Hoe om vleeslike begeerte te oorkom (Deel 2)

Na aanleiding van my boodskap oor hoe om vleeslike begeerte te oorkom wys die Gees vir my dat daar nog baie van julle is wat vrae het, maar te skaam het om dit te vra.

Liewe lesers, daar is geen rede om hieroor skaam te wees nie. Soos ek al baie vir julle gesê het, weet Jesus klaar alles en kan jy vir Hom niks wegsteek nie. Ons almal sukkel met vleeslike begeertes en ek bedoel almal, ook die wat sê dat hulle nie daarmee sukkel nie. Hoe weet ek dit? Want ons is almal vaalbare mense, want deur satan verniel word. Tot ek self is nie perfek nie, want ek het ook daarmee gesukkel! Satan spaar niemand nie, veral nie God se leraars nie. Moet daarom nie vir jouself jok nie.

Die beste wat jy voor kan hoop is ‘n kompromie en die wete dat jy genade in die oë van die Een Lewende God ontvang het. Ons sal in der ewigheid nooit die skuld wat ons opgeloop net op hierdie aarde ooit kan terugbetaal nie en Jesus weet dit. Dit is wat die wonder van Sy Kruis Dood so uniek maak; om ons skuld geheel en al weg te was.

Vir die van julle wat met hierdie probleem sukkel, weet dat daar vergifnis by Jesus te vinde is. Moet asseblief nie langer weghardloop of skaam wees daaroor nie. Jesus staan reg en Hy WIL jou vergewe, jou wonde verbind en jou gesond wegstuur, maar dan moet jy die eerste stap neem.

Om vleeslike begeertes te oorkom is net so moeilik soos om van drank en dwelms ontslae te raak, want satan bou sy sterkste kasteel daarteen in jou lewe en hy beman dit met die vuilste en die mees gevaarlikste demone wat jy aan kan dink. Dit beteken nie dat die geveg onmoontlik is nie. Dit beteken maar net dat jy slimmer gaan moet wees deur die leiding van die Gees van die HERE tot jou voordeel te gebruik om vir jou te wys hoe.

Die eerste stap in hierdie geveg is om uit te vind waar die oop deur is, want dis hoe satan in jou lewe inkom; deur deure wat jy oopgemaak het en nooit weer toegemaak het nie. As jy kan uitvind waar daardie oop deur is en hom kan toemaak, dan is jy halfpad daar! Van daar af sal dit sommer baie makliker gaan!

In my geval was dit ‘n sekere rekenaar speletjie waarvoor ek baie lief was en nog steeds is. Die Gees van die HERE het aan my gewys hoe satan hierdie speletjie teen my gebruik. Dis iets wat ek nooit eers aan gedink of eers besef het nie, omdat so onskuldig is, maar ek het gehoor gegee aan die Gees en die speletjie van my rekenaar afgevee. Dit was die deur wat die hele tyd oop was en wat toegemaak moes word. As jy eers daardie oop deur kry, dan gaan dinge makliker word, maar jy gaan nie uitvind waar daardie oop deur is as jy nie die Heilige Gees gaan gebruik om jou te lei nie. Dit is die geheim tot oorwinning! Prys die Naam van Jesus!

As die deur toe is, dan sny jy die voeding van die demone af en dan begin hulle om honger te ly. Die wat sterk genoeg is, sal eerste vlug en die wat nie sterk genoeg is nie, agter los om verslaan te word. Dan kan jy begin om daardie kasteel stukkie vir stukkie af te breek sodat dit baie moeilik gaan wees vir satan om jou weer so te versoek.

Dis hoe jy oorwin in Jesus se Naam! Alle Eer aan die Koning van die Konings! Prys die Naam van die Een wat waardig is om geprys te word!

Ek kan nie vir julle beskryf hoe dit voel om ‘n oorwinning soos dit te behaal nie, maar sonder Jesus en die Heilige Gees is ‘n oorwinning soos dit onmoontlik. Daar is verlossing en oorwinning by Jesus en ja, jy kan vleeslike begeertes oorwin, maar jy gaan diep self ondersoek moet doen.

Daardie rekenaar speletjie wat ek nou weet nie vir my bedoel is nie, was een van my gunstelinge. Ek speel dit al vir jare en het sover elke nuwe weergawe wat uitgekom het vir my aangekoop. Ek het ook al die aanpassings wat uitgekom het aangekoop. Nooit het ek iets daarmee verkeerd gesien nie… maar dit wys net vir jou hoe slinks satan is. Paulus was reg toe hy gesê het ons geveg is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose geeste in die lug. (Efesiërs 6:12)

Ek wil afsluit met ‘n waarskuwing, want satan is slinks en ek wil nie hê dat julle hom nooit moet onderskat nie! Hy gaan terugkom om jou weer te versoek; daarvan kan jy seker wees! Dis dan wanneer die woorde in 2 Timoteus 2:22 en 1 Korintiërs 6:16 vir jou tot onskatbare waarde gaan wees en dit is om te vlug vir die begeertes van die liggaam! Moenie eers dink om teen satan op te staan nie tensy jy geestelik baie sterk is. Die Bybel sal nie aanbeveel dat ons moet vlug as daar ‘n ander manier is nie. Weereens; moenie vir satan onderskat nie. Om dit te doen is nie wys nie.

Ek hoop dat hierdie boodskap vir jou nuttig gaan wees en jou op die regte pad gaan sit om oorwinning deur Jesus te kan behaal. Onthou, jy is nie alleen nie. Daar is baie ander wat met dieselfde probleem sukkel as jy en jy gaan verbaas wees hoeveel!

Mag die HERE hierdie boodskap aan julle harte seën!

(Visited 217 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .