Jesus vermaan oor duisternis en oorlogvoering

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Mag die wysheid en die dapperheid van Jesus met julle wees, liewe lesers. Hierdie tyd wat ons onsself in bevind is nie maklik nie en so ook nie die pad wat ons moet loop nie, maar Jesus bly getrou! Prys Sy Naam!

Ek weet nie of julle agtergekom het nie, maar die geloof landskap het aansienlik verander in die afgelope paar maande. Ons het gegaan van ‘n seisoen waar ons hoopvol op die wegraping en die fees van die Lam gewag het in ‘n donker vyandige landskap waar die vyand met mense se geloof gespeel het, hulle oortuig het dat die wegraping nooit sal plaasvind nie en hulle so mislei. Sommige het hy oortuig dat die wegraping enige oomblik gaan plaasvind en nou sit hulle op die punt van hulle sitplekke en wag. Maak nie saak hoe ons daarna kyk nie, hierdie mense se aandag geheel en al afgelei van wat werklik aangaan.

Somtyds is ek bekommerd oor die boodskappe wat ek bring en dat mense gaan aanstoot neem, maar Jesus sê dat daar seisoene in die geestelike wêreld is net soos daar seisoene op aarde is. Daar is die goeie tye en dan is daar ook die nie goeie tye. Ons is op die oomblik in ‘n oorlog gewikkel en ons almal word aangeval, sommige die hele tyd, maar die HERE gee verligting waar nodig. Alhoewel sommige boodskappe donker is, is dit nodig dat hierdie boodskappe gebring word omdat die oorlewing van siele daarvan afhang asook die vrugte wat daaruit voort gaan kom.

Baie van ons het geen idee waarmee ons te doen het nie en nou is die seisoen vir voorbereiding en versterking sodat julle nie sal ondergaan en dink dat Jesus julle verlaat het nie. Ons is nie almal geroep om bevryding leraars te wees nie, maar ons is almal geroep om ons skoon te hou; onbesmet van hierdie wêreld. So staan dit ook in die boek van Jakobus geskryf.

“Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.” (Jakobus 1:27)

Vir hom wat baie besittings het, beteken dit ook dat hy baie meer werk gaan hê in terme van wasgoed om te was, om op te vou, om te stoor, om plek te vind om dit alles te bêre en om dit in stand te hou. Hierdie is geleenthede wat mens jou betrokkenheid by die wêreld in oënskou moet neem en moet wonder of baie besittings nie dalk besig is om jou van die HERE weg te trek nie, want nou het jy skielik minder tyd om te bid en saam met Jesus te spandeer.

As ons Jesus se leiding om ons naaste lief te hê volg en afskeid neem van hierdie wêreld en sy natuur om altyd meer te wil hê, dan sal ons lewens baie makliker wees en sal ons kan lewe sonder die nodigheid om verlos te word. Jy sal dan nie heeltyd daardie gevoel hê om alleen op ‘n eiland te gaan bly sonder enige iemand naby jou nie. Verstaan julle?

Ongelukkig word Jesus se woorde nie ernstig opgeneem nie. Om die begeertes van die vlees te oorkom is nie maklik nie, want dit word van kindsbeen af in ons ingedring. Jy moet as te ware jouself de-programmeer van die wêreld norm en vir baie is dit net te veel gevra.

Jesus weet dat wat nou gesê word nie op liggend is nie en dat dit ook nie aangenaam is om te hoor nie, maar as ons berou oor ons sonde het en ernstig is oor ‘n verhouding met Hom, sal ons ‘n heilige vrede en ‘n heilige gelukkigheid voel soos wat ons nog nooit ervaar het nie.

Jesus wil baie graag sien dat ons leiding end kry, want ons het almal vir Hom bo die wêreld uitgekies en nou moet die aardse maniere waarmee satan ons so baie vang, uit ons gestelle uitgewerk word. Die liefde van die HERE het nie een jota of titel verander nie; om die waarheid te sê, dit het vermeerder omdat ons bereid is om te verander en bereid is om hard daaraan te werk.

Baie van julle het vir Jesus gevra waarom slegte dinge met julle gebeur. Waarom is daar gesondheid probleme, waarom die ongerief, waarom die emosionele wipplank van op en af. Dis waarom Jesus ons leer omdat Hy net so graag ‘n einde hieraan wil sien as ons. Waarom ons siek word, hoe satan ons harte swart smeer en hoe die planne wat ons maak geblok word; die ware natuur van opposisie in ons lewens.

Jesus leer ons hierdie dinge en Hy leer ons hoe om onsself daarvan te bevry. Hierdie is nie die mooi troos boodskap wat almal verwag het nie, maar dit gaan die perfekte vrugte voortbring wat Jesus so graag in ons lewens wil sien. Dit gaan ook die verhouding wat ons met Jesus het verdiep soos ons onsself losmaak van wêreldse begeertes wat besig is om ons van binne te vernietig. As ons hierdie dinge eers geleer het, gaan ons meer geseën wees. Ons sal meer gewig kan dra sonder om te val en ons sal ook nie so blind vir ons eie foute wees nie.

Baie van julle is hier omdat julle geestelik wil groei. As Jesus die heeltyd vir ons mooi boodskappies bring, dan sal ons nooit leer om dit wat saak maak aan te spreek nie. Ons sal nooit leer hoe om skoon te wees voor ons in die Hemel sal kan gaan woon nie.

Jesus moedig ons nou aan vir die moeilike reis wat voorlê. Jesus lei saam met ons as ons lei, maar Hy wil ons leer om die strik van versoekinge raak te sien vir wat dit is en hoe om dit te vermy. Ons vyand het gekom om dood te maak, te steel en te beroof. Hy wil die verhouding wat jy met Jesus het besmet en versuur. Dis waarom ons moet leer hoe hy werk sodat ons die slaggate kan vermy. As dit gebeur dat jy val, gaan jy leer hoe om daardie val te omskep in ‘n oorwinning en so ook elke terugslag daarna.

Jesus het elkeen van ons oneindig lief en as hierdie nie so belangrik was vir ons geestelike groei nie, sou Hy dit nooit opgebring het nie. Wees asseblief geduldig en eer Jesus deur elke dag van Hom te leer. Kom na Hom toe en vra die Heilige Gees om aan jou uit te wys wat verkeerd is in jou hart. Jy sal dan baie gelukkiger wees.

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 125 times, 1 visits today)