Moenie bang word nie

Jesus het weer vir my dieselfde boodskap as ‘n paar weke gelede gegee om vir julle te bring, maar die keer uit ‘n ander gedeelte van die Bybel.

Jesus weet maar net te goed dat mense nou in ‘n tyd van verskrikking leef. Besighede begin nou almal die “V” afdwing, werknemers kry vorms om in te vul waarom hulle weier en die dreigement dat jy jou werk kan verloor is in die lug… Hierdie is alles warm lug uit ‘n oond uit; warm nou, net nou yskoud! Hulle wil hê jy moet bang word en val daarvoor, maar die wet is nog steeds aan jou, die werknemer se kant; nie die werkgewer se kant nie.

Afdank kan hulle jou nie, want dan het jy ‘n saak van onregmatige afdanking. Diskrimineer teen jou kan hulle ook nie, want dan het jy ‘n saak van diskriminasie om te wen. Forseer kan hulle ook nie, want dis teen die Grondwet van Suid Afrika en daarom ongrondwetlik! Hulle kan vereis dat jy maandelikse toetse ondergaan, maar dan moet die werkgewer daarvoor betaal en nie die werknemer nie en dis die wet! Hierdie inligting kom van ‘n prokureur af wat spesialiseer in hierdie dinge. Die werkgewers weet hierdie dinge, maar hulle maak staat op jou onkunde om te kry wat hulle wil en dis onregverdig!

Dis waarom Jesus vir my 2 Tessalonisense 2 gegee het om vir julle te bring, want in die Kerk van Thessaloníka van die tyd wat daar ook sulke onsekerheid soos wat daar vandag in die harte van die Kinders van God is. Hierdie onsekerheid ontstel die Gees van God, liewe Kinders! Jesus het so ‘n ruk gelede in ‘n profesie gesê dat niemand hulle werk gaan verloor nie en dit is hoe dit gaan wees! Jy kan maar bank daarop, want Jesus se woorde is GOUD werd!

In die sendbrief wat Paulus aan die gemeente gestuur het, sê hy dan uitdruklik “om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie”. (2 Tessalonisense 2:2) In vers drie gaan Paulus voort: “Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word.” Met ander woorde, hierdie dinge moet gebeur sodat die wat verlore gaan omdat hulle die liefde tot die waarheid nie wou aanvaar nie, geopenbaar kan word. Verstaan julle?

Dis waarom God die krag van die leuen aan hierdie wêreld gestuur het sodat hulle die leuen moet glo en daardeur geoordeel kan word omdat die ongeregtigheid lief gehad het en die waarheid nie wou glo nie! (2 Tessalonisense 2:11-12)

Hierdie pandemie is niks anders as ‘n oordeel van God oor ‘n wêreld wat weier om Hom te erken nie. Volgens Romeine 8:1 is daar vir ons wat in Christus Jesus wandel, geen veroordeling nie en kom God se oordeel ons nie toe nie. Ons hoef die oordeel van ons Vader daarom nie te vrees nie en soos Jesus in Sy Woord vir ons gesê het, is ons baie meer werd as baie mossies. Niks sal met ons gebeur sonder die Wil van die Vader nie! Nie eers ‘n enkele haar sal van ons hoofde af val sonder die Wil van God die Vader nie! So, waarom bekommer jy jou?

As jy die Heerser van die Heelal aan jou kant het; waarom is jy bekommerd? Het Jesus dan nie gesê Hy sal vir ons sorg nie? Al wat jy met jou bekommernisse regkry is om die Gees van God wat in jou woon te ontstel. Hou op daarmee!

Soos ek al baie vir julle gesê het: satan is soos ‘n hond aan ‘n ketting. Hy kan net blaf, maar hy het geen mag oor jou nie, behalwe wat jy vir hom gee nie. Hou op om vir satan mag oor jou lewe te gee! Jy is ‘n Kind van God! ‘n Prins/Prinses van die Heelal en baie, ek herhaal, BAIE meer werd as wat satan vir jou vertel. Jesus het Sy lewe aan ‘n houtkruis gegee vir jou! Moet dus nie jouself onderskat nie!

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

(Visited 81 times, 1 visits today)
Tagged , , , , .