Internet gons op die oomblik van voorspellings oor 21 September 2017 as ‘n moontlike datum vir die wegraping…
Daar is mense met baie oortuigende bewyse, maar ek kan net uitwys wat in die HERE vir ons in Mattheus 24:36 wys: “Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.” Jesus self bevestig hier dat NIEMAND, nie Hy nie, nie die engele nie en ook nie enige iemand anders, gaan weet wanneer die tyd daar gaan wees nie. Net God die Vader weet dit. Moet julle dus nie blind staar aan hierdie mense of aan al die voorspellings nie, asseblief!
Waarom gebeur hierdie dinge so elke nou en dan en waarom al hierdie voorspellings wat almal net op hol jaag? Dis omdat mense iets tasbaar wil hê om aan vas te klou en ‘n gebeurtenis soos dié skep die perfekte geleentheid! ‘n Gebeurtenis soos dié is natuurlik teenstrydig met die geloof, want deur te glo in ‘n fisiese datum, verklaar jy dat jy geen vertroue in die HERE het nie. Ons probeer in der waarheid vir God die Vader sê dat ons besluit het dat 21 September 2017 die beste dag vir die wegrapaping gaan wees! Hoe arrogant!
Die beste manier om te oorwin is om die nodigheid om ‘n datum te weet te laat vaar en alle geloof en hoop in die HERE te sit. Om Hom te volg en te doen wat Hy ons beveel het om te doen, ongeag wat dit ook al mag wees. Niks kan meer produktief wees in heiligmaking as om op die HERE te vertrou nie.
Hierdie gevoel van dringendheid wat ons voel is die HERE se manier om ons gereed te kry, sou God die Vader besluit dat die tyd gekom het. Soos ek al baie gesê het, die HERE is versot op verassings en Hy gaan ons verras! Kyk wat ek vandag vir julle sê! Die wegraping gaan kom op ‘n tyd wat ons dit die minste verwag en die minste gereed gaan wees daarvoor!
Hierdie besigheid oor 21 September is ‘n ernstige beroep op die wêreld om wakker te skrik! Net soos die Sonsverduistering van 21 Augustus is! Ons leef in die laaste van dae en nog steeds kry jy mense wat dink alles is een groot grap! Hulle let glad nie op wat rondom hulle aan die gang is nie. Daar gaan op daardie dag van die HERE geen verskoning wees nie! Die waarskuwings was daar gewees! LET DUS OP!
Ja, ek weet: hierdie stories kom gereeld op en dan gebeur daar niks, behalwe dat die spotters meer word nie. Dis ook die HERE se wil, want baie sê dat hulle Kinders van die HERE is, maar wanneer die HERE hulle toets met vertragings in die wegraping soos nou, dan draai hulle weg van die Hom af. Dis omdat hierdie mense bang is vir dit wat gaan kom gedurende die verdrukking en nie kans sien daarvoor nie. Vir hulle is die wegraping net ‘n ontsnapping van die smarte af en nie die vreugde om vir altyd by die HERE te wees nie. Die wat egter getrou is aan die HERE hou aan om te glo, maar nie saak hoe baie keer die HERE die wegraping vertraag nie. Hulle gee ook nie om of hulle bespot word oor hulle geloof in die HERE of nie. Sien julle die verskil?
Dis waarom daar baie toetse, teen strydighede en vertraging moet wees sodat hierdie mense gesif moet word vir die wat werklik aan die HERE behoort en die wat nog steeds aan die wêreld vasklou. Hierdie wat nog steeds aan die wêreld vasklou is die wat uiteindelik by die spotters aansluit omdat die HERE nie wil inpas in hulle raamwerk van wanneer dinge moet gebeur nie. Hulle is soos die saad wat in die vlak grond geval het. Hulle kom vinnig op en is baie bly, maar omdat daar geen diepte van grond is nie, verdroog hulle vinnig. Daar is ook die wat in die diep grond val en baie vrug voortbring omdat hulle nie bang is om te lei vir die naam en saak van die HERE nie.
So, want beteken hierdie 21 September storie dan? Dit beteken dat die tyd nog nie verby is nie, maar wanneer die lewe aangaan sonder om ernstig te dink oor die gevaar wat dreig, dan moet die HERE ons herinner. Hierdie 21 September storie is maar net nog ‘n geboortepyn. Ons moet vashou en bid soos die HERE ons al telkemale gevra het om te doen.
Hoe baie van julle bid nog passievol vir uitstel van die verdrukking en vir genade vir die mense van hierdie wêreld? Nie baie nie? Miskien bid ons, maar nie meer so passievol nie. Dis wat die HERE van ons soek; passievolle gebed vir hierdie wêreld, want passievolle gebed verander sake sodat daar uitstel kan wees soos wat die HERE dit graag wil hê. Ons praat van die redding van siele hier. Hoe meer siele uit satan se koue gered kan word, hoe beter!
Dinge sal aangaan om te verslag soos die vyand die gesonde verstand van elke nasie op aarde wegskuur. Maar passievolle gebed verander sake! Die situasie is nog steeds kritiek, maar met hierdie waarskuwing sal mense gewaarsku word en sal daar mee gebede wees. Verstaan julle nou die doel?
Die HERE kan jou dalk vra om ‘n dag aan Hom te wy. Moenie skuldig voel daaroor nie en moenie kla dat jy glad nie by nou normale werk kan uitkom nie. Sien dit eerder as ‘n geleentheid om nader aan die HERE te kom. Jy sal reuse verslaan deur die werk wat jy vir die HERE doen op daardie dag! Daar is geen beter werk as om vir die HERE te werk nie of om tot Hom te bid nie. Die HERE sal mense aanstel om dit wat jy nie by uit kan kom nie, te doen namens jou.
Die ekonomie van die Hemel word nie altyd op Aarde verstaan nie. Dit maak nie saak wie wat doen nie, maar net dat die werk gedoen word. Almal trek dan voordeel uit die werk wat gedoen word. Net die vrugte wat die werk voortgebring, maak saak. Die wat in die Hemel is gee nie om vir posisies of krediet nie. Almal is saam bly dat die werk gedoen is en dat dit goeie vrug dra. Niks anders maak vir hulle saak nie.
Paulus stel dit so goed in 1 Korintiërs 3:6-8 “[6] Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. [7] So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei. [8] Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.”
Hierdie is ook die manier wat die HERE wil hê ons moet na ons arbeid kyk. Doen jy net jou klein deeltjie, of dit nou is om die Woord van God te plant of om water te geen deur gebed. Niks anders moet vir jou saak maak, behalwe dat daar goeie vrugte uit jou werk voortkom. Dis wat die HERE van ons verlang. Gaan dus voort en gaan plant of gaan gee water!
Prys die Naam van die HERE!