Ek let ‘n baie interessante ding op in die twee Suiderkruis Groepe op Watsapp en Telegram en dit is hoe die temas van die boodskappe ooreenstem met dit wat Jesus deur die Gees aan ons bekend maak!
Dis wonderlik om te sien hoe die Gees deur die Suiderkruis kanaal vloei soos ‘n rivier in vloed! Jesus het baie jare gelede vir my gewys wat met Suiderkruis gaan gebeur en vandag sien ek dit waar word! Jesus is ‘n waarmaker van Sy Woord! Prys Sy Naam!
Die tema van al die boodskappe is een van geloof, uithou en vashou wat jy het. Vertrou op die HERE en kyk wat Hy gaan doen. Ons word op die oomblik getoets, maar die doel is nie om te kyk hoe lank jy gaan hou voor jy breek nie. Die doel is om jou te verfyn soos fyn goud.
Baie van julle gaan gevra word om groot keuses rakende julle beroepe vir Jesus te maak. Dit gaan geensins maklik wees nie, maar ek wil hê dat julle moet weet dat Jesus altyd in beheer is, selfs al kan jy nie sien waarheen die pad gaan nie. Vertrou op Jesus met alles wat jy het ek kyk waarheen Hy jou gaan vat.
Nou gaan ek met julle ‘n getuienis deel. In Oktober 2005 is my droom verwesenlik en het ek na jare van harde werk ‘n offisier in die SA Polisie geword. Dit was die mees wonderlikste dag van my lewe! Die lewe kon nie beter gewees het nie! Op daardie stadium van my lewe was ek baie ver van Jesus af gewees. Ek was bekeer en gedoop, maar my pad en Jesus se pad was nie dieselfde nie.
Ek was verplaas na ‘n stasie in die omgewring van die Kaapstad Lughawe. Ek gaan nie die naam van die stasie noem nie. Vir die eerste maand het dinge net reg gegaan, maar toe begin ek en die stasie bevelvoerder van menings verskil. Hy wou gehad het dat ek deel word van hulle korrupsie bende en ek kon dit nie doen nie. Nodeloos om te sê het dinge van daardie punt af baie sleg met my begin gaan. Ek gaan nie al die detail hier noem nie, maar in Januarie 2006 moes ek ‘n keuse maak oor my toekoms in die polisie.
Dit was die moeilikste keuse wat ek nog nooit gemaak het, want ek mos kies tussen ‘n beroep met ‘n goeie maandelikse inkomste teenoor een waar ek vi myself werk met ‘n baie onsekere inkomste. Dis waar my en Jesus se paaie weer bymekaar aangesluit het. Ek het die klippe van my gebed altaar gaan optel en saam met Jesus het ek dit weer begin bou soos dit baie jare gelede gelyk het. Ek het nie geweet of die keuse wat ek gemaak het die regte een was nie. Dit het net reg gevoel. Ek het alles wat ek gehad het op Jesus gesit om te wen en wen het ek!
Dis nou presies 17 jaar gelede. ‘n Maklike pad was dit nie, maar niks wat ooit die moeite werd is, is ooit maklik nie. Daar was dae wat ek my dood bekommer het oor jy finansies. Hierdie is bekommernisse wat ek nooit in die polisie sou gehad het nie, maar deur alles heen het Jesus gesorg! Mattheus 6:25-34 het deur die jare vir my ‘n spesiale betekenis gekry. Dis die gedeelte oor bekommernisse en Jesus wat vir Sy Kinders sal sorg. Ek kan vandag getuig dat daardie woorde baie waar is, want Jesus het deur die jare geweet wat ek nodig het en Hy het gesorg daarvoor nog voor ek gevra het! Ek het nooit oorvloed gehad nie, maar ek het altyd genoeg gehad om van te lewe. Nooit het ek ‘n tekort gehad nie. As ek iets groot nodig gehad net wat baie geld sou kos, dan het ek dit aan die HERE bekend gemaak. Daarna het ek gaan koop wat ek nodig gehad het en op die HERE vertrou dat Hy sal voorsien en Hy het! Maak nie saak hoe sleg dit finansieel met my in ‘n maand gegaan het nie, geld om my verpligtinge te betaal was altyd daar!
Dien ons nie ‘n HERE wat by magte is om enige iets te kan doen nie? Het Hy nie gesê dat ons baie meer werd is as die voëls van die hemel nie? Al wat jy moet doen is glo! Dis hoe maklik dit is. Moenie probeer om dit op jou eie uit te werk nie, want jy sal dit nooit verstaan nie. Vat jy net Jesus se hand en laat Hy jou lei na waar Hy jou wil hê.
Ek weet nie wat die toekoms vir ons inhou in die tyd wat oor is nie. Daar is sprake om die “V” verpligtend te maak vir almal. Ek sal nie verbaas wees as dit so is nie, want satan weet dat sy tyd om die Bruid te versoek beperk is en nou sal hy alles ingooi wat hy het om die wat nog nie seker is nie, om die bos te lei. Daar is baie stories oor wat beplan word teen die wat die “V” weier en nie een van hierdie stories is meer gerusstellend as die vorige een nie.
Hoeveel daarvan ons gaan sien waar word weet ek nie, maar ek weet dat ons op Jesus kan vertrou en dat Hy sal sorg! Ons sien dalk nie altyd die uitkoms nie, maar as jy in Jesus se hande is, dan weet jy dat jy veilig gaan wees, maar nie saak wat gebeur nie.
Ek gaan afsluit met hierdie bekende gedeelte in Mattheus 6:33 “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”
Al wat ek kan doen is om die Wonderlike Naam van Jesus te prys vir alles wat ek uit Sy Hande ontvang het! Ek hoop dat hierdie boodskap vir iemand van groot waarde gaan wees.
Mag die HERE hierdie boodskap seën!