Waar is jy my Bruid?

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Baie van ons se tyd word so opgeneem deur wêreldse dinge en as die HERE nie daar was vir diegene nie, sou baie van hulle dit nie gemaak het nie. Die HERE sit baie nagte om en wag vir sy Bruid om na hom toe te kom in gebed, maar sy is te besig met die wêreld. Sy het ingegee om die HERE af te skeep…

Kinders van die HERE; wat is aan die gebeur in julle geestelike lewens? Waar is die tyd wat jy saam met die HERE gespandeer het? Het dit verander in traak-my-nie-agtigheid en is jy besig om weg te dryf van die HERE af? Weer jy dat dit wat my jou gebeur die vyand se doel is omdat hy jaloers is op die verhouding wat jy met die HERE het?

Jy sal nie die pas kan volhou om die berg saam met die HERE te klim as jy nie veilig in Sy arms is nie. Omdat jy die wêreld bo die HERE gekies het, is jy baie naby aan val. Dis nie nou die tyd om jou gebed tyd af te skeep en op te hou met bid nie. Baie van julle is op versigtig gestelde dwaalspore weg van die HERE af…

Vir die van julle wat ten spyte van die versoeke nog steeds getrou bly, wag daar groot seëninge. Bly asseblief getrou aan die HERE. Jou getrouheid het in aanmerking gekom by die HERE en die HERE gaan jou binnekort wys hoe baie hy jou getrouheid waardeer.

Moenie moeg raak om goed te doen nie. Hou aan om vir die te gee wat nie het nie. Bid vir die wat haweloos is en die wat sukkel, want baie van hulle het ‘n hewige stryd met die wat hulle lewens moeilik maak en met die wat hulle uitmaak as sleg.

Daar is baie afleiding en gevaar om elke hoek. Humeure vlam op en vleeslike swakheid is oral. Mans en vroue is swak en as jy nie aanhou bid nie; is die gevaar om te val is groot. Dis nooit veilig om op ‘n geestelike vakansie te gaan nie. Enige oomblik wat jy afskeep is soos ‘n kraak in ‘n damwal. Jy moet besef dat die verhouding wat jy met die HERE het vir die vyand groot gevaar inhou. Jy dra as te ware ‘n teiken op jou rug; dus kan jy nie bekostig om selfs een sekonde af te skeep nie.

So baie word teen jou beplan as jy vir 24 uur nie bid nie en die HERE wil hê dat jy die vyand moet uitken as hy by die deur inkom, selfs al doen hy homself voor as iets goed. Daar is baie bedrieglike mense wat nie sal huiwer om jou te beroof van jou beloning as jy nie versigtig is nie.

Die HERE is besig om seëninge uit te stort, maar as jy verkies om in die woestyn te speel, gaan jy dit mis. Keer terug na die HERE toe, want hierdie is geen tyd om op ‘n geestelike vakansie te wees nie. Die HERE verlang na jou. Kom asseblief terug, Kind van die HERE!

(Visited 48 times, 1 visits today)