Maak gereed vir jou vertrek

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Vroeër die week het die HERE vir my ‘n reeks van vier drome gegee…

Ek is nie iemand wat drome droom nie. Van tyd tot tyd sal die HERE vir my ‘n droom gee, maar voorvalle soos dit is ver uitmekaar uit en baie min.

Die tema van al vier drome wat dieselfde en dit was mense wat gereed maak om te vertrek. Jy kon die angstigheid in die lug aanvoel omdat hulle so gou as moontlik wou klaarmaak. Mense het hulle besittings in enige iets gepak wat hulle in die hande kon kry; van kratte tot karton bokse. Ek het gestaan en kyk hoe almal rond hardloop om alles so gou as moontlik gepak te kry. In die vierde en laaste droom het daar ‘n man met ‘n rooi bakkie opgedaag om van die goed te begin wegry. Mense het hom gehelp om die bakkie gelaai te kry en dan het vier van die mense op die bakkie gespring om saam te gaan. Terwyl ek my hieraan verwonder het, het ‘n stem vir my hard en duidelik gesê: “Maak gereed vir jou vertrek!”

Ek het wakker geskrik en dadelik vir die HERE gevra of hierdie drome van Hom af kom. Die salwing van die Gees was so intens soos wat ek dit nog nooit gevoel het nie. Dit was my bevestiging dat hierdie droom beslis van die HERE af kom en dis waarom ek dit met julle deel. Niemand van ons weet wanneer die tyd om gaan wees en die Dag van die HERE gaan begin nie, maar ek kan julle die absolute verskering gee dat ons nou in die tyd wat ons nou is die begin van die smarte is. Hierdie dinge wat nou oor die aarde kom is maar net die begin en ons gaan nog baie erger dinge sien gebeur voor ons vertrek! Bly in Jesus sodat niks met julle mag gebeur nie en dan sal daardie dag ons nie soos ‘n dief in die nag oorval nie.

As jy dit nog nie gedoen het nie, gaan sit en skryf ‘n brief aan jou geliefdes wat gaan agterbly en verduidelik aan hulle wat gebeur het. Kyk daarna uit hulle oogpunt: miljoene mense verdwyn en niemand weet wat gebeur het nie. Ek het julle vooruit gegaan, want op my webruimte op die voorblad is daar ‘n gedeelte oor die “Suiderkruis USB Stokkie”. Dis ‘n reeks inligting wat ek saamgestel het vir die wat gaan agterbly. Ek het groot gedeeltes daarvan gedruk en ingesluit by my brief wat met my aardse besittings moet gebeur na my vertrek. My testament is ook hierby ingesluit. Ek het vir my ‘n plastiek dokument houer gekoop om alles in te sit en ek het dit in my boekrak gebêre wat maklik is om te vind.

Ek weet dat afskeid nie maklik is nie. Ek sit met ‘n skoonfamilie vir wie ek baie lief is, want nie wil luister nie. Tussen my en my vrou het ons al verskeie kere probeer om hulle te oortuig, maar niks wil werk nie. Ek kry hulle so jammer, want ek weet dat dit wat binnekort oor hierdie aarde gaan kom, geen grap gaan wees nie en dit pla my vreeslik baie; so baie dat ek al verskeie kere met die HERE daaroor gaan praat het.

Vanoggend toe gee die HERE vir my hierdie vertroostende boodskap soos net ons Jesus kan en ek gaan; Prys Sy Naam! “Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.” (1 Johannes 4:6)

Is Jesus nie wonderlik nie? Net wat ek nodig gehad het op die regte tyd! Prys Jesus se Wonderlike Naam!

Ek weet dat hierdie vers gedeelte vir baie van julle ook vertroosting gaan bring net soos dit vir my gebring het. Jesus sal vir die wat agterbly sorg, want baie gaan sien dat alles waaroor ons gepraat het, die waarheid was en baie gaan hulle bekeer van hulle verkeerde weë gebaseer op die leefstyl wat ons in Jesus gevolg het.

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

image_pdfLaai afimage_printDruk