Wandel in opregtheid

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Dankie Jesus vir U aanmoediging dat toetse deel van die oorwinnings proses is en dat daar ‘n rede daarvoor is. Help ons om dinge te beoordeel volgens U standaard en nie die vae standaard van die wêreld nie. Amen!

Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend. (Spreuke 10:9)

Jesus sê dat ons nie so ontmoedig moet word as ons vaal nie, want baie van julle is hopeloos te hard op julleself. Jy is op ‘n goeie pas en jy maak stadig vordering en dis al wat van jou verlang word. Die HERE soek nie groot werke nie; net dat jy stadig vordering maak met uithou vermoë en wegbly van die dinge wat die HERE vir jou uitwys as gevaarlik.

So baie van julle word heeltemal van stryk gebring as jy nie die mikpunt haal wat jy vir jouself gestel het nie. Die waarheid is dat dit tyd vat om daardie merk te haal en dit kan nie afgejaag word nie. In baie gevalle vat dit ‘n stadige pas en die moed om weer op te staan as jy geval het. Onthou dat jy nog steeds besig is om te leer. Jy gaan foute te maak en daar is niks daarmee verkeerd nie. Dis hoe ons almal leer; deur ons foute! Solank as wat jy nie dieselfde foute oor en oor maak nie, sal die HERE baie tevrede met jou vordering wees.

Om vergifnis te vra vir jou oortredinge is die kern van heiligmaking. Daar moet afgewyk word van sonde en by sonde word ingesluit dinge wat onskuldige tydverdryf is, maar nie in die beste belange

van die HERE nie. Dis baie maklik om in laksheid te verval as jy gemaklik begin voel met jou vordering. As die HERE aan jou bekend maak om sekere dinge te vermy, vat dit dan baie ernstig op.

Die tyd wat jy opreg aan die HERE spandeer is baie belangrik, want baie vrug word voortgebring in daardie tyd. Moenie ‘n kits oorwinning verwag met dit waarmee jy sukkel nie. Sommige van julle is obsessief oor die struikelblokke wat julle tee kom. Dis belangriker om te weet dat die HERE die hele tyd met jou is. Onthou ook dat pad lank gaan wees, moet dus nie wegtrek soos ‘n resiesperd om die hele pad in ‘n paar minute te wil hardloop nie.

Die HERE weet dat sommige van julle in julle eie oë nie vinnig genoeg vorder nie. Bid vir geduld en die wysheid om te verstaan dat dit waarmee jy besig is ‘n impak op die Koningryk van die HERE sal hê. Moenie koers verloor nie, want daar gaan baie geleenthede wees om jouself te verbeter in terme van heiligheid en hoe om “nee” te kan sê vir versoekinge. Tel jou kruis op en volg die HERE!

Onthou, vir Jesus gaan dit nie oor resultate nie, maar hoe jy daar gekom het. Leer jy die lesse wat die HERE op jou pad stuur, of ontwyk jy dit sodat jy vinniger kan klaarmaak? Vat jy die uitdagings wat die HERE vir jou stuur aan of ontwyk jy dit? Maak jy geheel en al staat op die HERE om jou te help deur probleme werk of doen jy nog steeds alles op jou eie?

Jy kan nie na die volgende vlak vorder as jy nie die vlak waarop jy is, klaar maak nie. Om die taak wat aan jou gegee word af te rammel net sodat jy op die volgende vlak kan kom, is nie die regte manier nie, want die dinge wat jy op jou huidige valk leer, berei jou voor vir die volgende een. Vat dus jou tyd en maak die vlak waarop jy is deeglik klaar en verken al die moontlikhede wat aan jou gebied word.

Alles wat jy in gehoorsaamheid doen vir die HERE, dra vrugte. Jy sien nie die vrugte wat jy dra nie, want jou gedagtes is te gefokus op die uitslag. Hoe meer jy insit terwyl jy op die pad is, hoe groter gaan die opbrengs wees aan die einde van die dag.

Die Koningryk van die HERE word nie net bestuur deur die sigbare dinge wat jy doen nie, maar ook deur die onsigbare en daarby word bedoel die bedoeling van jou hart, jou uithou vermoë en jou bereidheid het om op te staan as jy geval het. Die van julle wat die Woord van die HERE aan ander bedien het ‘n baie groot invloed op die onsigbare, want julle sien nie die siele wie se lewens julle aanraak nie. Jou houding, jou geduld, jou naasteliefde, jou integriteit en eerlikheid oor wat jy gedoen het is net so belangrik as die uitkoms.

Dis waarom integriteit en gehoorsaamheid so belangrik is. Dit dra die meeste gewig ten spyte daarvan dat dit nie gesien word nie. Jy kan nie gee wat jy nie het nie en jy kan nie integriteit toepas as dit nie in jou eie lewe is nie. Dis die geheime lewe binne in wat lewe gee aan die sigbare lewe buite. Dis die geheime lewe wat die strome van seëninge dra. Jy kan nie die buitekant alleen seën nie.

Wees dus bemoedig, Kinders van die HERE. Dinge mag dalk stadig verloop, maar jy maak vordering en die HERE is gelukkig met dit wat jy doen.

Prys die Naam van Jesus.

(Visited 168 times, 1 visits today)