Getuienis – Saam met Jesus in die Hemel.

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ek het toevallig op die volgende getuienis afgekom wat vir my so treffend was, ek moes dit net met julle deel.

Die getuienis gaan oor ‘n 65 jarige man wat onder verdowing op die operasie tafel gesterf het, vir Jesus ontmoet het en daarna teruggekeer het om dit wat hy ondervind het met die wêreld te deel. Die man verskaf nooit sy naam nie en ek kan dit verstaan, want daar is so baie wat mense met sulke ondervindings afmaak as leuenaars dat jy geen keuse het as om jou getuienis te lewer sonder ‘n naam nie.

Hy begin deur te vertel hoe hy, ‘n vriend van hom en hulle vroue vir die naweek op pad was om te gaan ontspan in die platteland. Op pad het hy baie snaaks begin voel. Hy hy ‘n steekpyn onder sy regter kakebeen gekry en hierdie steekpyn het al met sy nek af beweeg het tot by sy hart. Hy sê dat hy kan onthou dat hy gesê het dat iets nie reg was nie.

Sy vriend wou weet wat verkeerd was en hy het hom vertel van die eienaardige pyn wat hy voel. Sy vriend wou weet watter ander simptome hy het en hy het gesê dat sy handpalms sweterig voel. Sy vriend het aanbeveel dat hy dadelik moet ry na die naaste hospitaal, maar hy het geantwoord dat hy klaar beter voel en sommer op die bed sal gaan lê as hulle eers by hulle bestemming opdaag. Sy vriend en die vroue het agter aangedring dat hy onmiddellik mediese hulp moet soek.

Hulle kry toe hierdie hospitaal wat glad nie ‘n ongevalle eenheid gehad het. Sy vriend het hom op ‘n bed laat lê terwyl hy een van die dokters gaan soek het. Sy bloeddruk was uitsonderlik hoog en hulle het hom dadelik op ‘n drup gesit om sy bloeddruk af te bring. Die ondersoek wat hulle gedoen het, het gewys dat die are wat na sy hart toe loop vernou was en dat ‘n noodoperasie gedoen sal moet word om sy lewe te red.

Hulle het hom dadelik begin reggekry vir die operasie. Die narkotiseur het opgedaag en aan hom die gewone vrae gestel om te bepaal hoe hy op die narkose sal reageer. Hy het gevra om die dokter te sien en ‘n rukkie later het die dokter opgedaag. Hy wou weet wat hulle met hom gaan doen en die dokter het geantwoord dat mense in sy posisie gewoonlik nie hierdie antwoorde wil weet nie. Die prosedure sal wees om eerstens sy liggaam temperatuur af te bring tot dit baie laag was. Dan sal hulle die operasie doen, sy hart verwyder en die are begin oopmaak. Die dokter het gesê dat hy ‘n 50% kans het om te oorleef. Die man het geantwoord dat die 50% kans beter is as ‘n 100% kans is om te sterf.

Hulle het hom in die teater ingerol en die narkotiseur het hom onder gesit. Hulle het hom gevra om tot tien te tel, maar hy het skaars by drie gekom, toe is hy weg! Skaars was hy onder, of hy het weer wakker geword. Hy wou so graag vir hulle sê hy is wakker, maar hy kon glad nie sy mond oopmaak om te praat nie, maak nie saak hoe hard hy probeer het nie.

Hy het gehoor hoe die dokter die prosedure wat hy sou volg met die narkotiseur en die twee verpleegsters bespreek. Die dokter het gevra vir die skalpel en daarna het hy begin om die snit te maak om by sy hart uit te kan kom. Hy sê dat alhoewel hy alles kon sien wat gebeur, het hy geen pyn gevoel nie. Die dokter het gevra vir die beensaag sodat hy sy borsbeen kon oopsny om sy hart te kon uithaal. Dis op daardie stadium wat alles om hom swart geword het.

Hy sê dat hy iewers gestaan het, maar hy weet nie waar nie. Dit was ‘n baie donker plek; so donker dat hy sy hand nie voor sy oë kon sien nie. Skielik was daar ‘n baie helder lig agter hom. Hy het omgedraai om te kyk waar die lig vandaan kom toe ‘n stem vir hom sê: “Moenie omdraai nie. As jy omdraai en My gesig sien, gaan jy hier moet bly.”

Hy sê dat hy nog altyd geweet het dat daar ‘n God is, maar dat hy nog nooit moeite gedoen het om die HERE te leer ken nie, maar hy het instinktief geweet dat hy met Jesus praat. Hy was op daardie stadium halfpad na die lig toe gedraai en het dadelik gestop. Soos hy gestaan het, kon hy die troon van die HERE sien en wat hom die meeste opgeval het, was hoe eenvoudig dit gelyk het. Dit was net ‘n wit stoel sonder enige goue afwerking of enige edelgesteentes in.

Hy het geantwoord: “Ek weet wie Jy is, HERE.”

Jesus het geantwoord: “As jy dan weet, dan wil jy My nie ongehoorsaam wees nie.”

“Nee, HERE,” het hy geantwoord.

“Jy gaan oorleef en Ek gaan jou terugstuur, want Ek het ‘n werkie wat Ek wil hê jy moet vir My gaan doen. Jy moet vir almal gaan vertel wat met jou gebeur het,” het Jesus gesê.

Terwyl dit wat Jesus vir hom gesê het insink, het Jesus na hom gestap en hom omhels. Hy sê dat hy tot vandag toe daardie omhelsing en die gevoel van onvoorwaardelike liefde kan voel. Dit laat hom in trane uitbars om net daaraan te dink…

“Is daar enige iets wat jy My wil vra?” het Jesus gevra.

Hy sê dat maak nie saak hoe hard hy gedink het nie, Hy kon aan net mooi niks dink om vir Jesus te vra nie. Hy dink toe maar aan daardie ou cliché van ‘n vraag… Wat is die betekenis van die lewe?

Jesus het net gelag en geantwoord: “As jy weer hierheen kom, dan sal ons sit en daaroor gesels.”

Die volgende oomblik het hy wakker geword op die operasie tafel. Een van die verpleegsters het gesê: “Hy is by dokter.” Die operasie wat verby en hy het sy oë weer toegemaak.

Nadat hy herstel het, het hy sy getuienis uitgedra soos die HERE gevra het hy moet doen. Hy het die storie vir sy vriende vertel en een van sy vriende het gesê dat die antwoord op sy vraag aan Jesus so eenvoudig is! “Wat is die doel van die lewe?” “Om jou naaste lief te hê!”

Hy sê dat hy vandag weet dat jy nie gedoop hoef te wees om Hemel toe te kan gaan nie, maar hy het homself nogtans laat doop omdat hy Jesus se voorbeeld wou volg en ook omdat Hy die HERE so lief het.

Daar is ‘n HERE en Hy het almal van ons oneindig baie lief. Meer as wat enige een van ons nou sal kan besef. Moet dit nooit vergeet nie.

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 222 times, 1 visits today)