Vandag het ek vir julle ‘n boodskap direk van Jesus af. Julle moet mooi lees, want hierdie boodskap kom uit die Vader se hart uit.
Ek weet wat jy dink: jy dink of Ek werklik aan jou dink of self enigsins omgee oor jou. Jy dink dat jy in sonde lewe en om daardie rede nie geestelik groei nie. Jy voel verwerp. Jy wil hê dat Ek die wat jou geliefde gesond moet maak, jou kind moet help, in jou behoeftes voorsien of jou die pad vorentoe moet wys. Daarom gaan ek vandag alles duidelik maak.
Onthou, as jy My Wil volg, gaan jy nie perfek wees nie, maar jy gaan gedurig verbeter soos jy voortgaan in jou strewe na heiligmaking. Ek sal die hele tyd aan jou sy wees soos jy elke situasie trotseer en deurgaan. Jou idees kom gereeld in opstand met die idees van ander; laat ek daarom namens jou werk.
As Ek iets sê, dan gebeur dit en daarom sal jy altyd resultate sien as jy iets begin doen in samewerking met My Wil. Ek belowe dat niks met jou sal gebeur; nie eers ‘n haar sal van jou kop af val, as jy My Wil volg nie. Moet daarom nie bevrees wees nie. Ek sal die goed wat ek in jou begin het volbring!
Jy is nooit alleen nie, nie eers as jy slaap nie! Soos jy werk, sal jy beter word en dieper in My Gees groei. Ek het jou nooit ‘n las gegee wat jy nie sal kan dra nie. Ek weet dat negatiewe dinge jou vooruitgang belemmer. Jy voel ontmoedig en jy wonder waarom dit so hard moet wees; waarom jy nog so sukkel en of verandering enigsins moontlik is. Daarom gaan Ek jou vandag weer op die regte spoor sit, jou aanmoedig en jou verseker van die waarheid!
Jy moet besef dat die verandering wat jy besig is om deur te gaan ‘n aanhoudende proses is. Hierdie proses is nie soos ‘n skakelaar wat jy kan aanskakel en dan is die probleem skielik opgelos nie en dis tyd dat jy hierdie waarheid besef. Ek het almal van julle aangeneem as My Kinders en julle is almal besig om deur ‘n proses van Heiligmaking te gaan. Ek is besig om elkeen van julle skoon te was en julle harte in geloof te suiwer en nie een van julle is alleen in hierdie proses nie.
As jy daarom vandag voel dat alles een groot onoplosbare gemors is, moenie moed verloor nie, want Ek is met jou! Ek sal jou versterk en Ek sal jou help deur hierdie hele proses! Gee My jou swakheid en ek sal jou sterkte gee. Ek het jou nie ‘n las gegee wat jy nie kan dra nie. Moet daarom nie glo wat satan in jou oor probeer fluister nie, want dis ‘n leuen daardie, gemaak om jou terug te hou sodat jy nie kan groei nie.
Moenie twyfel nie. Glo in My, vertrou in My, weet dat Ek jou nooit verkeerd sal lei nie. Ek het jou oneindig baie lief! Meer as wat jy nou sal besef. Jy het gekies om hierdie pad saam met My te loop toe jy soveel ander keuses kon gemaak het en saam gaan ons hierdie berg opstap tot bo, Ek en jy, sy aan sy.
Prys die Wonderlike Naam van Jesus!