Is die hel ‘n werklikheid?

Hierdie is ‘n vraag wat miljoene mense oor wonder. Die geleerde mense sal vir jou sê dat die hel nie bestaan nie, maar dat dit ‘n toestand van die gemoed is…

Die enigste beskrywing van die hel word vir ons gegee in Lukas 16:19-31. Dis die storie van die ryk jong man en Lazarus wat ons almal seker ken. Meer as dit sê die Bybel nie oor die hel nie. Persoonlik dink ek die HERE doen dit met opset omdat Hy nie wil hê dat ons te veel daaroor moet weet nie.

Ek was egter nuuskierig en het gaan navorsing doen hieroor. Ek het na verskeie getuienisse van mense geluister en gelees. Mense wat na-doodse ondervindinge gehad het in die hel. Die eienaardigste van al hierdie getuienisse is dat dit van mense regoor die wêreld was; Suid-Afrikaners ook! Hierdie mense ken mekaar glad nie, maar die getuienisse is almal die selfde!

Die beskrywing wat gegee word deur almal is ‘n plek van swart gebrande klippe en ‘n ongelooflike hitte. Die hitte is onuithoubaar… Daar is geen son nie. Die horison gloei rooi en die reuk van salpeter is heeltyd in die lug. Daar is ‘n ewigdurende weeklaag in die lug soos mense mekaar die skuld gee omdat hulle hier is. Daar is poele met vuur en potte met kokende lawa waarin siele gepynig word. In al die getuienisse beskryf die getuies hoe dors hulle was, maar dat daar nie ‘n enkele druppel water enige plek was nie. In Lukas 16:24 lees ons: “Vader Abraham, ontferm u oor my. Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur.” Hierdie teksvers staaf die getuienis.

In een van die getuienisse beskryf die getuie dat hy homself in ‘n tronksel bevind het saam met ‘n drie en ‘n halwe meter lange gedrog. Hy kon nooit behoorlik sien hoe die demoon lyk nie, maar hy sê dat hy nog nooit in sy lewe ‘n haat soos dit gevoel het nie. Laasgenoemde is verstaanbaar, want ons is gemaak na die ewebeeld van God. Ons stel alles voor wat nie een van satan se demone ooit kan wees nie. Dis waarom hulle ons so haat. Die demoon was aan hom toegeken en dit was sy plig om hom te pynig. Die demoon het hom opgetel en hom teen die muur geslinger asof hy ‘n vuil stuk wasgoed was. Om een of ander rede het die demoon hom daar gelos en niks verder gedoen nie.

In die hel is daar geen liefde nie en geen genade nie. Hierdie is konsepte wat van God af kom en omdat God nie in die hel kan wees nie, ontbreek hierdie konsepte ook daar. In die hel kan jy ook nooit doodgaan nie, maak nie saak wat die demone met jou maak nie. Een van die getuies het beskryf hoe die demone iemand aangerand het. Hoe meer laasgenoemde gesmeek het om genade hoe harder het hulle gelag en hoe wreder het die aanvalle geword. Einde te laaste het een van die demone die man se kop met ‘n swaard afgekap. Die ander een het uitbundig gelag, die kop gaan optel en dit op die liggaam teruggesit. Daarna het hulle voortgegaan terwyl die man smeek om genade.

Die een getuie het beskryf hoe hy van die vriende tussen al die mense gesien het. Sy vriende het almal geskreeu dat hy moet teruggaan en nooit na hierdie plek toe moet kom nie… In die hel is daar geen uitkom kans nie. As iemand eers daar is, dan is dit vir ewig. Geen omdraai of tweede kans is ooit moontlik nie. Die rede is omdat God ewig is en daarom moet die straf vir sonde ook ewig wees.

Die ergste is dat satan hierdie dinge weet! Hy ken God se Woord en hy glo dit, want hy weet dat dit waar gaan word. Satan gee nie vir jou en my as mens om nie. Ons is vir hom alles wat hy of sy demone nooit kan wees nie. Hy haat ons as mens met ‘n haat wat nooit beskryf kan word nie. Satan weet wat sy uiteinde gaan wees. Sy uitsluitlike doel is daarom om soveel mense in die hel te kry saam met hom as wat moontlik is. ‘n Siel vir satan is ‘n siel minder vir God! Dit gaan uit en uit oor getalle!

Satan sal nooit vir jou of vir enige iemand vertel dat jy ‘n keuse het nie. Daarom stap duisende mense in hierdie wêreld van ons rond sonder dat hulle bewus is dat hulle ‘n keuse het! Jy kan nou kies om nooit hel toe te gaan nie! Al wat jy moet doen is om jou knieë te gaan Jesus te aanvaar as jou Saligmaker.

Sonder jou in privaatheid af en gaan op jou knieë. Praat met Jesus soos u met enige ander persoon sal praat. Jy hoef nie eers jou oë toe te maak nie! Sê vir Hom dat u ‘n sondaar is en vra Hom om u te vergewe. Sê vir Hom dat u graag een van Sy kinders wil word. Ek weet hierdie klink maklik om te doen en dit is. Onthou dat Jesus klaar al die harde werk gedoen het. Die prys is te volle betaal vir my en jou aan die kruis op Golgota. U moet dit net aanvaar en glo! Ek kan u waarborg dat as u hierdie gebed bid en dit bedoel, sal u die hel nooit in der ewigheid binnegaan nie!

Mag die Here hierdie boodskap seën!

(Visited 201 times, 1 visits today)

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui