Die oog van die naald

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

In Mattheus Mat 19:24 se Jesus hierdie bekende woorde: “En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.”

Volgens die Skrif het Jesus die woorde in Mattheus 19:24 van ‘n ryk jong man gesê wat wou weet wat hy moes doen om in die Hemel te kan kom. Ek is seker daarvan dat julle almal die gedeelte per harte ken, maar as julle dit self wil gaan lees, dan gaan julle dit vind in Mattheus 19:16-24.

Vandag se boodskap gaan egter nie oor die ryk jong man nie… Hierdie week het iemand vir my gevra of hierdie naald van die oog verwys na ‘n poort met daardie naam soos wat baie mense dink en of dit letterlik bedoel was soos in die oog van ‘n werklike naald. Ek het dit gaan opsoek en vir die persoon aangestuur, maar agterna het ek gedink dat dit ‘n oulike boodskap sal maak, want ek is seker daarvan dat daar ander mense is wat oor dieselfde ding sal wonder!

Volgens oorlewering verwys die Oog van die Naald na ‘n poort wat reg langs die hoof poort in die stadsmuur van Jerusalem was. Hierdie poort was net so hoog soos ‘n mens en net breed genoeg dat twee mense sy aan sy langs mekaar daar kon deurloop. Die doel van hierdie poort was om mense in die nag deur die stadsmuur te laat gaan as die hoof poort vir die nag gesluit was.

Om ‘n kameel, want op daardie stadium die grootste dier in Jerusalem was deur so ‘n nou poort te kry sou moeilik wees maar nie onmoontlik nie. Eerstens sou die dier afgepak moes word en dan op sy knieë deur die poort gevat word.

Meer interessant is dat niemand weet of daar werklik so ‘n poort in die stadsmuur was nie, want Jerusalem is deur die Romeinse weermag onder leiding van Keiser Titus vernietig in die jaar 70 Na Christus. Jesus het hierdie gebeurtenis voorspel in Mattheus 24:1-2 [1]  En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. [2]  En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.”

Waar kom die storie van die poort dan vandaan. Die storie kon so ver terug gedateer word as die 9de eeu Na Christus, maar dit het eers momentum begin kry in die 15de eeu Na Christus. Daarna is dit wyd in die Christelike kerk wat ons vandag ken, verkondig as feit.

As ons nou na Jesus se gelykenisse kyk, dan het almal van hulle een doel en dit was om die verborgenhede van die Koningryk van God aan mense te verduidelik wat dit nie werklik verstaan het nie. Tot Jesus se dissiepels het op geleentheid aan Hom gevra wat van die gelykenisse beteken.

Myns insiens is dat dit nie werklik saak maak of daar ‘n Oog van die Naald poort was of nie. Dit maak ook nie saak of Jesus na daardie poort of na ‘n werklike naald soos ons dit vandag ken, verwys het nie. Die gelykenis beteken eenvoudig dat die vir ‘n ryk man moeilik, maar nie onmoontlik sal wees om in die Hemel te kom nie. Dit was die boodskap wat Jesus wou oordra.

Ons moet versigtig wees dat ons nie so deur die vyand afgelei word dat ons hopeloos te veel tyd spandeer om na feite te soek terwyl die waarheid ons in die gesig staar nie! Om hierdie dinge te gaan opsoek is baie interessant, maar soos die Bybel sê; daar is ‘n tyd vir alles!

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 639 times, 1 visits today)