Gebed vir die Nuwe Jaar 2013

Graag wil ek hiermee vir al my lesers ‘n geseënde en baie voorspoedige nuwe jaar toe wens.

Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar en baie van ons het voornemens geneem wat ons graag wil uitvoer. Onthou dat net so belangrik dit is om te werk en geld te verdien om te kan lewe, net so belangrik is dit om Jesus te ken in ALLES wat ons doen. Mattheus 6 leer vir ons dat Jesus in alles eerste moet kom en dat alles anders wat ons mag nodig hê aan ons voorsien sal word.

Ons prioriteit hierdie jaar moet dus nie wees om onsself te probeer verryk nie, maar om eerder toe te laat dat Jesus vir ons die regte pad wys. Ons prioriteit die jaar moet wees om onsself nooit in ‘n situasie te bevind waar Jesus nie saam met ons kan wees nie. Vra vir leiding in elke aspek van u lewe. Doen alles wat jy doen asof dit vir Jesus is wat jy dit doen en kyk hoe Jesus u pad vir u gaan gelyk maak! Amen!

Ek sal volgende week weer hervat met my weeklikse stukkies. Voorspoedige week en God se rykste seën vir u!

(Visited 37 times, 1 visits today)