Kom ons begin deur te kyk wat vas is. Om te vas beteken om jou oë van die wêreld af weg te neem vir ‘n tydperk soos vooraf ooreengekom tot ere van God. Ek weet dat hierdie stelling nie nou sin maak nie, maar lees gerus verder!
Daar is verskeie sienings oor vas. Sommige beperk die vas tot net die ontneem van voedsel terwyl ander sieninge weer voorstel dat die vas moet bestaan uit die ontneem van voedsel EN drank. Alhoewel daar baie gefokus word op voedsel, is die doel van vas is om jou oë van die wêreld af te neem en dit net op God te fokus. Om te vas is om aan God te wys, asook aan jouself, dat ons ernstig is oor ons verhouding met Hom. Daardeur verkry ons ‘n nuwe perspektief en ‘n vernuwe afhanklikheid van God.
Die boek van Handelinge noem dat die gelowiges gevas het voordat hulle belangrike besluite geneem het: Handelinge 13:3 “En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.” en ook Handelinge 14:23 “En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.” Vas en gebed word gewoonlik aan mekaar gekoppel soos in Lukas 2:37 beskryf word: “… en sy was ’n weduwee van omtrent vier-en-tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.”
Alles wat tydelik ontneem word om op God te fokus kan deur ‘n Christen as vas gesien word (1 Korintiërs 7:1-5 “[1] MET betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het — dit is goed vir ’n man om ’n vrou nie aan te raak nie. [2] Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê. [3] Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man. [4] Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. [5] Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ’n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.”).
Wanneer vas aan voedsel gekoppel word, kan lang periodes waar daar nie geëet word nie, skade aan die liggaam doen. Vas is nie bedoel om die liggaam skade te berokken nie maar wel om ons aandag op God te vestig. Vas moet ook nie gesien word as ‘n metode om te dieet nie. Die doel Bybelse van is nie om gewig te verloor nie maar om in ‘n dieper verhouding met God te staan. Dit is nie almal wat aan ‘n voedsel vas kan deelneem nie soos byvoorbeeld diabete, maar almal kan wel iets opgee of hulself ontneem vir ‘n periode om sodoende nader aan God te beweeg.
Om ons oë van die wêreldse dinge af te neem maak dit moontlik om ons aandag beter op Christus te fokus. Vas is nie iets wat ons moet gebruik om iets van God te kry nie. Vas verander ons, nie God nie. Vas is ook nie ‘n manier om meer gelowig te lyk as ander nie. Vas moet in die gees van nederigheid gedoen word en met ‘n grootmoedige houding nie.
Mattheus 6:16-18 verklaar, “[16] En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. [17] Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, [18] sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.”
Die Skrif vereis ook nie dat Christene moet vas nie. God plaas geen vereiste daarop dat enige iemand moet vas nie, maar terselfdertyd vertel die Bybel ons dat om te vas is iets goed en voordelig is. Die keuse of u wil vas of nie, liewe leser, is dus u keuse alleen. Iemand wat vas sal byvoorbeeld nie vinniger in die Hemel kom nie. Jou verhouding met die HERE sal wel groei as jy dit reg doen, maar soos ek gesê het die keuse is u s’n om te maak.
Prys die Naam van Jesus!