Jesus kom... Binnekort!

Jesus kom… Binnekort!

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Hierdie is sekerlik die mees interessantste tyd om in te leef; veral as ‘n mens sien hoe Bybelse profesie voor jou oë vervul word!

Ek verwys nou spesifiek na Donald Trump se “Deal of the Centuary Peace Plan”. Ons almal weet ook dat hierdie vredesplan net die voorloper is vir die begin van die Verdrukking en dan Donald Trump nie die een gaan wees wat hierdie vredesplan gaan inisieer nie. Daardie eer gaan op die Antichris/Wêreldleier val om te doen.

Daar kan dus geen twyfel meer wees dat die wegraping van die Bruid van die HERE hier is nie. Ek weet net nie wanneer die dag van die HERE gaan kom nie, maar ek weet dat dit naby is! Dis waarom die prentjie vir vandag se gedeelte ‘n horlosie sonder arms wys; omdat ons die uur nie weet nie.

In Mattheus 24 gee Jesus vir ons ‘n reeks van gebeure wat gaan afspeel net voor Hy Sy Bruid gaan kom haal… “Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.” (Mattheus 24:7) Die skeptiese onder ons sal nou sê dat hierdie dinge al vir dekades al plaasvind wat waar is, maar wie van ons het dit al op ‘n skaal gesien soos wat ons nou sien?

  • Honderde Duisende vlermuise het die Australiese dorpie van Ingham in Queensland beset. Die inwoners vergelyk die gesig met die van ‘n tornado, so baie van die gediertes is daar.
  • Afrika en die Midde Ooste word geteister deur ‘n plaag van 360 biljoen sprinkane. Die aantal sprinkane is so baie, dis moeilik om te beskryf hoe dit lyk!
  • Vier pessiektes is besig om gelyktydig oor Asië te beweeg: Corona Virus, Afrika Vark Griep, H5N1 Voël Griep en H1N1 Vark Griep.
  • Daar is gebiede in Suid Amerika asook ander dele van die wêreld; Afrika en Europa, wat hulle hele jaarlikse reënval in een dag gekry het. Dis verspoelings op ‘n Bybelse skaal soos nog nooit deur die mens aanskou nie… Selfs hier in Pretoria het ons ons jaarlikse reënval in vyf dae gekry! Dis uiters ongewoon!
  • Volgens die USGS (United States Geological Survey) wat aardbewings wêreld wyd monitor, staan die gemiddelde aantal aardbewings tans op ‘n gemiddeld van 300 per dag! Vyf jaar gelede was daardie syfer 47 per dag…
  • Regdeur die wêreld is daar betogings en kom mense in opstand…

Die Sekretaris Generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê dat die Winde van Malligheid besig is om oor die aarde te waai… Ek vir hierdie stelling uiters vreemd, want as die Sekretaris Generaal van die Verenigde Nasies kan sien dat iets nie reg is nie, hoe is dit dat die res van die wêreld so blind geword het?

Tog vertroos Jesus ons met hierdie woorde in Mattheus 24:6 “Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.”

Om te sê dat die koms van die HERE vir die wêreld soos ‘n groot skrik gaan wees hoef ek sekerlik nie vir julle te noem nie, want Jesus sê dat elkeen van ons op daardie dag besig sal wees met ons daaglikse take soos ons dit al lank doen. Mense sal trou, fees vier, vakansie hou… alles sal so normaal wees wanneer Jesus sal kom.

Op hierdie oomblik is daar baie draadsitters; Christene wat net nie kan besluit of hulle die HERE of die wêreld wil volg nie, tog kan ek julle verseker dat daar na die wegraping geen draadsitters meer sal wees nie. Die oorlog van Gog en Magog sal uiteindelik bewys dat God aan die kant van die Israeliete baklei en dat Israel Sy volk is! Die wegraping sal vir miljoene bewys dat daar ‘n God is en dat dit wat in die Bybel staan een honderd persent die waarheid is!

Liewe lesers, ek gaan nie vir julle vra om gereed te maak nie, want ek het my werk gedoen en ek weet dat julle almal gereed is. Die saad wat ek gesaai het deur die Wil van die HERE het nie op slegte grond geval nie! Dus gaan ek afsluit met die vers hier onder.

“Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.” (Mat 24:42)

Prys die Naam van die HERE!