Ek kry die laaste ruk gereeld mense wat raad en leiding by my kom soek oor wat om te doen rakende die inenting.
Ongelukkig kan ek niemand help om hierdie keuse te maak nie en kan ek ook nie vir enige iemand raad gee oor wat om te doen nie. Ek mag egter vir julle God se opinie hieroor bekend maak en dit sal ek doen sonder vrees, want as leraar is dit my plig om God meer gehoorsaam te wees as enige menslike wette.
Die eerste profesie rakende die inenting het gekom in 2016. In hierdie profesie het Jesus duidelik gewaarsku dat hierdie inenting nie vir Sy Bruid is nie en dat ons dit nie moet vat nie. Aanvanklik het ek gedink dat hierdie iets is wat in die Verdrukking gaan plaasvind en dat ek my nie daaroor hoef te bekommer nie, maar in 2018 en in 2020 is hierdie waarskuwing weer herhaal. Dit was egter eers in 2020 het ek besef het wat dit was waarvan Jesus gepraat het, want toe was dit besig om te gebeur!
Die vraag of jy die inenting gaan vat, is tussen jou en Jesus en jy gaan self daardie keuse moet maak. Wetlik mag ek niemand beïnvloed om daardie keuse te maak nie, want ek kan in groot moeilikheid beland as ek so iets sou doen. Ek kan jou dus nie enige raad of leiding gee in hierdie verband nie. Al wat ek met sekerheid kan sê is dat as Jesus gesê het “nee”, dan is daar altyd ‘n baie goeie rede daarvoor en om jou eie kop te volg in sulke gevalle is gewoonlik nie ‘n goeie idee nie!
Dis soos om iets in ‘n winkel te steel en dan op heterdaad gevang te word. Jesus sal jou vergewe omdat jy in ‘n oomblik van swakheid geval het, maar jy gaan nog steeds die gevolge van jou dade in die gesig moet staar. In die geval van diefstal, sal jy vergewe word, maar jy sal nog steeds tronk toe gaan omdat jy gesteel het. Ek hoop julle verstaan wat ek bedoel.
Ons almal het die vryheid van keuse om self ons eie keuses te maak, maar dit beteken nie dat ons vry is van die gevolge van daardie keuse nie. Dis belangrik om te onthou in hierdie geval. Jy kan die inenting vat, maar die gevolge van jou keuse, wat dit ook al mag wees, gaan jy self moet dra. Jy kan nie vir Jesus verantwoordelik hou daarvoor nie, want jy het jou eie vryheid van keuse gebruik om daardie keuse te maak.
Daar is mense wat sê dat die wat die inenting vat hulle siele aan satan verkoop en daarom hel toe sal gaan. Daar is ook mense wat sê dat as jy die inenting vat, dan sal jy nie die wegraping mee maak nie. Ek kan nie een van hierdie twee bewerings vir julle bevestig nie, want ek weet glad nie of dit so is of nie.
Elke slag as ek met Jesus oor hierdie kwessie praat, dan word hierdie twee gedeeltes aan my in die Gees gegee.
“Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!” (Mattheus 6:24)
“[37] Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. [38] En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.” (Mattheus 10:37-38)
Julle kan self uitwerk wat hierdie twee verse beteken.
Aan die kansels van ons kerke staan die skif: “God is Liefde” (1 Johannes 4:8), maar wat hierdie vers nie vir ons sê nie is dat God ook ‘n God van regverdigheid is en ‘n God van oordeel. God sal die onskuldige altyd beskerm en dis waarom as iemand gedwing word om iets teen sy wil te doen, dan sal God die onskuldige beskerm en dan verskuif die onus van skuld na die persoon wat die dreigement gemaak het. Let op dat hierdie ‘n baie fyn lyn is om te loop en dat ek persoonlik dit nie sal waag sonder die leiding van die Gees nie.
Die afdwing van die inenting in ons land is ONGRONDWETLIK! Dis teenstrydig met Hoofstuk 2 van die Grondwet van Suid Afrika (Wet 108/1996). Julle kan dit gerus self gaan lees. Geen werkgewer kan jou verplig om enige iets teen jou sin te doen nie en hulle kan jou ook nie hof toe vat daaroor nie. Geen hof in Suid Afrika sal jou teen strydig met die Grondwet skuldig bevind nie. As jy dus gedreig word met hofaksie, sê dan dat hulle hulle beste moet probeer.
Ek gaan afsluit met die volgende skrif gedeelte: “Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.” (1 Johannes 4:6)
Mag die HERE hierdie boodskap seën!