Daar is ‘n doel vir alles

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Dankie Jesus vir U goedheid en genade! Dankie Jesus!

Hoe baie keer gebeur dit nie dat ons ingee vir sonde nie en dan voel ons so skuldig oor ons oortredinge nie? Julle sien, ons almal het so ‘n lysie… ‘n Lysie van dinge waaroor ons skuldig voel en geniet satan dit nie sal jy daardie lysie oopmaak en begin lees nie, want dan het hy baie om ons mee aan te val en baie om ons sleg te laat voel oor!

Vandag wil ek vir julle sê dat die HERE met jou lysie van dinge om oor skuldig te voel in Sy hand staan. In Sy ander hand het Hy ‘n brandende vuurhoutjie en Hy het so pas jou lysie aan die brand gesteek! Die HERE is moeg vir ons om skuldig te voel oor ons oortredinge.

Jesus sê: “My liewe Kinders, julle moet verstaan dat Ek ‘n perfekte asook ‘n toelaatbare wil het. Soms is jy te swak om in My perfekte wil te staan. Dis dan dat ek jou My genade gee om in My toelaatbare wil te staan. Jy dien My getrou en dis waarom ek hierdie toegewing maak.”

“Baie van My heiliges het geestelike tuine wat hulle versorg, maar hulle het ook ondergrondse doolhowe waar hulle enigste bevrediging My teenwoordigheid is. Ek besluit wat reg is vir elke siel en op watter tyd. Sommige roei die boot terwyl ander langs hulle sit, heuningkoek eet en die rit geniet. Dis nie onregverdig nie, want elkeen het ‘n tyd en ‘n doel.”

“Nou vra ek dat jy terugkeer na jou eenvoudige lewe van gebed en danksegging, wetende dat Ek jou bo alles lief het, maar Ek vra dat jy bid vir jou vyande. Doen dit ten spyte van die feit dat hulle alles vervloek wat jy doen. Ek gaan hulle ontwapen en hoe armsalig gaan hulle nie wees nie; so dat hulle jou gebede nodig gaan hê. Bid vir jou vyande se redding, want Ek verlang om hulle genade te bewys.”

Julle sien, liewe lesers, die HERE praat baie oor vergifnis en dat ons ons vyande moet lief hê ongeag wat hulle doen. Die doel is sodat die HERE hulle siele deur ons liefde vir hulle kan red. Julle sien, daar is geen hoop vir ons vyande sonder ons gebede nie. Sonder ons gebede is hulle verlore en onredbaar en dis waarom ons moet bid vir die wat ons haat.

Jesus gaan voort: “Julle het hard en lank baklei en daar was kere wat dit moeilik was. Daar was kere wat Ek gewens het om julle eenkant te sit sodat julle kan herstel en vorentoe kan gaan sonder dat jy jouself moeg maak met oorlog heel dag.”

“Soos Ek vooraf gesê het, is daar ‘n tyd en ‘n doel vir alles. Ek moes julle hard maak sodat julle kan opstaan teen julle eie wil. Nou dat julle dissipline geleer het en geleer het om te fokus, kan ek julle vertrou met dinge wat julle andersins in verkeerde rigting sou gestuur het. Maar julle moet versigtig wees, want soos julle weet, kry die oog kry nie genoeg van sien nie en die oor word nie vol van hoor nie.” (Prediker 1:8)

“Dit is wat die val van Laodicea tot louwarmheid veroorsaak het, want die grootste toets kom nie gedurende die oorlog nie, maar met vooruitgang. Soldate is almal gewapen om oorlog te maak, maar as die oorlog verby is, dan is daar vir hulle niks om te doen nie en dan kom die grootste gevaar.”

“My liewe Kinders, dis nie my doel om enige iets van julle te weerhou nie, maar jy is in ‘n oorlog gewikkel vir jou siel en die siele van jou kinders. Dis waarom jy moet bou met die een hand terwyl jy die swaard vashou met die ander hand. Jy moet op en wakker wees, want die vyand werk stadig om jou van die pad af te lei sonder dat jy dit agterkom. Baie stadig word jou lewe opgeneem deur onbenullighede tot jy nie meer kan regop staan om ‘n normale lewe te kan lei nie. Jy word later so opgeneem dat jy My nie meer wil dien nie, maar eerder by jou speelgoed wil wees!”

“As die oorlog eers verby is en julle saam met My in die Hemel is, dan gaan julle sien hoe baie ek julle lief het. Julle gaan sien hoe baie graag ek die beste vir julle op aarde wou gee, maar dit nie kon doen nie, want dan sou dit jou van die pad af gelei het.”

“Geen soldaat raak ooit betrokke by enige siviele aangeleentheid nie. Dis dieselfde met julle. Hoe meer julle betrokke raak by die dinge van die wêreld, hoe meer verslap jou waaksaamheid en hoe groter die kans dat jy gaan terugval in die wêreld. Terwyl dit gebeur is satan maar net te besig om die wat jy liefhet aan te val.”

“In die Hemel gaan jy beskerm wees en dan gaan Ek alles aan jou kan gee sonder dat dit jou gaan beïnvloed. Dan gaan jy sien net hoe lief ek jou het, want alles wat Ek gemaak het vir jou om te geniet gaan om jou wees.”

“So jy sien; Ek is nie die wrede slawe meester wat satan my uitmaak om te wees nie. Nee, ek is ‘n waaksame Vader wat die gevare ken en die leuens wat in jou oor gefluister word. En soos ‘n goeie Vader weerhou ek jou van hierdie gevare.”

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 122 times, 1 visits today)