Hoe demone werk – Deel 1

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ek gaan vandag met julle ‘n boodskap doen wat oor twee dele gaan strek en soos die titel sê, gaan ons kyk na hoe demone werk. My doel is om julle toe te rus sodat julle kan weet waarna om op te let in julle daaglikse lewens.

Satan weet dat ons tyd op aarde kort is en daarom probeer hy die proses versnel deur meer demone op aarde vry te stel as wat daar ooit voorheen was. Ongelukkig vir hom is die opposisie deur ons gebede meer as wat hy op gereken het en nou is hy boosaardig kwaad oor die weerstand wat teen sy planne gebied word.

Ons almal loop met sade van bitterheid in ons rond, almal. Elke slag as ons ons humeur verloor, maar ons ‘n deur oop wat toe moes gebly het. Voortdurende woede het ‘n impak op ons lewens en ook op ons gesondheid. Wat ons egter nie weet nie is die dinamika agter dit, waar dit vandaan kom en hoe die vyand dit gebruik.

Voor ons egter die HERE kan vra om ons te genees, moet ons eers vergifnis doen vir ons sondes. Ons kan nie genesing kry vir enige iets in ons lewens alvorens ons nie eers vergifnis vra vir die oorsake daarvan nie. Die HERE is heilig en ons moet skoon wees as ons voor die HERE verskyn. Die Heilige Gees gaan van onskatbare waarde wees in hierdie skoonmaak proses, want die Gees kan aan jou sondes uitwys wat jy nie eers van bewus was nie of wat jy al van vergeet het. Hierdie is die dinge wat eers skoongemaak moet word voor enige genesing kan plaas vind. As hierdie dinge eers uit jou lewe uit is, gaan jy onder andere meer energie hê en ook beter slaap.

Kom ons vat ‘n voorbeeld. Jou baas soek die besigheid se heel jongste verkoopsyfers by jou vir ‘n vergadering met top bestuur. Jy weet dat dit nie goed lyk nie en dat daar reperkussies gaan wees. Skielik is jy geïrriteerd, gefrustreerd, bevrees en opgewen. Al hierdie dinge is demone en hulle plant hulle sade in jou. Baie gou ontkiem hierdie sade en gaan sit dit in jou hart vas. As jy nie vergifnis vra en jouself reinig nie, dan groei hierdie sade verder en affekteer dit later jou gesondheid. Dis soos gif en dit maak stadig dood. Jy word swartgallig, bombasties en onbeskof en so jaag jy die mense wat vir jou omgee weg en jy kan nie verstaan waarom nie.

Dis waarom, liewe lesers, as julle in aanraking met hierdie dinge kom, dit so belangrik is dat jy jouself te reinig. Moenie die sade kans gee om te ontkiem of te groei nie. Hierdie goed is nie net gif vir ons liggame nie, maar ook vir ons gedagtes. Dit beland in die bloedstroom en so versprei dit baie vinnig na elke deel van jou liggaam sonder dat jy eers daarvan bewus is.

Demone is versot op slegte gedagtes, frustrasie, depressie en woede. Dit help hulle om te groei en sterker te word en iemand wat met hierdie emosies rondloop, skyn soos ‘n vuurtoring in die nag vir demone. Hierdie emosies help hulle om maklik in die liggaam nes te maak en as jy nie iets daaraan doen nie, word dit erger en so ook die gesondheid probleme wat jy ervaar. Die effek is verskillend op verskillende mense. Niemand word op dieselfde manier geaffekteer nie. Dit hang groot en deels af van hoeveel sade jy mee besmet is.

Om vergifnis te kry is eintlik baie maklik. Julle kan die volgende gebed gebruik as voorbeeld: “Heilige Gees, help my asseblief bid vir berou en verwyder hierdie sade. Asseblief, Vader, luister na my pleidooie, hoor my geroep. Help my asseblief om enige geeste van irritasie of woede of wat ook al U voel daar is, saam met die saad van bitterheid te verwyder. Verwyder almal uit my hart uit. AMEN!”

Hierdie is ‘n gebed wat op die knieë gedoen moet word, want ons vra vir verlossing, dus moet ons in die korrekte posisie wees. Die HERE sal die nodige operasie doen en so die sade verwyder en dit gaan nie moeilik wees of enige littekens los nie. Laat die Heilige Gees jou lei oor wat verwyder moet word. Dis die maklikste, want ons vergeet partykeer van sekere gewoontes of satan maak ons vergeet sodat die deur oop kan bly! Onthou, die vyand is nie dom nie, maar God ken hom en Hy en die Heilige Gees weet hoe om met die vyand te werk!

‘n Skoonmaak gebed soos dit is nie iets wat net eenmaal gedoen moet word en dan is alles reg nie. Doen dit so gereeld as wat nodig; twee keer per dag as dit nodig is, maar onthou dat jy skoon moet wees van sonde voor jy voor die HERE verskyn. Jy moet eers vergifnis vra vir jou sonde voor enige genesing kan plaasvind. Dis die sleutel. Vra die Heilige Gees om aan jou die sonde uit te wys waarvan jy al vergeet het en doen vergifnis daarvoor. As dit afgehandel is, dan begin jy om die HERE te vra om die sade uit jou hart uit te verwyder. Alles hierdie moet op jou knieë gedoen word, want ons vra vir verlossing.

Ek weet ek herhaal myself, maar daar is ‘n orde wat baie belangrik is om te volg, want baie mense het dit al probeer en dan werk dit nie, want hulle kom tot God die Vader sonder dat hulle sondes vergewe is. Jy kan nie die HERE vra om die sade van bitterheid uit jou lewe te haal en jou te genees as daar sonde in hou lewe is nie. Dan gaan jy geen sukses behaal nie. Sorg eers dat jy kant skoon is en dan kan die tweede deel gedoen word. Verstaan julle?

Volgende keer gaan ons aan met deel twee van hierdie boodskap.

Prys die Naam van Jesus! AMEN!