Ons almal weet dat ons geveg nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die bose geeste in die lug. (Efesiërs 6:12)
Vleeslike begeertes is een van hierdie gevegte, maar vleeslike begeerte respekteer jou glad nie en dit gee nie om wie of wat jy is nie. Dit geen nie om oor jou velkleur, jou finansiële posisie of jou status in die lewe nie. Solank ons nog in hierdie vleeslike liggaam is, gaan ons almal moet op een of ander stadium van ons lewe met ons vleeslike begeerte moet worstel en daar is geen manier om dit te ontsnap nie, behalwe om te weet wat om daaromtrent te doen.
Die beste verdediging teen vleeslike begeerte is om te vlug. Ja, jy lees reg: VLUG! Soos in hardloop weg daarvan af! In 2 Timoteus 2:22 word juis dit vir ons baie pertinent gestel: “Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.” Hierdie metode van vlug word ook in 1 Korintiërs 6:16 herhaal: “Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam.” Met die woord “hoerery” verwys Paulus na die begeertes van die vlees.
Het julle al ooit agtergekom hoe die Bybel ons aanbeveel om nie van satan te vlug nie, maar dat ons nou presies die teenoorgestelde aanbeveel word. Waarom? Omdat dit jou iets van vleeslike begeertes behoort te vertel. Vleeslike begeertes sal jou denke beïnvloed sodat jy nie meer seker is oor wat reg en wat verkeerd is nie. Vleeslike begeertes sal jou huwelik opbreek, jou gesondheid beïnvloed, jou geld wegvat, jou beroof van jou geluk en ‘n muur bou tussen jou en God. Vleeslike begeerte sal jou in ‘n gat gooi dieper as wat jy ooit in was en wat baie moeilik is om van te ontsnap. Vra maar vir enige iemand wat al daar was of wat nog steeds sukkel om daaruit te kom. Dit laat jou wonder hoe op aarde jy daarin beland het. Net een besluit kan letterlik jou hele lewe verander op ‘n manier wat jy nooit eers aan gedink het nie. Dis ‘n nimmer eindigende stryd waarmee mense vir dekades lank mee worstel en dis waarom vlug die enigste oplossings vir die probleem is.
Vleeslike begeerte is nie iets waarmee jy kan speel nie. Moenie na pornografie in watter vorm ook al kyk nie. Moenie dink dat jy die situasie sal kan hanteer nie en moenie wag om te kyk wat volgende gaan gebeur nie. As die Bybel jou aanbeveel om te vlug dan beteken dit dat dit die veiligste en mees betroubaarste oplossing is wat werk! Moenie omkyk nie en moenie daaroor wonder nie. Vertrou Jesus en weet dat daar ‘n goeie rede is waarom Hy vir ons deur Sy Woord sê om eerder te vlug.
Ek weet dat mense dink dat as jy van iets af vlug dat jy ‘n lafaard is, maar dis nie altyd die waarheid nie. Daar is situasies wat jou verplig om weg te hardloop en as jy dit nie doen nie, gaan jy jou les op die harde en genadelose manier leer! As die Bybel sê ons moet vlug, dan sê dit so omdat daar ‘n baie goeie rede daarvoor is. Jesus wil nie hê dat jy hierdie les op die harde en genadelose manier leer nie, maar die keuse is joue om te maak. Gee dus gehoor aan die leiding wat die Woord vir jou hieroor gee.
Ek neem aan dat die rede waarom die Woord van God ons aanbeveel om te vlug van vleeslike begeertes is omdat dit ons nie genoeg tyd gee om ‘n ingeligte besluit daaroor te maak nie. Vleeslike begeertes word deur impuls aangevuur en voor jy mooi weet wat aangaan is jy betrokke in iets waar jy liewer nie moes in gewees het nie. Moenie alleen wees met daardie man of daardie vrou nie. Hardloop! Vlug! Laat mense sê wat hulle wil. Volg jy Jesus se raad, want dis wat gaan werk!
Onthou dat jy nie vleeslike begeertes en geregtigheid gelyk kan dien nie. Jesus sê vir ons dat jy of die een gaan liefhê en die ander verag of die ander verag en die ander een liefhê. Jy kan nie twee here dien nie. Dis waarom vlug die beste opsie is, want as jy vlug dan kan jy geregtigheid nastreef, maar nie anders om nie. Prys die Naam van Jesus!
Mag Jesus hierdie boodskap seën!