Jy het jou eerste liefde verlaat

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
Print Friendly, PDF & Email

Liewe lesers, ek het ‘n baie belangrike boodskap vir julle vandag en ek wil hê julle moet met aandag lees, want dis belangrik.

Die HERE het hierdie boodskap uit verskeie oorde aan my bevestig en dit is dat die HERE baie, eintlik UITERS, teleurgesteld is in Suid Afrika.

Toe Angus Buchan sy “It is time” samekoms in Bloemfontein gehou het, het ons soos een nasie gereageer, maar nou vra die HERE waar al daardie beloftes nou heen is. Ons het ons verontmoedig voor die Skepper van die Heelal en Hy het geluister, maar waar is jy nou My owerspelige bruid? Die bloed van die onskuldiges roep uit om vergelding en dit moet beantwoord word. Dis waarom Ek die vyand toelaat om hierdie land te brand en dit sal aanhou solank as wat jy jou van my weerhou My Bruid!

Liewe lesers, ek wil vir julle net een ding vra; net daar waar jy nou hierdie boodskap lees; vra die HERE om ons arme sondaars genadig te wees. Net dit. Geen lang gebede nie; vra net vir genade.

Vir die wat graag meer wil doen, bid vir ons land, maar veral vir ons land se leiers. Maak nie saak of jy met hulle saamstem of nie; dis in elke geval nie belangrik nie, want as die HERE ons roep hoor, sal Hy gee dat reg en geregtigheid deur diegene wat in ons oë “verkeerd” is laat geskiet.

Ek weet hierdie is ‘n baie kort boodskap; baie korter as normaalweg, maar dink wat dit is wat die HERE van elkeen van ons vra en doen die wil van die Vader.

Amen, Amen, Amen!

(Visited 120 times, 1 visits today)