1

Na wie luister jy?

Ons almal ken die verhaal van Adam en Eva in die tuin van Eden. Nadat hulle van die boom geëet het waarvan God hulle beveel het om nie te eet nie, het hulle verstand oopgegaan en het hulle vir God weggekruip. In Genesis 3:11 sê God aan die mens: “Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is?”

Liewe leser, na wie luister u? Wie het u vertel dat u nie genoeg het nie, of gesê dat u beperkte vermoëns het? Wie het gesê dat u tevrede moet wees met die krummels en geen reg het om ryk te wees nie? Wie het gesê dat u een of ander terminale skiete moet kry omdat dit in u familie is? Wie het u oortuig dat hierdie siektes ongeneeslik is en dat u geen beheer daaroor het nie? Van watter boom het u geëet?

Die oomblik toe Adam sy ore uitleen, kom hy agter dat hy naak is en het sy naaktheid vir hom ‘n verleentheid geword. Hy het dadelik minderwaardig gevoel en vrees het hom beetgepak. Niks het aan sy voorkoms verander nie, want hy was nog altyd naak en dit was nog nooit ‘n probleem vir hom gewees nie. Wat wel verander het was sy opinie oor homself. Skielik het hy anders oor homself begin dink en dit het sy ware identiteit onmiddellik verdraai.

Hoe baie gebeur dit nie met ons nie? Ons luister mos graag wat mense se en dink! Kom ek vertel vir julle ‘n storie. Ek is lief vir stories, want ‘n mens leer so baie daaruit!

Daar was ‘n ou man met ‘n jong seun wat langs ‘n pad afgeloop het met ‘n donkie in aan ‘n tou. Hulle het by ‘n groep mense verbygestap toe die mense opmerk dat hulle dom is en dat een van hulle eerder op die donkie moet ry. Die ou man net gedink oor wat die mense gesê het en sy seun op die rug van die donkie getel. ‘n Ent verder het hulle by nog mense verbygegaan. Hierdie mense het die seun uitgetrap omdat hy geen maniere het nie en omdat hy op die donkie gery het terwyl sy gryse ou vader moes loop! Die ou man het gedink oor wat hulle gesê het en toe besluit dat hy plekke moet ruil met die seun. Nog ‘n ent verder gaan hulle by nog ‘n paar mense verby. Ook hierdie mense was briesend omdat die ou man sy seun mishandel deur hom te laat loop terwyl hy self op die donkie ry. Weereens het die ou man gedink oor wat gesê was en besluit dat hulle al twee op die donkie sal ry. Nog ‘n ent verder ontmoet hulle nog mense wat baie kwaad is omdat hulle die arme donkie so mishandel deur al twéé op hom te ry. Die ou man besluit toe dat hy en die seun eerder sal loop met die donkie aan tou!

Sien u wat ek bedoel? Ons luister na almal, behalwe na God en dit is tog die Een wat saak maak! Dalk moet u vandag ‘n doelbewuste keuse maak om nie u ore uit te leen aan wat ander te sê het nie. U weet mos tot waarna toe u in staat is en u weet wat die Here van u dank. Wees net dit en niks minder nie!

Kyk jouself in die oë en sê hardop:

  • “Ek eet slegs van die boom van die Lewe!”
  • “Ek glo wat God van my sê en is dit elke dag!”
  • “Ek is goed genoeg en tot alles in staat!”
  • “Christus het my beklee, ek is vlekkeloos voor God!”

Kom ons kyk of u met hierdie kennis nie ook u lewe kan verander nie!

Mag die Here hierdie boodskap seën!