Suiderkruis USB Stokkie

suiderkruis-usb2

OPGEDATEER: 2018-07-23

Ek hoef seker vir niemand te sê dat ons in die laaste van dae lewe nie, want ek dink julle almal weet dit! Die wegraping van die Christene is baie naby en ons hoef maar net na die Bybel te gaan vir bevestiging!

Dis omdat ek weet die tyd naby is, dat ek ‘n ZIP leer met inligting saamgestel wat op 'n USB stokkie gelaai kan word. Ek sal voorstel dat hierdie data uit die ZIP file uitgekopieer word direk op 'n USB stokkie wat groot genoeg is. Die data is net 20Mb in totaal, dus kan u 'n kleinerige USB stokkie aanskaf en die data daarop kopieer.

Die inligting bestaan hoofsaaklik uit dokumente uit. ‘n USB stokkie wat nodig is om die data te bêre gaan so om en by ‘n R100 kos om te koop as jy nie ‘m spaar een het nie. Die knoppie om hierdie lêer met inligting af te laai is onder aan hierdie boodskap.

Binne in die ZIP lêer gaan julle drie gids lêers kry: AgterblyBoodskap, Boeke en Bybel-Afrikaans.

Die AgterblyBoodskap gids bevat ‘n reeks dokumente vir die wat gaan agterbly met die wegraping. Dit sal hulle help om sin te maak van alles. Dit sal goed wees as julle al die artikels in hierdie gids druk en dit saam met die USB stokkie bere. Julle moet in ag neem dat die krag dalk onderbreek kan word en dan gaan die papier gedrukte inligting hulle enigste bron van inligting wees totdat die krag toevoer herstel is. ‘n Persoonlike brief van die een wat die inligting los sal net so handig wees. As u ‘n testament het sal dit goed wees om dit ook in te sluit met hierdie gedrukte inligting en u brief.

Die Boeke gids bevat boeke met artikels wat op die Suider Kruis webruimte gepubliseer is. Hierdie boeke sal die wat agterbly help om die HERE te vind en as Verlosser te aanvaar.

Die Bybel-Afrikaans gids is ‘n Bybel wat met ‘n Internet Browser oopgemaak kan word. Bybels in die verdrukking gaan baie skaars word omdat baie deur die Antichris se magte vernietig gaan word. Om ‘n Bybel op die manier beskikbaar te hê gaan dus van onskatbare waarde wees.

As julle iets wil agter los wat van waarde gaan wees, dan is ‘n USB stokkie soos die perfekte manier. Ek sal voorstel dat julle hierdie USB stokkie met die gedrukte inligting in ‘n koevert bere en los waar dit maklik gevind kan word.

Mag die HERE julle seën!

Kliek om af te laai.

51 Downloads