Ons gaan huis toe; almal van ons!

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

HERE, mag die dag wat U gaan kom om ons te kom haal spoedig aanbreek, maar nie volgens ons wil nie, maar deur die wil van die Vader.

Liewe lesers; groot dinge is besig om in die wêreld te gebeur. Ek weet dat baie van julle nie toegang het tot Internasionale Nuus nie en ek weet ook dat die nuus wat ons hier in Suid Afrika sien nie eers naastenby alles dek wat besig is om oorsee te gebeur nie. Ten spyte daarvan wil ek hê dat julle moet weet dat ons tyd nou baie min is.

‘n Tyd wat verby is, was daar verskeie profesieë oor wat gaan gebeur net voor Jesus se koms. Een daarvan het hierdie week ‘n waarheid geword en dit was die afsterwe van die Koningin van Brittanje. Ons is nou verby die punt waar ‘n omdraai nog moontlik was en die Verdrukking uitgestel kon geword het. Van nou af is daar net een pad en dis vorentoe!

In nog ‘n profesie was daar bekend gemaak dat as die ooreenkoms begin skipbreuk ly, dan moet ons begin opkyk. Amerika is besig om met Iran te onderhandel om die prys van olie af te bring. Die Israeliete is hewig gekant teen hierdie ooreenkoms, want volgens hulle is dit ‘n ooreenkoms van leuens omdat die Irakese hulle deel van die ooreenkoms nie gaan na te kom nie. Amerika het aangebied om alle sanksies teen Iran op te skort vir vyf jaar, maar die Irakese sê dat dit nie goed genoeg is nie. Hulle wil die sanksies geheel en al opgeskort hê. Op die oomblik is hierdie ooreenkoms op ys, want Iran is besig om Amerikaanse troepe in Sirië aan te val. Dis op hierdie oomblik onwaarskynlik dat daar binnekort met hierdie ooreenkoms voortgegaan gaan word, maar die ooreenkoms is nog op die tafel.

Die pous van die Rooms Katolieke Kerk het beveel dat alle Rooms Katolieke Instansies al hulle fondse oorplaas van die Vatikaan Bank voor die 30ste September 2022. Ek weet dat sommige van julle wonder wat die doel hiermee is. Die vermoede is dat die vondse in die Vatikaan Bank beskerm gaan word as daar oorgeskakel word na die Een Wêreld Geldstelsel na die Derde Wêreld Oorlog. Dis duidelik dat die Pous weet dat iets binnekort gaan gebeur en dis waarom die datum so prominent vasgestel is.

Soos julle kan sien is dit nou net ‘n kwessie van tyd! Ons weet dat daar ‘n Derde Wêreld Oorlog moet kom en ons weet ook dat dit gaan begin op manier wat niemand dit gesien kom het nie. Ons weet uit Profetiese Woord dat hierdie oorlog die ergste gaan wees wat die mens nog ooit aanskou het; selfs erger as die Eerste en die Tweede Wêreld Oorloë saam! Ons weet ook dat Jesus gaan kom om Sy Kudde te kom haal die oomblik wat hierdie oorlog uitbreek. Daarom is daar geen rede vir ons om te vrees nie.

Tot daardie tyd aanbreek moet ons mekaar aanmoedig en nooit ophou bid nie. Jesus gaan Sy Kudde kom haal; almal van ons! Daarvan kan jy seker wees! Dit gaan binnekort gebeur en daar is geen uitstel meer nie. Wees daarom verheug, want die Koning gaan kom!

Mag die HERE hierdie boodskap aan harte seën!

(Visited 247 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , .