Vyandskap tussen saad

Iemand het hierdie boodskap op ons Telegram groep gepos en van daardie tyd af praat die Gees van die HERE met my om hierdie boodskap verder uit te dra.

Ek weet dat daar baie van julle is wat wonder oor die COVID 19 inenting. Aan die een kant is daar die  wat sê dat dit gedoen moet word en aan die nader kant is daar mense wat sê dat hierdie inenting die Merk van die Dier is. Watter kant toe nou? Moet ons Kinders van God dit laat doen of moet ons nie? Dis waarom ek met julle ‘n pad gaan stap en saam gaan ons gaan kyk wat sê die Woord van God.

In Openbaring 12:12 lees ons “…want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” (Openbaring 12:12) Kyk ‘n bietjie om julle… Niemand weet meer wat om te doen nie, want reg is verkeerd en verkeerd is nou reg. Dis een groot deurmekaar spul, want ons as Kinders van God is aan die slaap! Ons sien nie wat rondom ons aan gaan nie. Ons sien nie satan se werk en die woede waarmee hy neergedaal het tot tussen ons nie! Sy strategie deur die eeue het nie verander nie, want hy wil nog steeds slag, steel en verwoes!

Satan misleiding die mens en daardie misleiding veroorsaak ongehoorsaamheid teenoor God. Sy teiken was nog altyd die mens, maar veral die leierskap van die samelewing. Dis waarom daar leiers van alle gebiede, insluitende kerk leiers opstaan en die neem van die inenting goedpraat en selfs verdedig net soos hulle ander gruwels ook goed praat… Dis ‘n aanval van die vyand daardie! Satan se strategie deur die eeue was nog altyd om die beeld en die gelykenis van die Een Lewende God te onteer sodat die oordeel oor die mens kan kom.

Volgens Genesis 3:15 het ons ‘n vyand en daardie vyand is satan! Kom ons kyk wat sê Genesis 3:15  “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.” Hier sê die Bybel vir ons baie duidelik dat daar vyandskap sal wees tussen ons saad en satan se saad. Wat se saad praat die Bybel hier van? Kom ons gaan kyk!

In Genesis 1:27 lees ons hoe God die mens geskape het “En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” Let spesifiek op na die woorde “na die beeld van God het Hy hom geskape”. Ons dra dus God se DNA in ons, want ons is na Hom geskape! Prys Sy Naam! In Genesis 3 lees ons dat God vyandskap gestel het tussen ons saad en satan se saad; dus vyandskap tussen God se DNA en satan se DNA.

Jesus sê vir ons in Mattheus 24:37 “En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.” Jesus praat hier van ‘n spesifieke tydperk as Hy sê “net soos in die dae van Noag”. Ek hoef sekerlik nie vir julle te sê dat ons in die laaste van dae leef nie, want ons almal weet dit. Ons leef dus uiteraard nou in die dae van Noag soos Jesus voorspel het. Wat het toe gebeur? Kom ons gaan kyk!

In Genesis 6:1-2 lees ons [1]  Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, [2]  sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.”

Wie is hierdie seuns van God waarna daar verwys word? Ons kry die antwoord in 2 Petrus 2:4 “Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;”. Dieselfde antwoord word ook aan ons gegee in Judas 1:6 “En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;”. Hierdie seuns van God was dus gevalle engele wat met wellus gevul was en so het hulle begeerte vir die mens ontbrand. Daar het dus deur omgang met hierdie gevalle engele ‘n verandering in die mens se DNA, wat ook God se DNA is, plaasgevind en so is daar “nefelim”, wat ook vertaal kan word as reuse, gebore. Een vertaling beskryf hierdie “nefelim” as snaakse wesens met eienaardige magte.

Onthou julle hoe ek vir julle vroeër gesê het dat satan se uiteindelike doel nog steeds is om die beeld en die gelykenis van die Een Lewende God te onteer? Dit was satan se eerste poging om die DNA van God te besmet en die uiteinde was dat God die vloed gestuur het om almal uit te wis. Almal behalwe Noag en sy gesin, want hulle was nie deel van hierdie besmetting nie.

Alles gaan oor die besmetting van die mense se DNA. Satan wil dit wat God na Sy beeld geskape het besmet, sodat die oordeel oor ons moet kom en ons satan se straf saam met hom moet deel.

Onthou Jesus se woorde in Mattheus 24:37 “En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.” Kan dit dus wees dat die dae van Noag homself vandag herhaal? Kom ons kyk wat staan in Prediker 1:9 “Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.” Dus, liewe lesers, die geskiedenis is besig om homself te herhaal. Dit wat in die dae van Noag gebeur het herhaal homself vandag weer! Daar is dus niks nuut aan nie! Satan is weer besig om die DNA van die mens te besmet!

Ons het ‘n spesifieke DNA wat deur God aan ons gegee is omdat ons van Hom geskape is en satan probeer nou weer om daardie DNA te besmet net soos in die dae van Noag!

Meer gaan ek nie hieroor sê nie, liewe lesers, behalwe dat julle julle huiswerk moet gaan doen. Moenie sommer alles glo wat aan jou vertel word nie. Ons is in die tydperk van die groot dwaling (2 Tessalonisense 2:11) en dis deesdae moeilik om te onderskei tussen feit en fiksie. Vra eerder wie jy in glo: God wat jou bonatuurlik kan beskerm teen enige iets of in die wêreld met sy leë beloftes van beskerming.

Satan is hier en hy is tussen ons met groot woede!

Ek is nie bang nie, want God het my nie ‘n gees van vrees gegee nie. As dit God se wil is, dan gaan ek dit kry en as ek moet sterf, dan gaan ek sterf in Jesus en dan gaan ek vir altyd by Hom wees! Jesus het in Mattheus 10:30 gesê dat tot die hare op ons hoofde almal gestel is en ek glo dit net soos ek glo dat niks met my sal gebeur tensy dit die Wil van God is nie. Prys Sy Naam!

Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. (Romeine 14:8 )

Ek wil nie hê dat julle onverskillig moet wees hieroor nie, want Galasiërs 6:7 leer ons dat God net met Hom laat spot nie. Moet dus nie die noodlot tart nie, want jy sal verloor! Ek bly by my huis tensy ek nie anders kan nie; ek dra my masker en ek gebruik ontsmettingsmiddel so gereeld as wat ek kan. Dis wat ek van julle ook vra om te doen, maar my geloof bly in God! Hy het my nog nooit in die steek gelaat nie en Hy gaan dit ook nie nou doen nie! Alle eer ons Koning!

Kom ons sluit af met ‘n gebed: HERE, die enigste rede waarom ek vrede het oor die toekoms is omdat ek die toekoms in U gevind het! Selfs al weet ek nie wat gaan gebeur nie, weet ek dat die toekoms in U hande is. Help my om elke dag getrou saam met u te wandel in woord en in gebed sodat ek die plan wat U vir my lewe het volkome kan uitvoer! AMEN!

Met dank aan Riaan Abrie vir die oorspronklike boodskap waarop hierdie werk gebaseer is. Mag Jesus jou seën!

(Visited 626 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , .