Prys die Naam van Jesus dat Hy ons vooraf waarsku sodat ons tot aksie kan oorgaan!
Vanoggend toe ek my Bybel oopslaan, slaan dit oop by 1 Timoteus 2 en daar staan dit baie duidelik dat ons vermaan word om te bid! Julle kan hierdie gedeelte self gaan lees as julle wil. Almal kyk die laaste ruk in die lug op en wag vir die wegraping om plaas te vind en dis reg so, want dis die hoop waarop ons hoop, maar wat het geword van die redding van siele?
Jesus vra of ons die wat nog nie gereed is nie en nog gered kan word gaan agter los om deur die hel van die verdrukking te gaan. Wat sou gebeur het as dit ons was wat so agtergelaat word. Sou ons daarmee tevrede gewees het? Natuurlik nie!
Dis waarom Paulus vir Timoteus sê dat hy eerstens moet bid vir die konings en die hooggeplaastes, sodat hulle wat Kinders van die HERE is, ‘n rustige lewe kan hê sonder vrees. Tweedes moet ons bid vir die ongeredde sodat hulle tot die kennis van die waarheid kan kom en gered kan word.
Vader God het ons gebede nodig om die magte van satan en dit wat hulle vir die wêreld beplan terug te hou, want ons gebede is die olie wat die wiel aan die rol hou. Sonder ons gebede gaan alles baie vinniger uitmekaar val en gaan dit baie erger wees op ons. Dis waar dat baie van julle bid en smeek om genade, maar meer is nodig. Jesus wil ook nie hê dat ons moet ophou om aandag aan ons eie lewens te gee terwille van gebed nie, maar Hy wil hê dat ons ontslae raak van die onnodige dinge soos vermaak ten koste van die tyd om te bid. Tyd om te bid kom altyd eerste!
Daar is dinge wat in hierdie wêreld besig is om te gebeur wat ons niks van weet nie. Daar is ‘n skaduwee regering in hierdie wêreld wat by niks sal stop om te kry wat hulle wil hê nie en dit is om die wêreld leier in beheer van hierdie wêreld te kry. Die mees vreeslikste goed word beplan; goed wat julle hare gaan laat regop staan en misdade teen die mensdom is nie uitgesluit nie!
Jesus sê dat ons ons koppe uit die wolke moet kry, want dit waarvoor ons hoop sal gou genoeg plaasvind! Ons plig is om te bid en te smeek om genade. Bid dat die vyand verslaan sal word deur sy eie planne. Ek kan julle verseker dat die vyand nie kan verstaan waarom sy planne wat so goed uitgewerk is, aanmekaar vaal nie, maar dit kan net gebeur as ons aanhou bid!
Jesus weet ons is moeg, maar nou is nie die tyd om op te hou werk nie. Jesus het ons nodig; Hy het Sy Bruid nodig en Hy het nodig dat Sy Bruid bid om genade! Gaan nou en voeg skouer by die wiel! Bid soos jy nog nooit gebid het nie!
Mag die HERE hierdie boodskap aan ons harte seën!