie! Weet julle hoe baie keer die HERE dieselfde oor ons kon gevoel het, maar Hy het nie? Besef ons hoe baie keer ons die HERE in die steek gelaat het? Waarom is ons ontstel oor dit wat verlore gegaan het? Hierdie dinge was gestuur om ons natuur te temper.

Ons moet eintlik die HERE bedank vir die toetse wat Hy ons pad stuur. Ons moet geensins enige wrok koester nie, want dit laat die vyand toe om ‘n sterk kasteel op te rig wat later baie moeilik gaan wees om af te breek. Dit sal alles wat die HERE so hard gewerk het aan afbreek, daarom moet ons die HERE bedank vir die goeie en die slegte wat gebeur.

Dit is alles sodat ons nederigheid moet leer. Nee, die HERE veroordeel ons nie; Hy leer ons. Dank die HERE vir die pyn wat jy ervaar en leer om te vergewe. Niks is werklik verlore nie, maar baie word geleer deur jou kruis op te neem en die HERE te volg. Maar as jy ‘n bitter saad terughou, sal dit groei en alles wat goed is later uit jou uit wurg. Dis waarom ons moet vergewe en die woede by die HERE se kruis laat, saam met al die ander bitter sade, want dan eers het jy werklik oorwin.

 

(Visited 75 times, 1 visits today)