Hoe ons ons deurbrake mis

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Baie van ons mis groot geleenthede om deurbrake te maak en so kom ons nooit uit by ons hoër roeping nie…

Ons swoeg om deur die vuilwater van die moeras te kom net sodat ons by die skoon water van die meer kan uitkom. Dis altyd ‘n lang en uitputtende stryd soos ons dit doen. Die goeie nuus is dat die HERE hierdie vir ons wil opklaar en as ons gehoorsaam is, dan gaan ons groot veranderinge sien in ons produktiwiteit vir die Koningryk van die Hemel en dit sluit ook ons families ook in.

Die les wat gaan volg gaan egter nie vir almal wees nie omdat hulle dit reeds reg doen, maar vir sommige gaan dit van onskatbare waarde wees. Kom ons begin!

Jesus laat toe dat satan jou aanval. Dis nie aspris nie, maar om te verseker dat daar ‘n verandering in ons lewens kom. Dit kan enige iets wees wat Jesus uit ons lewens wil verwyder wat die veranderinge nodig maak en dis waarom satan toestemming kry om ons aan te val. Kom ons kyk na die volgende voorbeeld.

Ons is tog almal trots op dit wat ons vermag, maar as daardie trots omsit in selfverheerliking, dan sit ons met ‘n groot probleem! Party se trots word baie diep weggesteek en sommige is selfs nie eers bewus dat dit daar is nie, maar dit kom uit as hulle hulle humeure verloor kwaad word. Dan begin ons kla teenoor God soos die ou Israeliete gedoen het. Dit is juis dit wat Jesus uit ons lewens probeer uithaal en dis waarom Jesus ‘n regstelling in die vorm van versoekinge deur satan toelaat.

Trots is ‘n baie gevaarlike sonde; selfs nog meer gevaarlik as ons nie daarvan bewus is nie of dit nie raaksien nie. Ons eer Jesus met ons lippe, maar ons hart is ver van Hom af. Elke oggend wag Jesus geduldig vir ons om met Hom te praat, maar daar is altyd ander “belangriker” dinge wat eerste gedoen moet word. Jesus wil hê dat dit moet stop! Kyk ‘n bietjie wat ‘n persoon met sy tyd doen en jy sal weet waar sy hart lê.

Ons maak byvoorbeeld eers ons huise skoon voor ons gaan bid of ons sorg heel eerste dat ons gesin uitgesorteer is. Daardeur laat ons vir Jesus wag. Dis soos ‘n koning wat per skip gekom het om sy bruid te kom haal, maar sy bruid het rusteloos geword en gaan inkopies doen vir iets anders om aan te trek. Intussen het die koning opgedaag en sy bruid was nie daar nie.

Ons is daardie Bruid en ons laat ons Koning op soortgelyke wyse wag! Dis alles ‘n illusie, want soos jy uitstel, kry jy niks gedoen nie en is daar nog meer goed wat jou tyd verg! Intussen lei alles onder hierdie uitstel omdat ons die wêreld eerste stel! So jaag ons die hele dag ons stert en kom niks klaar of afgehandel nie.

Jesus wil eerste in ons lewens wees, na liggaamlike funksies soos om badkamer toe te gaan en iets ligs om te eet. Die hond kan wag; die e-posse kan wag. Alles anders kan wag, want Jesus wil eerste wees. As ons dit begin doen, gaan ons sien hoe Jesus omstandighede in ons lewens verander! Alles sal dan in die regte volgorde val en sal dit nie vir ons nodig wees om die hele dag lank ons stert rond te jaag nie. Jou huis en die skoonmaak daarvan kom laaste; nooit eerste nie.

Dis ook sleg vir ons gesondheid om wêreldse dinge eerste te wil stel omdat ons onder konstante druk is om klaar te kry sodat ons tyd saam met Jesus kan spandeer! Jou bloeddruk skiet die hoogte in as gevolg daarvan en die stres vreet jou op! Jy raak ongeduldig en so beïnvloed jy almal om jou op ‘n negatiewe wyse. Alles so verniet!

Baie van ons is ouers en leiers en ons het geliefdes wat ons voor moet bid. As ons vir Jesus eerste stel en vir ons geliefdes bid, sal Jesus hulle oplig en beskerm en sal Hy aan al ons daaglikse behoeftes voorsien. Daar is niks in die wêreld so belangrik soos daardie eerste oggend gebed nie! Maak nie saak hoe jy voel nie, dis jou gehoorsaamheid aan hierdie een taak wat Jesus sal seën en dit sal vir jou baie vrug voortbring!

Ek kan nie genoeg aan julle oordra hoe oneindig baie lief Jesus ons het nie. Moet dus nie wat ek hier skrywe as ‘n straf beskou nie, want dit is nie. Dis omdat Jesus ons so baie lief het dat Hy hierdie dinge opbring sodat ons bewus moet wees daarvan en werk daarvan kan maak. Hy het ons samewerking nodig! Ons mis oneindig baie deurbrake deur ons ongehoorsaamheid en omdat ons prioriteite verkeerd is. Ons is veronderstel om van beter te weet deur nie die wêreld eerste te stel nie. Nou gaan ons dit reg doen: Jesus eerste en wêreld tweede!

Toe ek die eerste keer hierdie boodskap gehoor het, was ek verbaas gewees, maar ek het dit op die proef gestel. Nadat ek in die oggend opgestaan het en gewas en aangetrek het, het ek begin om die boodskap van die HERE te skryf. Ek het dit voor alles gestel wat ek beplan het om daardie dag te doen. Julle gaan dit seker nie glo nie, maar satan val my nog steeds aan daaroor! “O, jy gaan nie tyd kry nie. Waarom doen jy nie gou eers dit nie. Jesus sal mos verstaan…” Maar weet julle wat? Ek ignoreer dit en tot nou toe het ek nog nooit nie tyd gehad om alles wat ek beplan het vir die dag, klaar te maak nie! Maak eerste plek vir Jesus en al die ander dinge sa vanself in plek val! Probeer dit en jy sa sien!

Mag die HERE hierdie boodskap seën!