Paas Boodskap 2021

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Soms staan ek verbaas as ek sien hoe vinnig ‘n jaar kan omgaan en hier staan ons weer met Paas Naweek voor ons deure…

“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” (Johannes 1:1-5)

Terwyl die wêreld mal raak met vakansie planne en geld gespandeer word asof dit water is, moet ons onthou waarom daar ‘n Paas Gety is en wat die betekenis daarvan is vir elke Kind van God! Hierdie is die tyd wat God Sy enig gebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige Lewe kan hê! (Johannes 3:16) Prys Sy Naam!

Want Jesus het na die wêreld gekom nie om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. Dis waarom hy wat glo nie veroordeel word nie, maar hy wat nie glo nie is reeds veroordeel omdat hy nie in die Naam van die eniggebore Seun van God geglo het nie. (Johannes 3:17-18)

Jesus het Sy lewe gegee sodat ons gered kan word. ‘n Groter geskenk as dit kan niemand gee nie. Prys Sy Naam! Daarom, liewe leser, as jy daardie geskenk nog nie aanvaar het nie, dan is die tyd nou daar. Glo my as ek sê, dat dit die beste besluit gaan wees wat jy nog ooit gemaak het!

As jy nou gereed is om jou hart aan Jesus te gee, dan wil ek hê dat jy hierdie gebed saam met my moet doen en dit uit jou hart uit bedoel. As jy dit doen, SAL jy gered wees en SAL jy Hemel toe gaan as jy sterf. Daaroor hoe jy nooit te twyfel nie! Prys die Naam van Jesus!

Jesus, ek is ‘n sondige mens en ek doen die hele tyd die verkeerde goed, maar vandag wil ek voor U kniel my God en ek wil vra dat U my sal vergewe. Ek het diep berou oor al die verkeerde goed wat ek gedoen het en selfs al kan ek nie alles onthou nie of al voel ek skaam om dit op te noem, HERE, weet ek dat U my nou vergewe daarvoor en my wit was in U bloed. Ek wil vra Jesus dat U my sal help om op die reguit pad te bly. Ek weet dat dit nie maklik gaan wees nie, HERE, maar ek weet dat U saam met my daardie pad gaan stap en dat ek nooit ooit meer alleen sal wees nie. Dankie HERE dat U aan die kruis gesterf het vir my. ‘n Groter geskenk as dit kon ek sekerlik nooit gekry het nie. Dankie ook Jesus dat U my vergewe het en dat ek nou vir seker weet dat my Naam in die Boek van die Lewe geskryf staan. Prys die Naam van die HERE!

Welkom geredde van die HERE! Weet dat as U hierdie gebed bedoel het uit u hart uit, dat u die dag as Jesus kom om ons te kom haal, saam met Hom op Sy Heilige berg sal staan! Prys Sy Naam!

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

(Visited 203 times, 1 visits today)
Tagged , , .