Die Bybel spreek nêrens die vraag omtrent aborsie spesifiek aan nie. Maar daar is talle verse in die Skrif wat dit absoluut duidelik maak wat God se siening van aborsie is. Dit is hierdie leiding wat ons gaan gebruik om hierdie vraag te beantwoord.
Kom ons begin deur te kyk na die Bybelverse wat van toepassing is in hierdie geval.
In Jeremia 1:5 sê God die volgende: “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken.” Dit is waar dat hierdie gedeelte op die profeet Jeremia van toepassing is, maar as God hom in sy moeder se skoot geken het, dan is dit ook waar dat God elke baba wat in die moederskoot gevorm word ook sal ken.
In Psalm 139:13-16 beskryf Daniel hoe die HERE aktief by sy vorming in sy moeder se skoot teenwoordig was. “[13] Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. [14] Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. [15] My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.” Hierdie verse dien as bevestiging vir wat ons in Jeremia 1:5 gelees het.
In Exodus 21:22-25 word beskryf watter straf gepas sal wees vir een wat die dood van ‘n baba in die moederskoot veroorsaak. Dis dieselfde as vir een wat moord gepleeg het!
Dit maak dit duidelik dat God ‘n baba in die moederskoot ag ‘n mens te wees net soos ‘n volgroeide volwassene. Vir die Christen is aborsie nie ‘n geval van die vrou se reg om te kies nie. Dit is ‘n geval van lewe of dood van ‘n mens wat in God se beeld geskape is (Genesis 9:6).
Die eerste argument wat altyd gebruik word teen die Christen se standpunt oor aborsie is “Wat van gevalle van verkragting en/of bloedskande?” So aaklig as wat dit sou wees om verwagtend te raak as gevolg van verkragting en/of bloedskande, moet ons vra of dit die moord van ‘n baba geregverdig is? ‘n Tweede fout maak nie die eerste een reg nie. Die kind wat die gevolg is van verkragting/bloedskande kan deur ‘n liefdevolle paartjie wat nie eie kinders kan hê nie, aangeneem word, of die kindjie kan deur sy moeder groot gemaak word. Verder, die baba is totaal onskuldig en behoort nie gestraf te word vir die bose dade van sy vader nie.
Die tweede argument wat gewoonlik geopper word teen die Christen se standpunt oor aborsie is “Wat gebeur as die lewe van die moeder in gevaar is?” Hierdie is werklik die moeilikste vraag om te antwoord oor die kwessie van aborsie. Eerstens moet ons kennis neem dat so ‘n situasie die oorsaak is van minder as een tiende van die aborsies wat tans in die wêreld uitgevoer word. Baie meer vroue ondergaan ‘n aborsie om gerieflikheidshalwe as vroue wat ‘n aborsie ondergaan om hulle eie lewens te red. Tweedens moet ons onthou dat God ‘n God is van wonderwerke. Hy kan die lewe van ‘n moeder en haar ongebore kind red ten spyte daarvan dat die kanse medies gesproke skraal is. Uiteindelik egter, berus die antwoord hierop slegs tussen ‘n man, sy vrou, en God. Enige paartjie wat met hierdie uiterste moeilike vraag gekonfronteer word moet tot die Here bid vir wysheid (Jakobus 1:5) en Hom vra wat hulle moet doen.
Meer as 95 persent van die aborsies wat vandag uitgevoer word raak vroue wat eenvoudig net nie ‘n baba wil hê nie. Minder as 5 persent aborsies is as gevolg van verkragting, bloedskande, of die moeder se gesondheid. Selfs in die meer moeilike 5 persent van gevalle, behoort aborsie nooit die eerste opsie te wees nie. Die lewe van ‘n menslike wese in die moederskoot verdien elke poging om die kindjie se geboorte te verseker.
Ek wil graag byvoeg dat die kwessie van aborsie vir die HERE ‘n baie teer puntjie is, veral nou dat die Amerikaanse staat van New York ‘n wet afgevaardig het wat bepaal dat ‘n ongebore mens nie werklik ‘n mens is voordat hy of sy nie hulle eerste asemteug ingeasem het nie. Dit beteken dat aborsie op ‘n ongebore baba nie toegereken kan word as moord nie omdat die ongebore baba nie as ‘n menslike wese deur die wet geag word nie. Die HERE se siening hieroor is dat kinders vir die mens ‘n verhandelbare item geword het; iets waarvan daar ontslae geraak kan word as dit nie gewens is nie. Die HERE se boodskap is dat die mens Sy geskenk aan ons soos vuilis behandel en dis waarom aborsie vir ons as Christene ‘n sonde is.
Ek wil ook hê dat julle moet weet dat as jy in die verlede ‘n aborsie ondergaan het, onthou dat die sonde van aborsie geensins minder vergeef baar as ander sondes is nie. Deur geloof in Christus kan alle sondes vergewe word (Johannes 3:16; Romeine 8:1; Kolossense 1:14). ‘n Vrou wat ‘n aborsie gehad het, ‘n man wat ‘n aborsie aangemoedig het, of selfs ‘n dokter wat een uitgevoer het – kan almal vergewe word deur geloof in Jesus Christus. Verlossing is nog steeds beskikbaar! Prys die Naam van die HERE!
Mag die HERE hierdie boodskap seën!