Ek kan dit nie genoeg oorbeklemtoon dat Jesus deur Sy Heilige Gees ‘n pad met elkeen van ons loop nie.
Ek sien dit gereeld in al twee ons Suiderkruis Groepe op Watsapp en Telegram hoe Jesus mense gebruik om ander mense te bereik. Baie keer is die persoon wat die boodskap pos, nie eers bewus van die lewens wat hy of sy so aanraak nie, maar Jesus weet daarvan en jy sal sekerlik jou beloning daarvoor ontvang!
Mense hou daarvan om te dink dat die persoon wat die boodskap bring op een of ander manier ‘n hoër vlak van heiligheid bereik het. Kom ek skok julle so ‘n bietjie… Dis alles behalwe so! Net soos julle is ek ‘n mense vol foute en krake in my lewe en sommer lekker groot krake ook! Dis hoe Jesus se lig in my so lekker kan skyn sodat dit by julle kan uitkom; deur daardie lekker groot krake!
Eendag toe begin ek by Jesus te kla: waarom moet ek altyd die een wees wat skoonmaak waar ander mors? Waarom moet ek die een wees wat altyd loop en optel? Jesus vat my toe na Sy Woord toe en my Bybel slaan oop by Johannes 13 waar Jesus die voete van Sy dissipels gewas het. Ek het onmiddellik so skuldig gevoel… Jesus, die Koning van die Heelal het op Sy knieë gegaan en die werk van ‘n dienskneg gedoen deur die voete van Sy dissipels te was… En hier kla ek oor iets baie minder as dit!
Sien julle hoe die Gees lei? Jesus laat nooit toe dat iets oor jou lewe kom as Hy jou nie klaar daarop voorberei het nie. Alles in die lewe het ‘n doel. Ons is voortdurend besig op voorbereiding om ons plek in die Koningryk van die Hemele eendag te kan volstaan en daardie opleiding is nou reeds aan die gang.
Eendag gaan ons sien waarom al hierdie laste en toetse nodig was, maar tot dan toe moet ons Jesus se Hand in ons s’n vat en Hom absoluut vertrou dat Hy die beste weet. Tot daardie dag toe, sal ons aanhou om die Naam van ons hemelse Vader en ons Here Jesus Christus en, die Heilige Gees van onse Here Jesus Christus te loop, maak nie saak wát nie!
Prys die Naam van Jesus!