Eendag was daar ‘n groot rooi trekker wat aan Boer Jan behoort het. Die plaas was naby ‘n klein dorpie geleë waar almal gelukkig saam gewoon het.
Elke lente het die mense van die dorp na die plaas gekom om te help met die ploeg van die land en om te plant. Boer Jan het op die trekker geklim en die trekker aangeskakel en dan sal almal juig, want hulle het gehou van die klank van die kragtige enjin. Dan het die mense om die trekker bymekaar gekom. Sommige sou die trekker stoot terwyl ander die trekker getrek het. Vir baie generasies het die mense van die dorpie dit so gedoen.
Party dae het dit beter gegaan as ander en dan het hulle tien meter ver geploeg. Ander dae was weer nie so goed nie en dan het hulle maar net vyf meter ver gekom. Elke jaar vir drie maande lank het die mense so bymekaar gekom om die land te ploeg en danksy hulle harde werk het hulle altyd betyds klaargemaak; net voor die reën gekom het. Die reën het die veld natgemaak en dan sou die son opkom om die groente te laat groei. Dan sou die mense kom om die groente te pluk. Die groete wat gegroei was, was net genoeg om die hele dorp aan die gang te hou.
Eendag het Boer Jan ‘n ou trommel van sy oupagrootjie in die skuur ontdek. Hy het dit uitgepak en onder in die trommel het hy die eienaars handleiding van die groot rooi trekker gekry. Hierdie handleiding het vertel hoe die trekker gemaak is en van al die goed wat dit kon doen. Hy het dit vinnig deurgelees en hy was geskok om uit te vind dat as die trekker reg werk, dan kon hulle die hele veld in een dag ploeg en nie drie maande soos hulle dit nog altyd gedoen het nie.
Boer Jan het die mense van die dorp bymekaar geroep. Hy het vir hulle die boek gewys en desperaat probeer om hulle te oortuig dat wat hy gelees het waar is, maar niemand wou hom glo nie! Een man het gesê dat daar geen manier is wat daardie trekker op sy eie kon loop nie. ‘n Ander vrou het gesê dat dit klink of Boer Jan ‘n sprokie lees! Die mense het vir Boer Jan gelag en dit het hom baie seer gemaak, maar dit het hom nie gestop nie. Elke aand as die mense geslaap het, het Boer Jan aan die groot rooi trekker gewerk en een aand het hy sowaar die trekker klaar reggemaak. Hy het op die trekker geklim en begin ry. Hy het dit so geniet, dat hy besluit het om die hele land met die trekker te ploeg in een nag!
Die volgende oggend het die mense van die dorp weer soos oudergewoonte opgedaag om te help stoot aan die trekker, maar tot hulle verbasing was die veld klaar geploeg! Dis ‘n wonder werk het die een man gesê. Miskien het ruimte wesens die veld vir ons klaar gemaak het ‘n ou vrou gesê. Nee, kyk daar, het ‘n klein seuntjie gesê. Dit was Boer Jan en hy was aan die slaap op die trekker. Die mense het uitgeroep dat hy reg was en dat die trekker boek waar was.
Die mense van die drop het daardie jaar groter gedeeltes van die veld geploeg as wat hulle nog ooit voorheen kon doen. Hulle het meer geoes as wat hulle self kon gebruik. Hulle het so baie kos gehad dat hulle begin uitvoer het na ander dorpe wat nie so baie gehad het nie en waar kos skaars was. Die groot rooi trekker en sy dorpie het baie gou baie bekend geword as die mees vrygewigste mense in die hele wye wêreld!
As julle dit nog nie uitgewerk het nie; daar is ‘n Bybelse tema in hierdie gelykenis weggesteek. Die rooi trekker stel die kerk van vandag voor. Ons het hierdie kerk stelsel wat goed is daarin om te oorleef en vir sy eie te sorg, maar as ons die Bybel lees, dan lees ons dat die kerk veronderstel is om baie meer as dit te kan doen.
Elke Sondag kom mense bymekaar om die kerk te “stoot”. Ons kry die mees begaafste sangers, musikante, besigheid mense en dan begin ons stoot en dit werk, want dinge gebeur. Maar as ons die Bybel lees, dan besef ons dat die kerk veronderstel is om baie meer Gees gedrewe te wees. Die kerk in die Bybel het ‘n beweging van sy eie en die Heilige Gees het die kerk gelei. Mense het dan net saam met die kerk beweeg sonder om enige fisiese stoot werk te doen.
As ons die Bybel lees, dan sien ons ‘n kerk wat nie gestop kan word nie, maar vandag se kerke kan so maklik gestop kan word. Al wat jy hoef te doen is om die begaafde mense uit die kerk uit te vat en dit sal doodgaan, maar in die Bybel is daar geen manier hoe enige kerk van God ooit sou doodgaan nie. Die kerk van daardie tyd was aangevuur deur die Heilige Gees en as ons begin om te leef soos die Heilige Gees lei, dan sal ongelooflike dinge begin gebeur.
Daar was op geleentheid hierdie kerkraad vergadering waar almal bymekaar gekom het om die probleme in die kerk aan te spreek en na etlike ure het hulle nog niks uitgerig nie. Een van die ouderlinge het opgestaan en gesê dat hy dink dat hulle te hard probeer. Hy het begin om hulle te vertel hoe hy probeer het om hierdie groep mense in sy woonbuurt te beredder, maar dat niks wat hy gedoen het wou werk nie. Hy het later so moedeloos geword dat hy opgegee het om te probeer en eerder individueel begin het om te bid vir hierdie mense. Daarna het hy begin om te vertel hoe die mense vir wie hy gebid het se lewens begin verander het. Hy het glad nie met hulle gesels soos voorheen nie, maar net vir hulle gebid en hulle lewens was begin om te verander sonder dat hy enige iets gedoen het! Hy het afgesluit deur te sê dat miskien moet daar eerder vir die kerk gebid word as om so hard te probeer om dit te verander.
Die Bybel leer vir ons in Mattheus 6 dat ons nie die wêreldse dinge moet najaag soos die heidene doen nie. Ons is nie veronderstel om oor enige iets bekommerd te wees nie, want ons het ‘n Hemelse Vader wat lief is vir ons en Hy sal vir ons sorg. Maar ons almal het hierdie siniese kant waar ons wonder of ons gebede gaan werk. Ons bid en ons vra, maar langs die pad begin ons wonder of die HERE luister en of Hy iets gaan doen. Die beste raad wat ek vir hierdie het is om dit voor die Vader te bely, want dit is satan wat ongeloof in jou hart saai! Hy probeer om dit wat die HERE vir jou gee te steel voor dit kan ontkiem en groei.
Die HERE het deur die hele Bybel nog altyd probeer om Homself te onderskei as die Een Ware God. Dit is nog steeds die HERE se begeerte dat die hele wêreld Hom moet sien as die enigste ware God. In die Nuwe Testament sê die HERE dat Hy wil hê dat ons heilig moet wees; ‘n groep mense wat uitstaan bo die ander; wat nie is soos enige ander groep daar buite is nie. Die manier hoe die HERE dit gaan doen is met Sy Heilige Gees. Met Sy Gees in ons, kan ons begin bid en so die bonatuurlike regkry.
Ek wil bid vir elkeen wat hierdie lees en ek wil vra dat die HERE iets bonatuurlik in julle lewens sal doen, want op hierdie manier sal die HERE Homself onderskei in julle lewens as die Een Ware God!