Hoe dankbaar die HERE is oor ons gehoorsaamheid

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Dankie HERE vir hierdie woorde van bemoediging. Hoe geseënd is ons om net aan U te behoort nie.

Geliefde lesers, ek wil net sê dat ons almal in die afgelope weke en maande swaar gekry het. Sommige het selfs geweldige terugslae gehad, maar ek wil hê dat julle moet weet dat nie een van hierdie ondervindinge doelloos was nie.

Jesus begin: “My kosbare, kosbare Kinders, Ek sal nooit toelaat dat jy in wanhoop verval as dinge te moeilik word vir jou nie. Ek sal ook nie toelaat dat jy later glo dat Ek kwaad is vir jou en daarom besig is om jou te straf nie. Dis baie ver van die waarheid! Jy het tussen die woede van My Vader en die sonde van hierdie wêreld gestaan. Soos daar geskryf staan, ‘Wie sal ek stuur?’ Jy het opgestaan en gesê, “Stuur my.’”

“Ek het gesoek vir iemand om saam met My in die bresse te tree en niemand gevind nie.”

“Nou kan ek waarlik sê; Ek het jou gevind, want jy was getrou teen die woede van satan deur uit te hou en ‘n kruis vir die wêreld te dra ten spyte van baie aanvalle.”

“Hoe dankbaar is Ek nie vir jou nie! Ek sal nooit kan beskryf die effek wat jy op hierdie wêreld het deur net gehoorsaam te wees nie. Ek het doelbewus al die goeie wat jy gedoen het van jou weerhou sodat trotsheid nie dalk jou hart sal vul nie. Maar die dag gaan kom wanneer jy die vrugte van jou handewerk gaan aanskou.”

“Ek is so trots op jou omdat jy staande gebly het. Ek kan nie aan jou beskryf die geluk wat ek voel oor jou getrouheid nie. Dis net nie moontlik om net ‘dankie’ te sê en dit dan daar te los nie.”

“Die wêreld is ‘n ander plek as gevolg van jou. Daar is kinders wat gered was van ‘n lewe van slawerny vir dit wat jy deurgegaan het. Regerings is besig om ‘n nuwe begin te maak en korrupsie aan te spreek as gevolg van jou gebede alleen.”

“Hoe baie van julle is daar nie oor die wêreld heen nie en wanneer die telling geneem gaan word, hoe verbasend sal die resultate nie wees nie. Weet dat jou werk nie tevergeefs was nie. Jy het vrug voortgebring wat gaan aanhou groei om nog meer vrug voort te bring.”

“Hoe gefrustreerd is die vyand nie oor jou eenvoudige gehoorsaamheid nie! Partykeer het dit hom tot raserny gedryf, want hoe kan sy goed uitgewerkte planne dan so tot stof verkrummel? Ja, dis ‘n goeie ding; ‘n wonderwerk verrig deur die kleinste van My kinders regoor die wêreld.”

“Soos dinge verander is daar groot blydskap in die Hemel. Soos goedheid versprei en kwaad uit regerings verban word; soos die Lig voortgebring word onder die nasies en soos baie Moslems hulle verlossing in My alleen vind. Groot blydskap heers in die Hemel en almal kyk met wonder na jou wat opgeoffer het vir mense wat jy nie eers ken nie.”

“Daar ook groot blydskap oor die wat hulle kruise opgeneem het en My gevolg het. Die in die Hemel kan sien wat jy nie kan nie: die groot getalle wat elke dag by die Koningryk van die Hemele bygevoeg word deur My te volg! Hulle sien verharde harte wat sag geword het, kwaad wat goed geword het en dit wat dood was, weer lewendig word met hoop. Die blydskap oor jou gebede wat geen perke ken nie!”

“Ek moet dit aan julle bekend maak, want baie van julle het geweldige terugslae gehad en kan daarom nie die vrugte van dit wat julle verduur het sien nie. Maar Ek sien en so ook die wat in die Hemel is. My Vader se blydskap oor elkeen wat sy kant gebring het ken geen perke nie.”

“Nou moet julle verstaan: die vyand het ‘n geweldige terugslag verduur. Baie van sy planne het tot stof vergaan. Baie van die wat hy seker van was saam met hom in die hel sou deurbring is nou vrygelaat en is nou op pad Hemel toe. Nog meer is op pad soos hierdie woord versprei soos ‘n Heilige Vuur deur die nasies. Nuwe predikers word gebore en neem self die inisiatief om die wat gevange is te bevry.”

“Jy kan dit nie van jou oogpunt sien nie, maar baie van hierdie werk kon net gedoen word deur jou gebede wat niemand van weet nie. Die vrug wat jy voortbring gaan nie net ophou by jou nie, maar dit gaan aan hou in die wie se lewens deur jou geraak word. Hulle gaan ook vrug voortbring tot die riviere later oorloop met siele wat hulle lewens aan My wil gee!”

“Ek sê dus vandag aan jou, wees bly! Groot sal jou beloning in die Hemel wees, want groot was jou impak op hierdie wêreld. Moenie bekommerd wees oor jou verliese nie, want jy sal nooit meer kan prysgee as Ek nie. Niks wat jy ooit opoffer sal ongesiens verbygaan nie.”

“Oë wat nie kan sien nie en ore wat nie kan hoor wat Ek voorberei het vir die wat My liefhet nie. Jy soos baie, is een van die wat My waarlik lief het en wat gereageer het toe Ek gevra het vir gebed en opoffering.”

Prys die Naam van die HERE!

image_pdfLaai afimage_printDruk