Privaatheidsbeleid

Wie ons is

Suiderkruis is ‘n webruimte wat die Woord van die HERE verkondig in ooreenstemming met Jesus se opdrag in Mattheus 28:19. Ons webwerfadres is: https://www.suiderkruis.co.za.

Ons respekteer u privaatheid en daarom is dit vir ons ‘n prioriteit om te verseker dat u persoonlike data privaat bly! Omdat u vertroue vir ons belangrik is, gaan ons nou aan u bekend maak wat se inligting ons versamel en wat ons daarmee maak.

Let asseblief daarop dat hierdie webruimte dalk skakels na ander webruimtes mag bevat. Ons privaatheidsbeleid is slegs van toepassing op ons webruimte, so wees bedag daarop as u ons webruimte verlaat vir ‘n ander webruimte.

Watter persoonlike inligting ons insamel en hoekom ons dit insamel.

Kontak Vorms

Ons webruimte gebruik ‘n kontak vorm om dit makliker te maak vir mense om ons te e-pos. Die inligting wat op hierdie kontak vorm versamel word, word glad nie gestoor nie, maar net gebruik om u boodskap aan ons aan te stuur. Ons gebruik die inligting soos ingevoer om die e-pos te kan antwoord. Daarna word die oorspronklike boodskap permanent uitgewis.

Nuusbrief

Ons webruimte het ‘n Nuusbrief sodat u ons boodskappe per e-pos kan ontvang. Aantekening op hierdie nuusbrief is geheel en al opsioneel, maar as u verkies om aan te teken, dan verlang ons slegs u e-pos adres om te kan aanteken. Die ander velde soos u Naam en Van is opsioneel en hoef nie verskaf te word nie.

Alle persoonlike inligting wat u aan ons verskaf sal gestoor word totdat u besluit om af te teken. Selfs nadat u afgeteken het, sal u persoonlike data nog steeds op ons stelsel agterbly vir ‘n maksimum tydperk van ses maande waarna ons dit permanent sal uitvee.

Ingevoegde inligting van ander webwerwe

Artikels op hierdie webblad kan ingevoegde inhoud (byvoorbeeld video’s, foto’s, artikels, ens.) insluit. Ingevoegde inhoud van ander webblaaie gedra hul in presies dieselfde manier asof die besoeker die ander webblad besoek het.

Hierdie webwerwe kan inligting oor jou versamel, koekies gebruik, addisionele derdeparty volg dienste invoeg, en jou interaksie met daardie in gevoegde inhoud monitor, insluitend om jou interaksie met ingevoegde inhoud te volg indien jy ‘n rekening het en ingeteken is tot daardie webwerf.

Analitiese dienste

Met wie ons jou inligting deel

Ons deel glad nie enige inligting met enige ander webruimtes nie.

Ons gebruik wel Google Analytics (https://policies.google.com/) en Bing Webmaster Tools (https://privacy.microsoft.com/en-GB/) om besoeke aan ons webruimte te monitor. Hierdie data word gebruik vir analitiese redes alleen en bevat geen persoonlik identifiseerbare data nie. Slegs basiese data word bymekaar gemaak soos dag en datum van die besoek, bladsye wat besoek word en die lande waarvandaan die besoeker kom. Die toestel waarmee u op Internet verbind (Selfoon, PC of Tablet Rekenaar) en die Internet Leser wat u gebruik word ook aangeteken.

Hoe lank ons jou inligting behou

Ons is nie wetlik verplig om enige persoon se persoonlike data lang termyn te mag stoor nie. Vir gebruikers wat op ons Nuusbrief aangeteken is en hulle persoonlike data vrywillig gegee het om te kan aanteken sal die data daar bly solank u aantekening aktief bly. U kan hierdie aantekening self wysig as u so verkies. As u egter afteken, dan sal ons die data behou vir ‘n maksimum tydperk van ses maande.

Watter regte het ons oor jou inligting

Jy kan ons per e-pos versoek om enige persoonlike data wat ons oor jou het onmiddellik uit te vee en ons sal dit doen.

Waarheen ons jou inligting stuur

Ons deel geen persoonlike data met enige ander diens nie.

Jou kontak besonderhede

Enige vrae wat u oor hierdie privaatheidsbeleid het kan gerig word aan ons deur op die volgende skakel te kliek: https://www.suiderkruis.co.za/e-pos-ons/.

Bykomende inligting

Hoe ons jou inligting beskerm

Alle persoonlike inligting wat u met ons deel, word beskerm deur die sterkste sekuriteitstelsel wat aan die Internet bekend is: SSL. (Secure Socket Layer)

Ons hele webruimte word daardeur beskerm en u sal dit sien as u in die URL balk van u Internet leser kyk. U sal oplet dat daar ‘n slot ikoon vertoon wat aandui dat die verbinding tussen die toestel wat u gebruik om aan Internet te verbind en ons webruimte ge-enkrip word. Dis onmoontlik vir enige derde party om te sien wat u op ons webruimte doen. Alle persoonlike data wat u invoer word sodanig beskerm.

Ons webruimte se databasis wat u persoonlike data bevat, loop op ‘n aparte lêerbediener wat nie direk aan Internet verbind is nie. Dis dus geheel en al onmoontlik vir enige iemand om per ongeluk op u persoonlike data af te kom.

Net gebruikers wat toegang tot die administrasie gedeelte van ons webruimte het sal toegang tot u persoonlike data. Daardie tipe toegang word streng beskerm met 25 karakter wagwoorde wat bestaan uit letters, syfers en spesiale karakters wat geen betekenis het nie. Ons is uiters ernstig oor sekuriteit!

Watter prosedures ons in plek het in geval van ongemagtigde toegang tot inligting

Ten spyte van ons beste pogings kan dit gebeur dat daar ongemagtigde toegang tot ons data verkry word. Indien dit die geval is, sal ons ons gebruikers onmiddellik daarvan in kennis stel.

Van watter derdepartye ontvang ons inligting

Ons ontvang geen inligting van enige derde partye nie.

Watter outomatiese besluitneming en/of profilering ons doen met gebruikers data

Ons doen geen outomatiese besluitneming of profilering nie.

Industrie regulatoriese openbaarmakingsvereistes

Alhoewel ons alles in ons vermoë doen om die privaatheid van ons gebruikers te bewaar, sal ons moontlik persoonlike inligting moet openbaar wanneer dit deur die wet vereis word of waarin ons oortuig is dat sulke optrede noodsaaklik is om te voldoen aan ‘n huidige geregtelike proses, ‘n hofbevel of regsproses op ons webwerf.

Ons is nie van plan om Suiderkruis aan enige iemand oor te dra nie, maar indien dit sou gebeur, dan sal die persoonlike inligting van gebruikers in die meeste gevalle deel wees van hierdie oordrag.

Ons kan hierdie privaatheidsbeleid te eniger tyd verander, nadat ons u in kennis gestel het via ‘n diens aankondiging of deur ‘n e-pos na u te stuur. As ons wesenlike veranderinge aan die privaatheidsbeleid aanbring wat u regte beïnvloed, sal u ‘n vooraf kennisgewing van die veranderinge per e-pos ontvang. Geringe veranderinge aan hierdie privaatheidsbeleid sal nie aan u oorgedra word nie.