Die Wêreld Identifikasie, Merk van die Dier

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Die koms van die HERE is op hande en ek voel gelei om hierdie waarskuwing met julle te deel.

Daar gaan begin word om die Merk van die Dier uit te rol aan die publiek kort na die wegraping en dit gaan gedoen word as deel van die Corona Virus inentings. Baie Christene wat gaan agterbly omdat hulle nie gereed was nie gaan op hierdie manier uitgevang word! Mense gaan dink dat dit wat hulle gaan kry net ‘n gewone inenting is, maar dit gaan nie wees nie. Die Bill & Melinda Gates Stigting staan aan die hoof van hierdie navorsing en hulle is gereed om te begin met die uitrol van hierdie inentings! Ek praat van dieselfde Bill Gates van Microsoft en sy vrou Melinda.

‘n Suster van ons in die Gees het ‘n droom gehad waarin die HERE aan haar gewys het wat gaan gebeur na die wegraping en dit was nie ‘n aangename droom nie. In hierdie droom het sy gesien hoe mense op die personeel wat die inentings doen skreeu as hulle agterkom wat aan hulle gedoen was. Onthou, as jy daardie merk vat, is jy gedoem tot ‘n ewigheid in die Hel! Sonder daardie merk sal jy nie kan reis nie, jy sal nie kan koop nie, jy sal geen mediese sorg kan ontvang nie. Jy sal dood gaan van honger of jy sal gearresteer word en tereggestel word. Liewe lesers, hierdie is geen grap nie!

Kyk wat sê die HERE vir ons in Openbaring 14:9-13 [9]  En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, [10]  sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. [11]  En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang. [12]  Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar. [13]  En ek het ‘n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.”

Die HERE sê verder dat daar baie mense is wat dink dat hulle gereed is om Hom in die wolke te ontmoet, maar hulle is nie. Hulle dink dat Jesus sal verstaan en die “klein” sondetjies in hulle lewens sal oorsien, maar hulle is verkeerd! Staan daar nie in God se Woord “Wees heilig, want Ek is heilig” nie? (1 Petrus 1:16) Los die pornografie, want dis nie vryheid van spraak nie; satan lieg vir jou!

As jy saam met iemand woon asof julle getroud is, dan pleeg jy egbreuk! In die oë van die HERE is jy ‘n egbreker en ‘n hoereerder! Dieselfde as jy na ‘n ander vrou of man kyk en hom of haar begeer! Pornografie is ‘n ernstige storie! Dis alles behalwe “vryheid van spraak”! Baie Kinders van die HERE gaan agterbly in die wegraping omdat daar sonde in hulle lewens was wat hulle nooit reggemaak het nie. Baie gaan ook agterbly omdat hulle gereken het dat daar baie erger sonde is as dit wat hulle doen, want Jesus sal mos verstaan… Nee, nee, nee, liewe leser! Daar is nie iets soos geringe sonde nie en daar is ook nie iets soos “Jesus sal mos verstaan nie!” Satan lieg vir jou! Kyk wat sê die Bybel vir ons in Galasiërs 6:7  “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie;”

Iemand het eenslag vir my die perfekte oplossing gegee om seker te maak dat jy van alles wat moontlik kan pla ontslae raak. As jy bid, vra dan die Gees van die HERE om aan jou uit te wys wat nog uitstaande is en of daar enige iets is wat tussen jou en die HERE staan. Dit werk liewe leser! Dit waaraan jy onmiddellik daarna aan dink; dit is wat tussen jou en God staan! Vra dadelik vergifnis daarvoor en hou dan ook op om dit te doen. Ek het op hierdie manier van sonde ontslae geraak wat ek al van vergeet het!

Liewe lesers, ek wil nie een van julle agterlaat nie. Ek self wil ook nie agterbly nie! Maak daarom nou reg terwyl jy kan, want ons tyd om te vertrek is baie naby! Laat die wat ore het om te hoor, hoor!

Prys die Naam van Jesus vir hierdie boodskap!