Mag die Liefde van ons HERE Jesus Christus met julle almal wees.
Die dag as ons ons harte vir die HERE gee, begin ons ‘n pad saam met die HERE stap. Hierdie pad is uniek aan elkeen van ons. Nie een se pad met die HERE is dieselfde as volgende persoon se pad nie.
Op hierdie pad lei die HERE ons tot geestelike volwassenheid. Sommige van ons loop die pad hele tyd saam met die HERE, terwyl ander langs die pad stilhou. Natuurlik verstaan ons wat die pad end uit loop dit nie dat iemand halfpad sal wil op hou nie, maar onthou dat almal se pad anders is en dat die HERE ‘n doel met elkeen van ons het. Die HERE het die wat langs die pad stilhou en kampie opslaan nie minder lief as die wat aanhou om die pad te loop nie. Ons is almal Sy kinders en Hy het ons almal ewe lief!
Die wat egter aanhou om saam met die HERE te loop word beloon met allerhande gawes soos om siekes te kan genees, te kan bid, kennis om die Wood van God te verstaan en so meer. (1 Korintiërs 12:8-10) Hulle leer oor die HERE op ‘n intieme vlak te ken wat die ander nooit sal verstaan nie. Die wat saam met die HERE bly loop het geen bekommernisse nie. Jy het jouself vereenselwig met jou lot en jy is tevrede met wat jy het. Jy hoor die HERE se stem en jy is een met die Gees van die HERE!
Die wat agter gebly het vind dit natuurlik baie moeilik om te verstaan, maar die wat aanhou loop het al hulle bekommernisse in die hande van die HERE gesit. Hulle vertrou dat God die Vader in al hulle behoeftes sal voorsien en Hy doen! Dis ‘n lewe van vryheid wat baie moeilik is om aan iemand te verduidelik wat nie die pad stap nie. Of iemand wat nog nie op dieselfde vlak is nie.
Vir baie mense gaan dit oor finansiële onafhanklikheid op hierdie aarde. Hierdie is die Christene met die groot salarisse, duur motors, duur huise en luukse vakansies en die HERE seën hulle deur vir hulle te gee. Hulle het besluit om hulle erfdeel in die Koningryk van die HERE nou al te ontvang. Dis soortgelyk aan die gelykenis van die verlore seun soos in Lukas 15:11-32 opgeteken.
Vir die wat die pad aanhou stap het vir die HERE gesê dat hulle later hulle erfdeel sal ontvang, want om saam met Hom te wees en los te wees van hierdie aarde is vir hulle baie belangriker as enige erfdeel.
Julle sal seker nou wonder waarom ek hieroor skryf. Dis omdat ek al baie hieroor gewonder het, want ek kon nie verstaan waarom die HERE sommige Christene seën met sulke welvaart op aarde nie terwyl ander “niks” ontvang nie. Maar dis nie dat hulle niks ontvang nie; hulle ontvang maar net iets wat nie in terme van geld gemeet kan word nie.
Ek skryf ook hieroor om aan julle te wys hoe die HERE elkeen van ons binne ons vermoëns help. Sommige loop die pad end uit saam met die HERE terwyl ander weer nie. Daar is niks daarmee verkeerd nie, want ons almal het ons vermoëns en die Gees van die HERE is ‘n ware heer. Hy sal jou nooit enige iets laat doen waarvoor jy nie heeltemal reg is nie.
Onder geen omstandighede moet ons enige iemand oordeel nie, want ons weet nie wat die ooreenkoms is wat daardie persoon met die HERE het nie. Ons moet ook nie jaloers wees nie, want dit wat baie van ons partykeer het is baie beter en baie meer werd as enige aardse geld.
Amen, Ek sien uit na my Hemelse woning!