Ek sal jou regte beskerm

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
Print Friendly, PDF & Email

Wie van julle het al ‘n ondervinding gehad waar Jesus vir jou iets deur ‘n profesie gewys het maar jy dit nie dadelik geglo het nie?

Ek het al deur die jare geleer om nie sommer alles te glo wat ek hoor nie, want nie almal sê HERE, HERE het altyd Jesus se beste belange op hulle harte nie.

“Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.” (Mattheus 15:8)

Soms gebeur dit dat dit wat gesê word tog belangrik is, maar dan gee ons dit nie die nodige aandag nie. Dan kom Jesus en Hy wys daardie gedeelte wat so belangrik was aan ons uit op die mees wonderbaarlikste wyse!

Nie almal van julle weet wat ek werklik vir ‘n lewe doen nie. Hierdie boodskappe wat ek skryf is maar ‘n baie klein deeltjie daarvan. Ek is in die vlieg bedryf, meer spesifiek; vlug nabootsers. Nie die groot goed wat deur die lugrederye gebruik word nie, maar die programme wat deur enige iemand gekoop en op hulle rekenaars gelaai kan word soos Microsoft Flight Simulator. Die program kom klaar gelaai met die hele wêreld se lughawens, maar die lughawens is baie basies en mis baie van die detail wat in die regte lewe daar is. Dis nou waar ek inkom, wat ek vat hierdie lughawens en dan verbeter ek dit sodat dit lyk soos die werklike een. Ek verkoop hierdie lughawe pakkette en dis hoe ek ‘n inkomste genereer vir myself.

Ek doen hierdie werk al vir baie jare. Microsoft Flight Simulator is een van die programme waarmee ek werk en dit vorm die basis van wat ek doen. Sonder hierdie program gaan nie een van die lughawe pakkette wat ek doen werk nie. Microsoft is bewus van wat ek doen, maar ek ontvang geen ondersteuning van hulle af op enige manier nie.

Maanskyn en rose is dit nie, want mense spandeer nie meer die geld soos voorheen nie. Dan is daar die laaste ruk nog kompetisie ook om mee rekening te hou, want ek is nie meer die enigste persoon wat hierdie werk doen nie. Jesus was egter nog altyd getrou en Hy het gesorg dat ek nog altyd genoeg het om van maand tot maand aan die gang te bly.

Laas week het ek ‘n boodskap van iemand gelees, maar ek kan nie onthou waar ek dit gelees het nie. Die boodskap het gegaan dat Jesus weet dat baie van ons swaar kry, maar Hy het ook gesê dat ons nie moet moed verloor nie, want Hy sal nie toelaat dat ons ondergaan nie. Jesus het gesê dat ons ook nie bekommerd hoef te wees oor ons regte nie, want Hy sal sorg dat daardie regte beskerm word. Dis die gedeelte wat by my bly steek het en ek weet nie waarom nie.

Gister het Microsoft my gekontak en gevra of ek sal belangstel om deel van hulle toets span te word! Hulle wil die Microsoft Flight Simulator program uitbrei na die Xbox platform en dis belangrik dat die lughawe pakkette wat ek maak vir die program ook moet kan werk op die Xbox platform! Ek was stomgeslaan, want in al die jare wat ek met die Microsoft Flight Simulator program werk, het Microsoft nog nooit so belanggestel in wat ek doen nie! Ek het dadelik ja gesê!

Daardie woorde wat ek gelees het dat Jesus ons regte sal beskerm het by my opgekom en ek het dadelik geweet dat dit Jesus se werk was! Daar is geen twyfel by my nie! ‘n Stap soos dit gaan vir my deure oopmaak op maniere wat ek nooit gedink het moontlik was nie. Erkenning van die sagteware reus is nie iets om oor te grinnik nie!

Moenie dat jou geloof ooit tekort skiet nie! Ek vertel vir julle hierdie getuienis om vir julle te wys dat Jesus in begeer is en Hy sal in beheer sal bly tot die voleinding van hierdie wêreld! Prys Sy Naam!

Hou vas en glo met alles wat jy het. Selfs al lyk die wêreld om jou hoe donker en skrikkerig, weet dat God jou nooit ooit alleen sal laat nie. Jy is Sy kind. Jy het vir Hom gekies terwyl die wêreld vir jou na ‘n baie beter opsie gelyk het en daardie keuse dra groot gewig by God.

Glo, want jou geloof gaan jou red!

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

(Visited 83 times, 1 visits today)
Tagged , , , .

2 Comments

  1. Goeie Môre
    Ek het eendag in 2015 toevallig op hierdie webblad afgekom, dit het my so verryk en sederdien besoek ek nogal gereeld die blad! Daar’s tye wat ek tydens die lees van stukke die salwing so sterk ervaar en dan is daar tye wat angs my vir n oomblik oorval en dan is daar tye soos nou met die getuie hierbo genoem dat dit my moed gee en my geboë gees oplig! Ek is hierdie jaar deur n seer egskeiding en NET GOD alleen hou my staande! In hierdie moeilke “siek” tye wil ek ander in huwelike smeek om nie te skei nie al kos dit wat! Baklei vir jou huwelik al gaan dit hoe sleg want dis die vyand se plan om dit wat GOD saamgevoeg het te vernietig! Jy gaan nie beter af wees alleen daarbuite nie en die WOORD sê duidelik dis nie goed vir die mens om alleen te wees nie. Moet asb nie oorgee en opgee nie . . . Ek WENS ek het iemand gehad wat dit vir my gesê het! My hart is in stukke want nooit weer kan dit herstel nie en die ergste is , ek was deur my man emosioneel en verbally abuse en ek het eendag net gebreek na so aanslag en huilend uitgestap en dit het uitgeloop op n egskeiding! As iemand in selfde bootjie is as wat ek was . . . soek hulp maar moet asb nie skei nie!!! Dis nie GOD SE WIL NIE EN GOD HAAT EGSKEIDINGS. Ek het so baie geleer die laaste maande maar n prys is betaal en as iemand my wil kontak is hul welkom! Mag GOD hierdie setback gebruik vir n step-stone tot groter dinge en als tot SY EER ALLEEN!!!

  2. Prys die Here Jesus Christus Net om te sê dat ek só bly is wat vir jou gebeur het! Ons hemelse Vader laat inderdaad alles ten goede mee werk vir hulle wat Hom lief het, wat na Sy voorneme geroep is.

    Mag ons elkeen nooit vergeet om ons oë op Jesus Christus gefokus te hou nie – veral in die tyd waarin ons nou leef.

    God se rykste seën aan jou, jou familie en, elke liewe broer en suster in Jesus Christus.

Comments are closed.