Die merk van die dier
Ons lees baie in Openbaring van die Merk van die Dier en dit word ook baie in ons kerke verkondig, maar wat is dit presies?
Lees meer→Beskrywing van die Antichris volgens Openbaring
Die vraag wat die meeste deur jong gelowiges gevra word is wie die Antichris is en waar hy vandaan gaan kom. Die Bybel antwoord hierdie vrae ongelukkig glad nie. Persoonlik dink ek nie dat God wil hê dat ons moet weet nie. Daar word wel genoem dat ons eendag verbaas sal staan as ons gaan sien wie dit was.
Lees meer→Beskrywing van die Vals Profeet volgens Openbaring
Die Antichris gaan ook ‘n handlanger hê wat gaan optree as sy minister van propaganda. Sy werk gaan aanvanklik wees om die beeld van die Antichris te beskerm en te bevorder en daarom gaan hy die hele tyd aan die sy van die Antichris wees gedurende die eerste drie en ‘n halwe jaar van die verdrukking.
Lees meer→Beskrywing van die Vrou op die Rooi Dier volgens Openbaring
Die laaste persoon in die onheilige drie eenheid van satan gedurende die verdrukking gaan die vals een wêreld geloof wees wat deur die vrou op die rooi dier voorgestel word. Ons lees van haar in Openbaring 17. In die Bybel word gelowe in die vroulike vorm voorgestel, daarom die “vrou” op die rooi dier. Jesus verwys ook na ons, Sy gelowiges en Sy kerk, as sy bruid in die vroulike vorm.
Lees meer→DEEL 1 : Oordeel van die Sewe Seëls
Ek begin vandag met ‘n reeks oor die Oordele van Openbaring. God die wêreld tref met ‘n reeks van 21 oordele gedurende die verdrukking. Eers gaan kom die Oordeel van die Seëls (7 oordele), dan die Oordeel van die Trompette (7 oordele) en laastens die Oordeel van die Skale (7 oordele).
Lees meer→