Jesus gebruik die ergste om die beste uit te bring

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Hoe baie van julle het al probeer om iemand te help om op die regte pad te kom? Jy gee jou beste tyd en jou beste onderskeiding, maar dan kom die dorings, die beskuldigings en die aanvalle van ondankbaarheid…

Julle sien, as iemand nie gereed is om te hoor wat jy te sê het nie, dan draai daardie persoon om en maak jou die vark in die verhaal. Die rede is omdat daardie persoon nie gereed is om te doen wat jy voorstel nie of nie gereed is vir dit wat Jesus van hom of haar verwag nie. Selfs al kom die boodskap direk van Jesus af en is jy oortuig daarvan, sal hierdie persoon sê dat jy verlei word.

As so iets gebeur, dan is dit ‘n natuurlike reaksie om onseker oor jouself te voel. Vir die van julle wat onseker is of Jesus met julle praat, volg die volgende raad. As jy die gevoel kry om iets vir Jesus te doen of selfs vir iemand anders te doen en jou hart loop oor van liefde vir Jesus, dan kan jy vir seker weet dis Jesus wat met jou praat.

Ons moet onthou dat Jesus nog nie van plan verander nie. Enige iemand wat begin om die werk van die HERE te doen en dan halfpad ophou is nie waardig om die Koningryk van die Hemele te ontvang nie. Moet dus nooit ophou om vir Jesus te werk nie; ongeag hoeveel weerstand jy kry.

Die water word al hoe rower omdat satan ons haat en wil keer dat ons ons bestemmings bereik. Satan haat jou, want jy is ‘n bedreiging vir sy koningryk van duisternis en hy sal alles in die stryd werp om jou onder te kry en van koers af te dwing. Sy grootste wapen is twyfel. Saam met elke boodskap van Jesus wat in die wêreld verkondig word, stuur die vyand demone van twyfel, vrees en toetsing saam met dit.

Ons as Christene is die mees kwesbaarste in onderskeiding, omdat ons God liefhet en graag Sy Wil wil doen. Nou probeer die vyand ons oortuig dat dit wat ons wil doen, nie God se wil is nie en dat ons nie behoorlik onderskei het nie en dis waarom so baie weerstand kry.

LEUENS, LEUENS, LEUENS!

En as ‘n siel swak is en nie behoorlike bevestig van Jesus gekry het voor hy sy werk begin doen het nie of as daar iets is wat hierdie siel nog nie aan Jesus oorgegee het nie, dan sal hierdie taktiek by uitstek elke slag werk! Selfs al stuur Jesus profete en diensknegte om die siel reg te help deur te bevestig dat hy op die regte pad is, sal daardie persoon teen die werkers van Jesus draai.

Om so iets te beleef maak seer. As mense; dink ons aan die onderbreking, die verlies aan tyd, emosionele pyn, ondankbaarheid en verraad. Jesus dink weer hoe mooi jy vir Hom is en hoe meer en meer jy na Hom begin lyk met elke terugslag.

Julle sien, Jesus kies hierdie mense wat wanorde in ons lewens saai, omdat dit karakter en liefdadigheid bou. Partykeer sien ons dit kom of Jesus wys ons dit, maar Jesus wil hê dat ons met probleme soos die moet werk en hulle nie net moet wegstuur nie.

Maar in die hitte van verwerping, verwarring en ondankbaarheid verloor ons sig met wat Jesus besig is om te doen. Ons het Jesus gevra om ons meer barmhartig en vriendelik te maak, so nou stuur Hy vir ons hierdie toetse. Nou is ons bitter, kla ons oor dit wat verlore gegaan het en is ons kwaad en vol wraak.

Moenie so wees nie! Weet julle hoe baie keer Jesus dieselfde oor ons kon gevoel het, maar Hy het nie? Besef julle nie hoe baie keer ons Jesus in die steek gelaat het nie? Waarom is julle ontstel oor die verlede? Hierdie dinge was gestuur om ons natuur te temper en om ons te toets.

Ons moet eintlik Jesus bedank vir die toetse wat Hy ons pad stuur. Ons moet geensins enige wrok koester nie, want dit laat die vyand toe om ‘n sterk kasteel op te rig wat later baie moeilik gaan wees om af te breek. Dit sal alles wat Jesus so hard aan gewerk het afbreek, daarom moet ons Jesus bedank vir die goeie en die slegte wat gebeur.

Dit is alles sodat ons nederigheid moet leer. Nee, Jesus veroordeel ons nie; Hy leer ons. Dank Jesus vir die pyn wat jy ervaar en leer om te vergewe. Niks is werklik verlore nie, maar baie word geleer deur jou kruis op te neem en Jesus te volg. Maar as jy ‘n bitter saad terughou, sal dit groei en alles wat goed is later uit jou uit wurg. Dis waarom ons moet vergewe en die woede by Jesus se kruis laat, saam met al die ander bitter sade, want dan eers het jy werklik oorwin.

Prys die Naam van Jesus!

image_pdfLaai afimage_printDruk