Bid met oorgawe; die vyand wen veld

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

HERE, U waarsku ons. Mag U woorde ons harte tot aksie laat oorgaan! Amen!

Die HERE sê dat daar tekens in die hemel, die son, maan en sterre sal wees, maar julle weet dit reeds. Dit staan in Matteus 24. Die sonsverduistering in Amerika is ‘n teken van die HERE se koms. Nog ‘n waarskuwing aan hierdie wêreld om hulle saak met God reg te maak. Hierdie feit moet verkondig word.

Die lewe gaan aan… skool, werk, eet, drink, verlowings, troues… net soos die HERE gesê het dit sou wees. Maar die Seun van die Mens gaan kom op ‘n tyd wat niemand dit gaan verwag nie.

Die HERE sê verder dat ons nie genoeg tyd spandeer in gebed nie. Hy het ons gebede nodig om die magte van satan en dit wat hulle vir die wêreld beplan terug te hou. Dis waar dat baie van julle bid en smeek om genade, maar meer vas en gebed is nodig. Die HERE wil nie hê dat jy moet ophou om aandag aan jou eie lewe te gee en dit wat belangrik is nie. Hy vra dat ons ontslae raak van die onnodige dinge soos vermaak en uit eet ten gunste van gebed.

Daar is dinge wat in hierdie wêreld besig is om te gebeur wat ons niks van weet nie. Daar is ‘n skaduwee regering in hierdie wêreld wat by niks sal stop om te kry wat hulle wil hê nie en dit is om die wêreld leier in beheer van hierdie wêreld te kry. Die mees vreeslikste goed word beplan. Pes siektes waarteen daar geen genesing is nie; kernbom aanvalle en misdade teen die mensdom is nie uitgesluit nie.

Die HERE sê dat Hy dit kan en sal stop, maar dan moet ons bid, vas en smeek om genade!

Die magte van satan kan nie verstaan dat hulle gemanipuleer word deur magte baie meer intelligent as hulle self nie. Julle kan dit stop! Ja, ons wat so klein is kan ‘n verskil maak! Ons kan dit stop met ons gebede!

En as jy nie kan bid nie, hoef jy maar net vir die HERE te vra en Hy sal jou toerus om te kan. Bid dat die vyand verslaan word deur hulle eie slim planne! Nou is die tyd om uit te staan!

Die HERE het ons gebede nodig. Hy het Sy Bruid nodig. Bid om genade! Gaan nou en voeg skouer by die wiel! Bid soos jy nog nooit gebid het nie!

Prys die HERE!

image_pdfLaai afimage_printDruk