As die las te swaar word om te dra

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Soms raak die las wat ons op onsself gelaai het net te swaar om te dra en dan knak jou rug onder die gewig.

Julle gaan seker nou wonder waarvan ek praat. Ons almal en ek sluit myself daarby in, probeer hopeloos te hard om Jesus tevrede te stel en so laai ons allerhande goed op ons skouers: doen dit, moenie dit doen nie, jy is ‘n sondaar, jy gaan hel toe, jy gaan agterbly… Verstaan julle nou?

Jesus is ons Vader en Hy weet wat ons nodig het. Hy ken jou soos wat jy jouself nie eers ken nie. Daar is absoluut niks wat jy kan doen om Hom tevrede te stel nie, want hy is reeds meer as net gelukkig met jou! Jy het vir Hom gekies toe jy tot bekering gekom het, onthou? Op daardie dag het jy Jesus se Hart gesteel! Jy kon die wêreld met al sy plesier gekies net, maar jy het nie! Jy het vir Jesus gekies! En daarom het Hy jou meer lief as wat jy ooit sal besef!

Die beste manier om jou onskuld te bewaar is om jou van die wêreld te onttrek.

Julle gaan nou moet verstaan dat die HERE nie hiermee bedoel dat jy jou so moet onttrek sodat jy soos ‘n kluisenaar alleen moet wees nie. Wat bedoel word is dat ons ons moet onttrek van wat in die wêreld aan die gang is en net moet konsentreer op die leiding van die Gees. Niks anders moet meer saak maak in ons lewens nie.

Ek sien gereeld hoe dit wat in die wêreld gebeur die om my raak en hoe boosaardig kwaad mense word oor dit wat hulle geen beheer oor het nie. Liewe lesers, dit behoort nie so te wees nie! Ons is Kinders van die Allerhoogste God. Ons is nie meer suigelinge in die Gees wat melk drink om te oorleef nie. Ons is nou volwasse in die Gees en ons eet nou vaste spyse. Ons weet nou al dat niks op hierdie aarde gebeur sonder die Wil van die Vader nie.

Om in opstand te kom teen hierdie dinge is soos om in opstand te kom oor ‘n donderstorm. Die donderstorm gaan kom ongeag of jy gereed is daarvoor of nie. Jy kan of daardeur gaan of jy kan dit vermy. God werk op ‘n vlak wat ver bokant ons vermoë is om te begryp en dis waarom ons nie altyd die rede verstaan nie.

Dis nou die tyd vir die storms om te kom. Ons tyd op hierdie wêreld is baie vinnig besig om uit te loop. Ons gaan in die tyd wat oor is die vreeslikste dinge sien gebeur soos satan beheer oor hierdie wêreld vat. Daar is op hierdie oomblik meer demone in die lug as wat daar op enige ander tyd in die verlede was en hulle gaan probeer om jou te versoek. Om in die Gees van God weg te kruip is die enigste manier om werklik veilig te wees.

Moet jou daarom nie meer bekommer oor wat in die wêreld aangaan nie. Laat die wêreld hom oor sy eie dinge bekommer. Ons wandel in die Gees van God en daarom gaan dit wat in die wêreld aangaan ons nie aan nie.

Mag die Here hierdie boodskap seën!

image_pdfLaai afimage_printDruk
Tagged , , , , , .

One Comment

  1. Gebed
    Here help ons om nie te veel laste op onsself te sit wanneer ons bekommerd is of ons gered is of nie. U ken ons Here, U weet van daardie dag wat ons omgedraai het om Jesus te volg en die dinge van die wêreld afgeskryf het. Here help ons om ons nie te bekommer wat in die wêreld aangaan nie maar dat ons ons hoop op Jesus ons verlosser sit. Help ons om daardie persoonlike verhouding tussen ons en ons Vader in die Hemel te behou en laat ons nederig die Heilige Gees toelaat om ons lewens te beheer
    Amen

Comments are closed.