Heiligmaking deur swaarkry

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Hierdie boodskap is vir almal wat tans swaar kry, al voorheen swaargekry het of nog gaan swaarkry in die toekoms, met ander woorde, almal van ons.

Jesus is besig om ons voor te brei om Sy Bruid te wees, sonder rimpel of enige vlek, met skoon vlekkelose klere. Om dit te kan regkry word daar van elkeen van ons verwag om alles in hierdie lewe prys te gee daarvoor. Dit gaan sorg dat ons tot op ‘n plek kom waar ons totaal afhanklik van Jesus is met alles wat ons het in Sy Hande.

Soos daar al baie voorheen gesê was, ons tyd op hierdie aarde is om. Nou wag ons op Jesus om ons te kom haal op Sy aangewese tyd en dis elkeen van ons se verantwoordelikheid om gereed te wees as die uur aanbreek. Die keuse om gereed te wees is elkeen van ons s’n om self oor te besluit.

Jesus gaan voort: “My geliefdes, weet julle dat ek julle lief het met ‘n liefde wat onvoorwaardelik is? Ek maak geen onderskeid van die persoon nie. Die omstandighede waarin Ek jou geplaas het en die verhoudings met die mense wat jou is perfek deur My ontwerp om jou in ‘n dieper verhouding met My te plaas. Sal jy my glo as Ek jou sê dat die swaarkry wat jy ervaar is daar om jou dieper in My hart in te trek? Sal jy My glo as Ek sê dat ek doelbewus toelaat dat jy swaarder kry as enige iemand anders? Sal jy My glo dat die redes daarvoor ver bokant jou vermoë is om te verstaan terwyl jy nog aan hierdie kant van die gordyn is?”

“Jy het baie swaar gekry deur die woorde en die aksies van die wat Ek om jou geplaas het. Weet dat Ek alles gesien het. Weet dat nie een woord wat gespreek is van jou geboorte af ongehoor verbygegaan het nie. Ek het elke vals beskuldiging en elke skel woord teen jou gehoor. Ek het gesien en gehoor hoe daar met jou gespot word. Ek het gesien hoe dit jou affekteer en hoe seer jou hart was as gevolg daarvan. Dit het My hart gebreek om dit te sien, maar daar was ‘n rede daarvoor.”

“Dis moeilik om nie bitter en gegrief te raak oor jare lange optrede soos dit nie, maar weet dat Ek jou geroep het tot ‘n lewe baie hoër as die een en hierdie lewe is besig om vinnig verby te gaan. Ek kom gou en Ek is nou besig om elke rimpel, elke plooi en elke vlek uit die kleed van geregtigheid wat Ek om jou skouers gehang het uit te was. Vergewe die wat om jou is en jou so seer gemaak het. Hulle het gedoen wat hulle gedoen het omdat Ek dit toegelaat het sodat jy in My kan groei. Die verlede is die verlede en jy kan niks daaraan doen nie. Laat al die seerkry, al die bitter en al die grief moet nou uitkom en kom lê dit voor My voete sodat Ek dit met My Bloed te bedek, want die tyd is amper verby. Alles wat vooraf gebeur het tot op hierdie punt is van geen belang meer nie. Kom, laat ek jou geheel en al reinig van alles wat seer is.”

“Daardie gevoel dat jy net nooit goed genoeg is nie of net nooit heeltemal daar is nie, is leuens en jy het al met baie leuens in jou lewe gehandel. Ek leer My Bruid dat Sy uit hierdie denkwyse moet uitkom. Jy is nie beperk op enige manier nie en jy is meer as net goed genoeg. Jy is My oorwinnaar wat oorwin het deur alles en Ek het jou onvoorwaardelike lief! Wat die wêreld dink is nie belangrik nie. Wat saak maak is wat Ek dink. Ek is die een wat tevrede moet wees met jou en Ek is!”

“Dis waar dat hierdie liggaam waarin ek jou geplaas het nie perfek is nie. Dis ook waar dat hierdie liggaam beperkinge het, maar dis nie om jou op een of ander manier te onderdruk nie. Hierdie liggaam is aan jou gegee om te oorkom en om so een van My oorwinnaars te wees. My oorwinnaars kry baie teenstand, maar dis hoe jy met daardie teenstand werk wat jou ‘n oorwinnaar gemaak het in die eerste plek. Dis hoe jy jou liefde vir ander en jou liefde vir my uitdruk wat jou meer as kwalifiseer om ‘n oorwinnaar te wees.”

“Nou vra Ek jou vir wie is jy nou eintlik kwaad? Is dit vir jouself of vir My omdat ek jou vir soveel jare in hierdie omstandighede gesit het? Ek wil hê dat jy jou ondervindinge deur My oë moet sien en dis waarom ek jou nou die vermoë gee om te kan verstaan.”

“Die swaarkry wat Ek jou gegee het is ‘n kosbare geskenk, want net deur geheel en al stukkend en gebreek te wees kan Ek in jou woon en kan My lig uit jou uit skyn met verblindende mag. Hoe sal My lig dan skyn as jy nie gebreek en stukkend is nie? Hoe sal ander My in jou sien en hoe sal hulle aangetrek kan word na die lig as jy self nie stukkend is nie? Verstaan jy nou?”

“Verstaan jy nou dat alles wat ek toegelaat het om te gebeur ‘n doel gehad het? Het Ek nie in die begin gesê dat wat met jou gebeur het ver bokant jou vermoë is om te begryp nie? Laat ons nou ‘n einde maak aan die siklus van haat in jou lewe. Laat My toe om jou ten volle te genees. Ek weet dat jy gemaklik is in die toestand wat jy nou is, daarom gaan ek jou vra om vir een laaste keer ongemaklik te wees terwyl ek al hierdie slegte dinge uit jou verwyder.”

“Ek het jou so baie lief, My Kind. Meer as wat jy ooit sal besef! Met ‘n liefde wat nie gemeet kan word nie. As al hierdie vlekke finaal uit is, sal jou voete lig word en sal jy aangetrek word na My toe. Dis nie meer lank nie, dit belowe Ek jou. Wees getrou aan die beloftes wat Ek jou gegee het.”

“Hierdie is ‘n nuwe begin soos ek jou uit al die ou dinge uittrek en jou verander sodat jy dinge kan sien soos Ek dit sien. Hou aan om My elke oomblik te soek en jy sal My vind. Onthou, jy is NOOIT alleen nie. Nie eers vir een sekonde nie.”

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

(Visited 208 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , .