Die lewens wedloop

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ons almal het al gehoor van ‘n Maraton en ons almal weet dat dit ‘n resies is wat per voet gehardloop word oor ‘n baie groot afstand. Hoe baie van julle het al gehoor van ‘n Ultra Maraton?

Daar was jare gelede die bekende Sydney na Melbourne Ultra Maraton wat oor ‘n afstand van 875km was tussen die stede van Melbourne en Sydney in Australië. Dit het die hardlopers vyf dae gevat om hierdie afstand gehardloop te kry.

Hulle moes vir 18 ure hardloop en dan was hulle ‘n ses uur rus periode gegun voor hulle weer moes hardloop. Die prys geld vir die wenner was ‘n ongelooflike $60,000 Australiese Dollar! Hierdie maraton was natuurlik baie gesog onder die atlete en die wêreld se beste het na Australië gestroom om te kon deelneem.

In 1983 het ‘n 61 jarige Australiese Aartappel boer met die naam van Cliff Young ingeskryf om deel te neem. Die ander wêreld klas atlete het gedink dis ‘n grap, want hier staan hulle met jare se ondervinding agter hulle met hulle ontwerpers skoene en klere wat gemaak is vir hardloop en aan die ander kant staan arme Cliff met sy werk klere en rubber stewels aan! Almal het gedink Cliff is die grap van die jaar.

Met die wegspring het almal gehardloop om vooruit te kom. Heel agter was Cliff. Hy het die hele tyd stadig gehardloop, glad nie haastig om vooruit te kom soos die ander atlete nie. Vir die hele eerste dag het hy agter die ander atlete gebly, maar toe dit tyd word vir die toegelate ses uur slaap, het Cliff aangehou om te hardloop. Teen die volgende dag was Cliff voor al die ander atlete en het hy sy voorsprong deur die hele resies behou.

Die volgende aand was dit weer dieselfde: terwyl die ander atlete hulle toegelate ses uur geslaap het, het Cliff aangehou hardloop. Die ander atlete het later die organiseerders gevra om Cliff te verplig om te slaap, maar hulle het gesê dat dit sy keuse is om te hardloop en nie te slaap nie.

Vir die volle vyf dae van die wedstryd het Cliff gehardloop met sy rubber stewels aan sonder om te slaap. Teen dag drie het almal gedink dat hy sal doodgaan as gevolg van die uitputting, maar hy het nie. Teen die einde van die vyfde dag het hy die wedloop gewen en was hy ‘n hele tien ure voor sy naaste teen stander!

Toe hulle later vir hom vra hoe hy dit regkry om so aanmekaar te hardloop sonder slaap, het hy gesê dat hy as jongman op sy pa se plaas gereeld agter skape moes aanhardloop, somtyds vir dae aaneen, want hulle het nie perde gehad waarmee hulle kon ry nie. Baie keer moes hy saam met sy skape voor ‘n storm uithardloop sodat die skape nie iets moes oorkom nie.

Op soortgelyke wyse hardloop ons ‘n wedstryd sonder slaap vir die HERE. Ek het op geleentheid vir julle gesê dat om ‘n Christen te wees geen grap is nie en dat die HERE ontberings in ons rigting stuur om ons te toets. Die geheim is om net nooit moed op te gee nie, selfs al word jy moeg en lyk dit of daar geen doel meer in is om die wedloop te voltooi nie.

In 2 Timoteus 4:7 se Paulus vir ons: “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.” Wat kan beter wees as om aan die einde van die wedloop te sê: “Ek het die geloof behou!” Prys die HERE!

‘n Beloning wag vir elkeen wat die wedstryd voltooi! Paulus sê in die volgende vers: “Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.”

My en jou beloning wag ook vir ons, liewe leser. Sorg dus dat jy aanhou hardloop en maak die wedloop klaar!

Prys die Naam van die HERE!

(Visited 183 times, 1 visits today)