EK KAN EN EK SAL, SPREEK DIE HERE HERE!

Die HERE het vanoggend sy boodskap van ‘n paar weke gelede in Safanja 3:19-20 by my bevestig!

Kom ons kyk wat staan in Sefanja 3:19-20: [19]  Kyk, in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot ‘n lof en tot ‘n roem wie se skande oor die hele aarde was.  [20]  In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot ‘n roem en tot ‘n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle lot verander, sê die HERE.”

Die van julle wat oud genoeg is, sal seker nog kan onthou hoe Suid Afrika in die 1960’s en die 1970’s was; toe die Amerikaanse Dollar 75 Suid Afrikaanse sent werd was; toe Suid Afrika se Goud en Diamante gesog was in die buiteland en ons ekonomie een van die sterkstes in die wêreld was. Dit is wat julle het om na uit te sien, want dit is die HERE se wil vir hierdie land!

Die wat verjaag was as gevolg van onrus en politieke vervolging gaan versamel word en terug gebring word Suid Afrika toe. Dan gaan die HERE hierdie land tot ‘n roem onder die lande van die wêreld maak en selfs satan sal dit nie kan teëstaan nie!

Dit is die wens van die HERE, want die volk van die HERE het met een stem verklaar dat Suid Afrika aan God behoort! Nou sê die HERE Hy kan en Hy sal!

Suid Afrika, jou son is besig om op te kom! Prys die Naam van Jesus!

(Visited 105 times, 1 visits today)