Oorloë en gerugte van oorloë

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
Print Friendly, PDF & Email

Hierdie afgelope week het daar verbasende dinge in Taiwan gebeur en ek dink dit Jesus hierdie dinge toelaat as ‘n les vir ons.

Die hele storie het etlike weke gelede al begin toe dit duidelik geword het dat die spreker van die Amerikaanse Kongres Nancy Pelosi ‘n besoek wou bring aan verskeie Asië lande, insluitende Taiwan. Die Chinese was glad nie ingenome met die idee van ‘n besoek aan Taiwan nie, want hulle reken dat Taiwan Chinese grond gebied is en dat enige staat besoek aan China gebring moet word en nie Taiwan nie. Die Chinese regering wou weet waarom die Amerikaners hulle tart. Die besoek aan Taiwan is toe baie vinnig afgestel.

Omdat China Taiwan sien as hulle grondgebied, word ‘n besoek soos dit gesien as ‘n erkenning van Taiwan se bestaansreg as ‘n land op sy eie en ook dat China geen reg het om Taiwan te annekseer nie. Taiwan mag miskien hulle eie vlag, weermag en president hê, maar die grond gebied behoort al van die begin af aan China en as Taiwan onafhanklik moet word, dan gaan dit beteken dat die Chinese grond gaan verloor en dis waarom hulle so kwaad is oor ‘n besoek soos dit.

China het as voorbereiding begin om groot hoeveelhede soldate, tenks en voertuie te versamel in die Fujian Area wat die mees suidelikste gedeelte van China is en ook die naaste aan die Taiwannese kus. China het aangekondig dat hulle met ‘n grootskaalse militêre oefening gaan begin in die Suid Oos Chinese See. Rusland en Pakistan het hulle aan die kant van China geskaar en verklaar dat hulle China se eis op Taiwan ondersteun as Chinese grond gebeid.

Dinsdag het Nancy Pelosi se vliegtuig vertrek en in die lug is daar besluit dat die vliegtuig wel Taiwan gaan besoek. Taiwan het hulle weermag op die hoogste gereedheid grondslag gekry en hulle het die publieke bom skuilings oopgemaak in afwagting vir die ergste. Die Chinese het die lugruim oor Taiwan gesluit, maar dit het nie die gewenste uitwerking gehad nie. Nancy Pelosi se vliegtuig het om 16h00 Suid Afrika Tyd op die internasionale lughawe in Taiwan geland.

Die Chinese het onmiddellik die Taiwannese President na Beijing ontbied om te kom verduidelik. Hulle het ook sewe gebiede in die see om Taiwan afgebaken en begin om missiele en artillerie af te vuur in hierdie areas in. Van hierdie areas is aan die anderkant van die Taiwannese eiland en daar kon gesien word hoe die missiele deur die lug oor Taiwan trek.

Nancy Pelosi het die volgende dag vertrek en President Biden het in ‘n verklaring aangekondig dat Amerika China se eis op Taiwan erken as Chinese grondgebied. Verder erken Amerika dat Taiwan nie ‘n land op sy eie is nie en dat die Chinese die finale sê het oor wat in Taiwan gebeur.

Op die oomblik is die situasie uiters plofbaar en daar word verwag dat China Taiwan binnekort gaan inkorporeer onder die Chinese vlag om vir eens en vir altyd enige twyfel uit te skakel aan wie die eiland behoort.

Waarom vertel ek julle dit alles? Omdat dit ‘n presiese waar wording is van Jesus se woorde in Mattheus 24:6 “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.”

In 1968 het ‘n 90 jarige ou dame van Noorweë ‘n visioen gehad het oor wat met die wêreld sal gebeur net voor Jesus gaan kom vir Sy Bruid. Alles wat sy gesien het, het waar geword, behalwe vir die gedeelte waar Jesus kom en wat onmiddellik daarna gebeur. Ek het hierdie profesie in 2012 vir die eerste keer gesien. Op daardie stadium was net ‘n gedeelte daarvan waar, maar alles het intussen in vervulling gekom, tot waar Jesus moet kom. Daar is by my geen twyfel oor wat hierdie vrou gesien het en dat dit die waarheid is nie!

Volgend die profesie gaan die Derde Wêreld Oorlog begin op ‘n manier wat niemand dit gaan sien kom nie. Sy het ook gesê dat dit ‘n kort maar verskriklike oorlog gaan wees soos wat die wêreld nog nooit gesien het nie. Al die oorloë wat die mense tot nou toe beleef het, insluitende die vorige twee Wêreld Oorloë gaan kinderspeletjies wees teen die een. Sy het ook gesê dat Jesus gaan kom vir Sy Bruid in die middel van hierdie kort oorlog.

Alles wat ons nou sien gebeur is net die begin. Hierdie is ‘n waarskuwing om gereed te wees, want die tyd is amper om! As jy nog nie gered is nie of heiligmaking nastreef nie, dan is dit nou die tyd om dadelik daaraan aandag te gee voor dit te laat gaan wees.

Ons word al vir baie lank gewaarsku… Sommige het al begin wonder waar die belofte van Jesus se herkoms dan is, net soos die Bybel voorspel het. Sommige spot daarmee dat dit nooit sal gebeur nie… Wil u daardie kans vat?

Liewe leser, kry jou saak met God reg of maak gereed om dit wat daarna gaan kom in die gesig te staar. Dis die twee keuses wat voor ons elkeen se deur gelê word om te maak. Kies, maar kies met wysheid.

Mag die HERE hierdie boodskap aan harte seën!

(Visited 142 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , .