Die nuwe normaal

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

As mens objektief na die wêreld sit en kyk, dan kan jy nie help om op te let hoe die wêreld verhoog gereed gemaak word vir die koms van die wêreld leier nie…

Regdeur die wêreld word mense se reg tot die vryheid van keuse deur regerings weggeneem ten spyte van die feit dat hierdie regte deur wette gewaarborg word! En mense het geen probleem daarmee nie want hulle sal enige iets gee net sodat hulle weer een of ander vorm van normaliteit in hulle lewens kan kry. Hulle sien nie dat dit wat hulle weggee baie meer kosbaar is as dit wat hulle kry nie. Hulle besef ook nie dat die normaliteit wat ons voor 2019 gehad het nooit weer op hierdie aarde sal wees nie.

[11]  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, [12]  sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.” (2 Tessalonisense 2 :11-12)

In Frankryk het die Franse President Emmanuel Macron probeer om die sogenaamde “groen paspoort” gewettig te kry. Dit sou beteken dat niemand enige publieke ruimte insluitende restaurante, stadions, trein stasies, lughawens, noem maar op, mag binne gaan sonder dat hy of sy gevaks is nie. As antwoord hierop, het ‘n miljoen Franse hulle laat vaks!

Sien julle wat ek bedoel by mense wat enige iets sal doen om “normaliteit” weer in hulle lewens terug te kry? Nodeloos om te sê; Frankryk is nou in ‘n toestand van oproer daaroor, want mense het agtergekom dat hulle reg tot die vryheid van keuse, en die wet wat daardie vryheid waarborg, deur die regering geskend word.

Ek let ook op dat die wêreld oplet wat in Frankryk gebeur het en dat die res van Europa aangekondig het dat hulle nie tot sulke uiterste maatreëls sal gaan nie, maar die reëls is nou aangepas. Toer agentskappe, spesifiek die wat bootreise doen, vereis nou dat enige iemand wat sulke reise wil doen, eers gevaks moet word. Die wat nie gevaks is nie, kan nog steeds die reis doen, maar hulle moet voor die tyd en elke dag wat hulle op die reis is asook die dag wat hulle afklim, getoets word op hulle eie onkoste. Hierdie mense moet ook hulle maskers dra gedurende die hele reis terwyl die wat gevaks is dit nie hoef te dra nie.

Of iets soos dit in Suid Afrika met ons diverse etniese agtergrond gaan werk is betwyfel waardig, maar dit dien net as ‘n bewys hoe die verhoog gereed gemaak word en hoe naby ons tyd werklik is!

[16]  Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak. [17]  En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van my Naam. [18]  En geen haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie. [19]  Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.” (Lukas 21:16-19)

Hierdie is die nuwe normaal liewe lesers en ons was vooraf gewaarsku. Hierdie is nog nie die verdrukking nie, maar net die begin. Die koms van die HERE op die wolke is voor ons. Maak julle oë oop en kyk wat aangaan, maar raak nie bevrees nie, want God het nie vir ons ‘n gees van vrees gegee nie! Vrees kom in elke geval nie van God af nie! Maar die tyd het gekom om jouself te vra wat jy glo: Glo jy in die wêreld met sy beloftes van ‘n vals normaliteit of glo jy in God by wie alles moontlik is?

Die Bybel sê vir ons dat baie van die geloof afvallig sal word in hierdie tyd. Gaan jy een van hulle wees, liewe leser?

Mag die HERE hierdie boodskap seën.

image_pdfLaai afimage_printDruk
Tagged , , , , , .