In my vorige boodskap het ek hierdie onderwerp aangeraak, maar die Gees wys my dat ek nog nie klaar is daarmee nie!
Ons almal weet dat die wegraping van die kerk baie naby is. Die Heilige Gees wys vir my dat van nou af tot daardie tyd baie hulle eersgeboorte reg vir ‘n pot lensie sop gaan verkoop as gevolg van die druk wat op hulle geplaas word. Alhoewel baie met trane gaan begeer om hierdie eersgeboorte reg van hulle weer terug te kan kry, gaan dit nie aan hulle gegee word nie…
Van julle gaan verstaan wat ek met die boonste paragraaf bedoel het, maar nie almal nie. Die vryheid van keuse bly joune en nie ek of enige iemand anders het daardie reg van jou af weg te vat nie. Onthou egter dat die vryheid van keuse nie beteken dat ons vry is van die gevolge van die keuses wat jy maak nie.
Die “V” gaan verpligtend word en dit gaan op mense afgedwing word. Daarmee saam gaan die vryheid van keuse wat jy hieroor het van jou weggeneem word en dit gaan gebeur net voor Jesus gaan kom om Sy Bruid te kom haal. Italië het die 15de Oktober 2021 vasgestel as die datum waar almal die “V” moet hê. Hierdie gaan ‘n voorwaarde van jou indiensneming wees wat gaan beteken dat as jy gaan weier, jy nie meer ‘n werk sal hê om na die tyd terug te kan keer nie.
Amerika het ‘n soortgelyke reëling maar die datum verskil van staat tot staat. Die meeste state se datum is die 15de Oktober, alhoewel daar van die state is wat se datums vroeër of later as die 15de is. Die reëls is egter dieselfde: geen “V” geen werk.
Hier in Suid Afrika het twee van die grootste versekeraars in die land klaar die keuse gemaak mense wat wil aanhou vir hulle werk die “V” moet hê. Die Universiteit van Kaapstad het ook daardie keuse gemaak vir studente wat by hulle wil studeer. Geen datum vir die implementering hiervan is op die oomblik beskikbaar nie.
My doel is nie om julle bang te maak nie, maar eerder om julle te wys op die realiteit dat die ware Kind van God nie meer welkom is in hierdie wêreld nie. Al wat ons gaan hê van nou af tot Jesus kom is ons onwrikbare geloof dat God die Vader bonatuurlik in al ons behoeftes sal voorsien en ons geloof in Sy Seun, Jesus Christus. As jy nie daardie geloof het nie, dan gaan daar vir jou net een keuse oorbly en dit is om jou eersgeboorte reg vir ‘n pot lensie sop te verkoop. Dit gaan tydelike verligting bring, maar soos alles in hierdie wêreld gaan dit net ‘n illusie wees; leeg en sonder enige betekenis net soos al die ander wêreldse beloftes! Waterdamp; nou hier, netnou weg!
Wanneer Jesus gaan kom vir ons; ek kan nie vir julle sê wanneer nie, want die Bybel sê baie duidelik dat ons die dag en die uur nie sal weet nie, maar ek kan julle verseker dat die tyd baie naby is.
Hierdie datum van die 15de Oktober wat deur die wêreld vasgestel is, is beslis ‘n teken, want as ‘n mens dit gaan vergelyk met die oorspronklike Joodse kalender, dan is dit dieselfde datum wat Noag in die ark ingegaan het en God die deur gesluit het. Dis die datum van die Chesvan die 10de. Die vloed het gekom sewe dae later op Chesvan die 17de.
Julle kan elkeen julle eie afleidings maak. Ek maak geen datum vir die wegraping vas nie, want niemand weet wat die datum gaan wees nie. Ek noem hierdie datums slegs om aan julle te wys hoe die datum van die 15de Oktober ooreenstem met Bybelse gebeure. Ek vind sulke vergelykings baie interessant.
Volgens die profesie gaan daar ‘n Derde Wêreld Oorlog uitbreek net voor Jesus gaan kom. Dis die oorlog waar Damaskus uitgewis gaan word en Israel aangeval gaan word en God gaan ingryp om Israel te beskerm volgens Esegiël 38. Volgens die profesie gaan dit die tyd wees wat die wegraping ook gaan plaasvind. Verskeie mense regoor die wêreld het al daardie profesie uitgespreek.
Daarom, liewe lesers, glo in God, vertrou Hom om vir jou te voorsien. Jou geloof in God is al wat jou gaan staande hou van nou af tot die tyd dat Jesus binnekort gaan kom. Hou jou lampie vol van die olie van die Heilige Gees! Dis nou net ‘n kwessie van tyd.
“Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi. Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie. Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.” (Psalm 1)
“Because He Lives, I can face tomorrow!”
Prys die wonderlike Naam van Jesus!
Amen en Amen!!!
Verskriklik is dit om te val in die hande van n lewende GOD!
Wat my tot ontnugtering ruk uit bogaande stuk is die volgende ” Dit gaan tydelike verligting bring, maar soos alles in hierdie wêreld gaan dit net ‘n illusie wees; leeg en sonder enige betekenis net soos al die ander wêreldse beloftes! Waterdamp; nou hier, netnou weg!
VADER OPEN ONS OE DAT ONS KAN SIEN IN DIE KRAGTIGE NAAM VAN JESUS!!!
Amen! Ons lewe in hartverskeurende tye… So baie vryheid en gerief en tog in geestelike kerkers vir vele…
Bid dat God Sy Barmhartigheid nie sal terug hou vir hulle wat blind is nie!