Pasop dat niemand julle mislei nie

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
Print Friendly, PDF & Email

Satan is soos ‘n brullende leeu en hy soek wie hy kan verslind! Bid dat julle nie in een van sy baie lokvalle beland nie!

Iemand het vir my ‘n YouTube video gewys van ‘n vrou wat sê dat sy ‘n ontmoeting met Jesus gehad het en dat Jesus vir haar gesê het dat die wegraping op Maandag, die 22ste Mei 2023 sou plaasgevind het. Volgens haar het sy die boodskap op die 19de ontvang, maar meer verbasend is dat hierdie datum is deur vele in die kommentaar van die video bevestig is! Mense wat daaroor gebid het en toe dieselfde datum ontvang het!

Ek wou eers nie oor hieroor skryf nie, want ek weet hoe mense kan oordeel. Hierdie is die tipe goed wat jy vir jouself hou en nie bekend maak nie, maar Jesus het vanoggend uit Sy Woord uit vir my gewys dat dit nodig is om juis hieroor te skryf.

Ons almal ken Jesus se woorde in Mattheus 24:36 “Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.”

Jesus was baie ernstig toe Hy bogenoemde gesê het, want tot Hy self weet nie wanneer die wegraping gaan wees nie. Om dus te sê dat Jesus vir jou gesê het watter dag die wegraping sou plaasvind is ‘n leuen. Ons almal weet ook dat Jesus nie ‘n mens is wat kan lieg nie, so as dit dan nie Hy was wat hierdie boodskap vir hierdie vrou gegee het nie, wie was dit dan?

Ons antwoord staan in 2 Korintiërs 11:14-15 [14]  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. [15]  Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.”

Dis satan of een van sy dienaars wat homself voorgedoen het as ‘n en engel van die lig en vir hierdie arme vrou gelieg het! Ek veroordeel hierdie arme vrou glad nie, want net iemand wat baie sterk in die Gees, sal deur hierdie misleiding gesien het. Dit kon met enige een van ons gebeur het! Meer erger is die kommentare op die video… Dis verbasend hoe baie mense die boodskap bevestig as waar! Mense wat gebid het daaroor en toe bevestiging gekry het!

Jesus het ons in Mattheus 24:4 hieroor gewaarsku en gesê dat ons moet oppas dat niemand ons mislei nie, so wees versigtig liewe Kind van die HERE. Leer vir Jesus ken en lees Sy Woord! Dis hoe jy waarheid van fiksie onderskei! Satan sal dan geen mag oor jou hê nie, want jy sal deur sy leuens sien! Prys die Heilige Naam van die HERE!

Ek oordeel hierdie vrou glad nie. Niemand het die reg om dit te doen nie! Dis die boodskap wat Jesus van oggend vir my gegee het in Galasiërs 6:1-5 [1]  Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. [2]  Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. [3]  Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself. [4]  Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander betref nie. [5]  Want elkeen sal sy eie pak dra.”

Ons sal elkeen ons eie las dra en verantwoording doen vir ons eie dade. Jy wat oordeel sal geoordeel word volgens die oordeel wat jy self uitgespreek het! Moet dus nie oordeel nie!

Julle weet, hierdie laat my dink net hoe versigtig ons moet wees. Satan is slinks en hy ontsien niemand nie, nie eers die bloedgewastes van God nie! Bid elke dag dat die HERE jou moet beskerm teen die bose soos daar in die Onse Vader geskryf staan. Dis jou beste verdediging teen satan daardie!

Mag die HERE hierdie boodskap aan julle harte seën!

(Visited 241 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .