Maak gereed vir jou vertrek

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ons almal behoort ‘n draai voor God se spieël te maak om vergifnis te vra vir dit wat ons verkeerd sien in die spieël.

‘n Heilige leefstyl is vir die HERE uiters belangrik. Hy sê tog immers in Levitikus 11:44 “Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig;”, maar baie van ons tekortkominge gaan oorgesien word deur Jesus se genade op pad Hemel toe. Nogtans is dit baie belangrik dat ons tyd met die Heilige Gees spandeer en vra om dit wat nie reg in ons lewens is nie, uit te wys. Die laaste ding wat enige van ons wil hê is om in die Hemel te kom en dan uit te vind dat ons bruilofskleed vol vuil kolle, vlekke en kreukels is, want hierdie is dinge wat ons nou kan regstel.

Sondes gaan op ons Bruilofskleed uitwys op een van drie maniere: Vuil Kolle. Vlekke en Kreukels.

‘n Vuil kol is iets wat jy toelaat om jou te skend, iets wat jy na gekyk het, maar nie moes gesien het nie of iets wat jy gesê het wat jy nie moes gesê het nie.

‘n Vlek is ‘n aanduiding dat die gees innerlike besoedel is. Dit gebeur omdat iets nie reg is binne in ons nie. Dit kan wees dat jy besmet is met selfsug, vrees, vergelding of selfs bitterheid.

Kreukels vorm as gevolg van ‘n lang staande gewoonte om te sondig. Gewoonte sonde is sonde wat mens uit gewoonte doen terwyl jy weet dat dit verkeerd is.

Onthou, liewe leser, Jesus ken ons en Hy weet reeds van elke tekortkoming wat ons het. Dis dus nie moontlik om enige iets weg te steek nie en daar is geen rede om skaam of selfbewus te wees nie! Al wat Jesus van ons verlang is om berou te toon en om vergifnis te vra. Dan moet ons onderneem om dit nie weer te doen nie en bid vir die genade om te voorkom dat ons dieselfde sonde herhaal. Jesus weet ons is nie perfek nie, maar omdat ons aanhoudend berou toon en vergifnis vra vir ons oortredinge, sal Jesus ons vergewe en sal Hy aanhou om genade uit te stort sodat ons later ons swakhede kan oorkom. Ons hoef nie perfek te wees nie, maar ons moet perfek berouvol wees.

Ek gaan ‘n paar goed hier onder noem wat groot vuil kolle, vlekke en kreukels in enige een se Bruilofskleed kan maak.

Bitterheid. Dis vir Jesus uiters belangrik is dat ons die wat een ons oortree moet vergewe! Wat ons gaan help om ander te vergewe is om te weet dat Jesus toegelaat het dat dit gebeur. Jesus laat toe dat mense ons seermaak om ons weer op die regte pad te bring. Dus kan ons Jesus blameer vir die mense wat ons te nagekom het! As jy dus die wat jou te nagekom het vergewe, vergewe eers die persoon en laastens jouself. Vra dan Jesus om daardie wortel van bitterheid wat jy in jou ronddra, uit te haal. Ja, daar is ‘n wortel van bitterheid in elkeen van ons. Hoever dit groei hang af van hoeveel water ons dit gegee! Dis ons werk om dit te identifiseer, te verwerp en te bid dat Jesus dit verwyder, dan sal Jesus getrou wees om dit geheel en al te verwyder.

Selfsug. Selfsug is wanneer jy iets vir iemand kon gedoen het, maar dit nie gedoen het nie; heel moontlik omdat jy nie lus was om dit te doen nie. Die vyand weet baie keer voor die tyd wat gaan gebeur. Dat jy iemand gaan help wat hulp nodig het of skouers gaan vryf met iemand wat werklik in die nood is. Dan kom hy en druk al die regte knoppies sodat jy kwaad word en dan nie die goeie daad doen wat jy sou gedoen het nie. Dit gebeur so baie. As dit met jou gebeur, gaan soek die “waarom” en jy sal vind dat dit ‘n aanslag van die vyand was.

Hoogmoed. Hoogmoed is ‘n gruwel in die oë van Jesus. Hoogmoed neem verskillende vorme aan maar die mees algemene vorm daarvan is die idee dat ons beter as ander is. Hoogmoed lei tot trots, wat weer lei tot self-geregtigheid en dis waarom hoogmoed die wortel van alle euwel is.

Selfsug. Selfsug of self – wil, maak dat jy alewig jou eie paadjie wil loop sonder die Wil van die HERE. As Kinders van God is ons een moet Hom en moet ons Hom ken in al ons weë. Nie dat Jesus jou wil weerhou van enige iets nie; Hy wil maar net seker maak dat jy nie jou hand per ongeluk in ‘n byenes steek nie en Hy wil jou beskerm van die gevolge van keuses soos dit omdat Hy jou oneindig baie lief het! Onthou dat Jesus die gevare van die lewe ken en Hy ken ook die lustigheid van satan en Hy wil jou beskerm teen die gevolge van slegte besluite wat jou vir jare daarna nog kan affekteer. Maak dus seker dat jy vir Jesus ken is al jou weë en so sal jy elke slaggat wat satan vir jou stel oorkom!

Hier is ‘n lysie wat jy kan gebruik om jou vordering dop te hou. Hierdie is die dinge wat van ontslae geraak moet word.

  • Vrees
  • Trots
  • Jaloesie
  • Woede
  • Selfsug
  • Gierigheid
  • Suinigheid

Onthou, Jesus wys nie hierdie dinge uit om ons te ontmoedig of om ons seer te maak nie, maar eerder sodat ons met skoon trouklere voor Hom kan staan. Sonde is VUIL en sonde wat nie vergewe word nie, hou aan om VUIL te wees! Sonde wat vergewe is, bestaan nie meer nie, want dit word uitgekanselleer. Jesus wil al Sy kinders voor Hom sien met uit gekanselleerde sondes; met betaal strokies in hulle hande wat sê: “Ten Volle Betaal!”

Prys die Wonderlike Naam van Jesus!

(Visited 230 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , , , .